Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Aanhouding van vroue buite kampe kry min aandag.


'n Vrystaatse Boerevrou en haar trek. Mev. Adolf Eichhoff van die plaas Langlaagte, Boshof, en gesin op pad na die konsentrasiekamp by Norvalspont. Die seuntjie voor hou 'n Duitse vlag vas. Drie van die kinders is in die kamp dood.

DIE twee Henning-vroue van Zastron wat deur die Britte in die tronk in di dorp aangehou is gedurende die Anglo-Boereoorlog (ABO). Mev. Herman, wat borgtog van 500 gekry het en mej. Katy Henning aan wie sewe dae straf opgel is omdat hulle geweier het om Vierkleur-strikkies van hul rokke te haal.

Oorlogwesies.

'n ASPEK wat min aandag die afgelope eeu gekry het, is die aanhouding van Boerevroue buite die konsentrasiekampe. Hy het foto's onder o gehad wat hy nooit geweet het bestaan nie, s Raath.
By Zastron is twee Henning susters aangehou wat geweier het om Vierkleur-strikkies van hul rokke te verwyder. Hulle is eers met 500 beboet.
Die Bloemfonteinse tronk was ook ``vol'' vroue van die Brandfort-kamp wat in protes gekom het teen die swak vleis wat hulle daar gekry het.
Dit was meisies van so jonk as 14 jaar tot 'n vrou van 80. Hulle is sonder die nodige beddegoed aangehou.

Hy verwys na die boek Onthou van mev. Hendrina Rabie van der Merwe oor die tronklewe in Jagersfontein. Ook in die Kaap is vroue aangehou, soos mev. Kitty de Villiers en Hendrina Joubert, 'n niggie van genl. Piet Joubert.
Vroue-rebelle van Hofmeyr is op 'n oop veetrok na die Cradock-tronk vervoer en van hulle het weens blootstelling gesterf. Nog vroue is in die fort in Johannesburg aangehou.
Mev. Joubert, 'n asmalyer, is in die Paarl-tronk aangehou sonder 'n bed - bloot omdat sy aan die vroue kampe 'n brief geskryf het en daarvoor 'n vonnis van ses maande gekry het.
Sy het geweier om ``jingo-kos'' te eet en is selfs 'n naweek sonder kos in die tronk vergeet.

Vroue wat ballingskap verkies het, is na Portugal genterneer. Die reis per skip van Mosambiek was baie moeilik. Hy het 'n foto bekom van die vroue op die dek van die skip.
Dan was daar die vlugtende vroue wat die oorlog in die veld deurgebring het, soos mev. De la Rey. Hulle is deur die Britte gebombardeer.
Di wat gesterf het, is in die veld begrawe. Kinders is selfs in miershope begrawe. Daar is baie onbekende grafte in die veld van die Vrystaat en die ou Transvaal waar vroue en kinders in die veld omgekom het.
``Daar is skrikwekkende getuienis. Hulle is selfs deur groepe swartes in die veld aangeval. Waens waarvan die seil dakke verweer het, is met blik oorgetrek. Baie van die vroue is in skermutselinge dood.''

Raath s in Deel 2 konsentreer hy veral op die lotgevalle van die vroue in die kampe. Van di kampe was nie bekend nie, soos die ``rebelle vrouekamp'' by Marico.
Oor die lyding en misbruik van die vroue is dit asof die volks geheue toegeslaan het, s hy. Sielkundiges s dit is algemeen; die psigologiese profiel is om af te sluit.
Die Duitse offisier het ges tot 50% van die vroue of -meisies is gemolesteer, maar om etiese of godsdienstige redes het hulle gesukkel om daaroor te praat.
``Dit is 'n stuk trauma wat deur die volks geheue afgesluit is,'' noem hy die groot swyging. Van die vroue het tot nege kinders in 'n kamp verloor.

Weens die oorlog se spoedige einde, het De Wet nie met die internasionale geding oor die misbruik van die Boerevroue- en kinders voortgegaan nie. Ng 'n rede hoekom hy dink baie van hierdie getuienis nie vroer na vore gekom het nie, is die baie sterk reaksie van die Britse jingo-pers sodra dit genoem is. Uitgewers het dus nie kans gesien om dit te publiseer nie.
Baie van die materiaal is uit die Fred Horak - versameling. Horak het as redakteur van die De Transvaal in 1903 gevra vroue moet hul ondervindings neerpen en aan hom stuur. Hy het egter nooit sover gekom om 'n gedenkboek te skryf nie. Mev. ds. Neethling, oorlewende van die vroue balling kamp in Pietermaritzburg, het ook stof vir 'n gedenkboek in 1915-'16 ingesamel.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte