Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Boer ontsnap van St. Helena in krat; was gemerk as aandenking aan Brit.

 


'n Eeu gelede is baie Boere-stryders in die Anglo-Boereoorlog as krygsgevangenes deur die Britse militÍre na kampe op eilande en vastelande weggevoer.

Een van diť eilande was St. Helena in die Atlantiese Oseaan. Dit is so afgesonder, dat dit ondenkbaar is om hoegenaamd daarvan te ontsnap.

Tog het 'n vindingryke Boer 'n plan bedink, en byna daarin geslaag om die onmoontlike reg te kry.

Kmdt. A. Smorenburg is in die oorlog naby Boshof gevange geneem. Hy is uiteindelik saam met ander krygsgevangenes per skip na St. Helena weggevoer waar hy in die Deadwood-kamp aangehou is.

Teen die einde van 1901 het hy 'n merkwaardige plan bedink om sy vryheid terug te kry. Hy wou aan boord van een van die min besoekende skepe kom en Europa probeer bereik. Daar sou hy die Boeresaak bepleit, het hy gedink.

Hy het bemerk dat bagasie van die eiland wat vir die weeklikse posskip bestem was, in die middag voor die vertrekdag reeds by die landingsplek opgestapel is. Dit is dan die volgende oggend per skuit na die wagtende skip in die baai vervoer.

Smorenburg het 'n houtkrat verander sodat drie kant van binne af oop- of toegemaak kon word. Hy het hierdie luike met ysterbande gekamoufleer.

Verder het hy ook 'n voorraad water en voedsel vir 'n geskatte twintigdaagse reis in die kis verpak. Daar was net genoeg ruimte om sy liggaam van meer as 2 m in 'n gebukkende houding te bevat.

Aan die buitekant van diť kis het hy in groot letters aangedui dat die inhoud ``Boer Curios'' was. Die afsender was ene De Wet Hamer en die bestemming 'n bekende kaptein van die Glouchester-regiment (``Buffs'') in Brittanje. Verder het hy geskryf: ``With Care'' en ``This Side Up''.

Diť kis is tans in besit van die MuseumAfrica in Johannesburg.

Smorenburg het die voltooide krat op 20 Desember deur bemiddeling van vriende met die ambulanswa na Jamestown gestuur, waar die skeepsagent dit as bagasie ontvang het.

In die mistige vroeŽ oggendure van 21 Desember het Smorenburg die wagte by die Deadwood-kamp ontglip en daarin geslaag om ongemerk in die krat op een van die skuite in die hawe te klim. Later is die krat met sy ongemaklike insittende in die skeepsruim van die stoomskip Goth wat in die baai voor anker gelÍ het, gelaai.

Smorenburg het na die skip se vertrek uit die kis geklim en hom in die donker bedompige ruim gemakliker probeer inrig. Dit was so warm dat sy watervoorraad vinnig verminder het.

Op Kersfeesoggend het die skip Ascension-eiland bereik en is die ruim geopen om possake en bagasie te verwyder. Volgens tweede offisier John Attwood het een van die matrose 'n figuur in die ruim gewaar wat hy as 'n spook aangesien het. Die gevolg was dat kaptein Eaton Travers al die bagasie deeglik laat ondersoek het.

Toe Smorenburg se kis bereik is, het hy benoud van binne af laat hoor: ``Stop! I'll come out!'' en die daad by die woord gevoeg.

Na ondervraging is Smorenburg weer op 30 Januarie 1902 aan boord van die Gibraltar vanaf Ascension na St. Helena teruggestuur.

Daar is hy vanaf 4 Februarie in die militÍre tronk by Deadwood aangehou en is op 13 Februarie deur 'n krygsraad verhoor.

Daarna is hy in die Fort High Knoll-gevangenis aangehou. Na afloop van die vrede is hy na Suid-Afrika teruggestuur en het later 'n belangrike amptenaar van die Stadsraad van Johannesburg geword.

Daar is verskeie interessante ontsnappingsverhale van Boere wat in kampe was. Een in IndiŽ het hom soos 'n IndiŽr vermom. Hy het Indiese klere in die hande gekry en sy vel donker gekleur. Toe het hy saam met Indiese klerewassers oop en bloot uit die kamp gestap en ontsnap. NŠ vele avonture en ontberings het hy daarin geslaag om weer in Suid-Afrika aan te kom. Hy het sy ontsnappingsverhaal ook te boek gestel.

Ander in die Groenpuntse en Simonstadse kampe het tonnels gegrawe en so probeer ontsnap. Hulle was minder suksesvol.

 

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte