Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Historici ont-mitologiseer.


Eerstens het die Britse opperbevelhebber, lord Kitchener, sedert Desember 1900 gewapende swartes toenemend en teen betaling in die Britse leŽr opgeneem omdat die Boere swart verkenners wat die Britte gehelp het, tereggestel het en omdat die mannekrag van die Britse leŽr getap was. In Julie 1901 het die kwessie 'n belangrike, verdere ontwikkeling ondergaan toe genl. P.H. Kritzinger vanuit Boere geledere Kitchener gewaarsku het dat gekleurdes wat in diens van die Britse leŽr was, tereggestel sou word indien hulle in Boere hande val, of hulle nou gewapen was of nie. Gevolglik is die meeste swart verkenners by die Britse kolonnes voortaan met gewere bewapen. VanweŽ die mannekragtekort in die leŽr is vuurwapens vervolgens ook uitgereik aan gekleurdes om die blokhuis linies te bewaak.

NŠ verskeie navrae van regeringsweŽ het Kitchener eindelik in Maart 1902 toegegee dat daar iets meer as tienduisend gewapende gekleurdes in die Britse leŽr was. Sy syfers het ongetwyfeld nie die totale aantal gewapende gekleurdes in die Britse leŽr weerspieŽl nie.

In Maart 1902 het David Lloyd George in die Britse parlement beweer dat die getal soveel as 30 000 was. Indien dit sů was en die moderne historikus Peter Warwick beskou die getal nie as vergesog nie beteken dit dat daar met die vrede (einde Mei 1902) 50% meer gewapende gekleurdes in die Britse militÍre diens was as wat daar Bittereinder Boere op kommando was.

'n Tweede vorm van bedreiging was die gewapende aanvalle deur swartes van reservate binne die Zuid Afrikaansche Republiek op rond swerwende Boere families of geÔsoleerde kommando's. Dit was veral in die geografiese hoefyster wat gestrek het van Wes-Transvaal oor Noordwes- en Noord-Transvaal, waar hoofsaaklik die Tswana, die Venda, die Pedi en die Zoeloe gewoon het.

Derdens het gewapende swartes van stamme in reservate binne die Zuid - Afrikaansche Republiek ontvolkte blanke grondgebied beset, of Boere kommando's uit swart grondgebied geweer en sů die beweegruimte van die kommando's beperk.

Soos Warwick tereg opmerk, kon die Boere die stryd slegs volhou "by dispersing the superior numbers of the British army through operating over as large an area as possible''. Dit was nou nie meer moontlik nie.

Tesame met die beleid van verskroeide aarde en die konsentrasiekamp stelsel waardeur die Britse kolonnes die Boere van voedsel ontneem het, en die blokhuis liniestelsel waardeur die bewegingsvryheid van die kommando's verder ingekort is, het die swart besetting van blanke gebiede daarvoor gesorg dat die kommando's nie in die kleiner operasionele gebied hul guerrilla - kryg metode van veg doeltreffend kon voortsit nie.

Dit is bekend dat Emily Hobhouse gedurende die oorlog die bestaan van konsentrasiekampe en veral die haglike toestande en sterftes in die kampe vir Boere vroue en kinders aan die buitewÍreld bekend gestel het. As deel van die liberale dampkring in Brittanje was haar openbaarmakings uiteraard nie gewaardeerde stof in die Britse Konserwatiewe regeringskringe nie.

Die Konserwatiewe reaksie was om haar bevindinge dat die sterftes veroorsaak word deur skokkend swak Britse kamp administrasie verdag te maak. Daar is vanuit regeringskant aangevoer dat die sterftes toegeskryf moet word aan die Boere families se eie gebrek aan higiŽne en hul aanwending van twyfelagtige boererate en hul onwilligheid om deur die Britse kamp dokters versorg te word.

S.B. Spies het in die sewentigerjare in 'n merkwaardig objektiewe studie (Methods of barbarism) tot die gevolgtrekking gekom dat verreweg die belangrikste oorsaak van die sterftes die swak Britse administrasie van die kampe was. Dit het onder meer ingesluit swak gehalte van voedsel en ontoereikende mediese personeel.

Spies se studie het die Britse historikus Andrew Roberts verbygegaan. In 'n artikel in die gesaghebbende The Spectator van 2 Oktober verlede jaar pak Roberts die skuld vir die kamp sterftes weer op die Boere. Spies wys daarop dat die agterlikheid en bygeloof van die Boere vroue oor hul boererate nie as 'n belangrike rede vir die sterftes beskou kan word nie, aangesien die sterftesyfer aanmerklik gedaal het nadat die kamporganisasie onder meer deur die bemiddeling van Hobhouse opgeknap is.

Bostaande is 'n uittreksel uit Pretorius se gedenk lesing. 'n Gedeelte waarin hy die sogenaamde mites oor die Boere aangaande hul gelowigheid, skie tvernuf, moraliteit, heldhaftigheid en so meer ontmitologiseer het, is verlede Woensdag in Die Burger gepubliseer.

Daar is deesdae 'n groot wedywering onder sommige Afrikaanse historici en skrywers gaande om die Boere sogenaamd te ontmitologiseer. Baie hiervan wissel van onwetenskaplike eensydighede tot die skepping van juis nuwe anti-Boer mites in die psigoties-pretensieuse Soektog na genl. Mannetjies Mentz van wyle Christoffel Coetzee, wat die EugŤne Marais prys vir literatuur van die Akademie vir die boek ontvang het.

Skitterend in hul afwesigheid is egter akademiese studies oor die onmenslike wreedhede wat swartes, gekleurdes en IndiŽrs in die oorlog vernaamlik teen die Boere vroue, kinders en bejaardes gepleeg het.

Een van die ergste mitologisering is dat die IndiŽrs onder leiding van Mahatma Ghandi net noodhulp werk vir die Britse leŽr verrig het. Daar word verswyg dat hulle onder meer kamp wagte was wat behae daarin geskep het om weerlose Boere vroue gereeld aan te rand. Ook die plundering van die besittings van gesneuweldes en gewondes op die slagvelde deur diť ``noodhulp manne'' word verswyg.

Tientalle dagboeke van Boere vertel van die demoniese wreedhede wat die Kaapse gekleurdes in diens van die Britte in veral Namakwaland teen onder andere Boere krygsgevangenes gepleeg het.

Ook is dit uit oorspronklike geskrifte van oudstryders en oorlewendes van die konsentrasiekampe bekend hoedat swart wagte op wreedaardige wyse kampe "skoongemaak het'' van die Boere kinders se troeteldiere en hoedat kinders in rioolputte gegooi is as "straf'' vir "oortredings van kamp regulasies''.

Die byna epidemiese verspreiding van veneriese siektes onder swartes wat seksueel verkeer het met van die Kakies, talle uit Brittanje se agterbuurtes, en die oordraging van die siektes aan Boere vroue en kinders wat op plase en in die veld oorval en verkrag is, word in enkele oorspronklike geskrifte van oorlewendes onthul.

Omdat die bespreking van seks en seksuele misdrywe in die Victoriaanse tydperk 'n taboe-onderwerp onder die oorwegend konserwatiewe Afrikaner bevolking was, is min daaroor bekend.

Dieselfde historici wat die Boere met die honderdjarige herdenking van die ABO so graag ont - mitologiseer, skram weg van hierdie onderwerp terwyl dit in hierdie era van openhartigheid oor verkragting en veneriese siektes, veral vigs, juis voorrang behoort te geniet.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte