Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Verhale van hartseer en humor oor oorlog ontvou in kerk se konsistorie.

Die brief is een van die kosbare kleinode uit die Anglo-Boereoorlog wat aan mev. Martha van Niekerk van Langenhovenpark, Bloemfontein, en haar familie behoort. Dit is van haar oupa, mnr. S.J. van Niekerk, uit die Diyatalawa - krygsgevangenekamp op die ou Ceylon aan haar ouma. Dit was deel van 'n uitstalling Boereoorlog-kosbaarhede wat afgetredenes van die NG kerk Langenhovenpark het 'n herdenkings byeenkoms van die oorlog uitgestal het.

Marleen Smith
MNR. NIC SWANEPOEL se stem wil-wil deurslaan as hy vertel hoe sy oupa, ook Nic, Boereoorlog na 'n plaas moes terugkeer waar die brand- en breek lustige Engelse soldate vir hom niks oorgelaat het nie van wat eens 'n spog boerdery was.
Hy was gister een van 'n groep afgetredenes van die NG kerk Langenhovenpark by Bloemfontein wat met voorlesings, vertellings en voordragte die vorige Boereoorlog in herinnering geroep het.

Plek-plek het stemme gebreek terwyl aangrypende verhale van hartseer en swaarkry, maar ook waagmoed en humor hulle in die kerk se konsistorie ontvou het.
Swanepoel se verhaal het 'n gelukkige einde: N die oorlog het sy oupa moedeloos na sy plaas Blesbok fontein tussen Dewetsdorp en Smithfield teruggekeer.
Hy het niks gehad nie en op die plaas was feitlik niks oor nie. Die klipkraal was die enigste staande struktuur, en di was vol beendere en velle van sy vee.
Sy ma het hom toe 'n pond gegee, waarmee hy 'n windhond gekoop het. Die hond het die gesin lank onderhou deur bokke en hase te jag.

Een dag het die hond by Swanepoel gel en slaap waar hy klip gebreek het om mee draad te span. Toevallig het 'n swart man met vier baster boer bokooie daar aangekom. Die hond het wakker geskrik, 'n springbok opgejaag en, soos in sy aard, onmiddellik die bok vir die pot vasgetrek.
Die swart man was baie bendruk en wou di wonderlike hond bitter graag h. Uiteindelik het hy al vier sy boerbok-ooie, almal dragtig, vir die hond verruil. Om alles te kroon, het die ooie Swanepoel 'n ruk later met drie drielinge en 'n vierling beloon. Die vier ooie en 13 lammers het op 'n veiling in Dewetsdorp s 'n goeie prys behaal dat Swanepoel die eerste keer n die oorlog weer 'n melkkoei en 'n paar mof skape kon aanskaf, waarmee hy sy boerdery opnuut opgebou het.

In nog 'n aangetekende herinnering vertel mev. Marie Swanepoel se ouma, wat 11 jaar oud was toe die oorlog uitgebreek het, van 'n hardkoppige ou tannie in die Winburg-konsentrasiekamp wat die Engelse baie hoofbrekens besorg het. As straf omdat sy kamprels oortree het, moes haar tent op 'n keer afgebreek en ver van die res van die kamp weer opgeslaan word. Sy was veronderstel om 'n paar weke daar met haar kinders in afsondering te bly. Toe die kampkommandant egter opdrag gee dat sy pak, het sy geweier en op haar beddegoed binne-in die tent gaan l. Die Engelse soldate moes haar noodgedwonge met beddegoed en al tot by die ver plek van afsondering dra. Daar gevestig, het sy geweier om in die kamp te gaan kos en water haal. Om te verhoed dat sy en haar kinders verhonger, het die kampkommandant, weer noodgedwonge, beslis hulle moet terug trek. Weer het sy onversetlik op haar beddegoed in die tent gaan l en weer moes die soldate haar die hele ent terug dra.

Mev. Martha van Niekerk het vertel hoe opgewonde haar Ficksburgse voorsate was toe hulle hoor hulle gaan per trein konsentrasiekamp toe vervoer word. Almal het hul beste klere vir die rit aangetrek, net om agter te kom die passasierswaens is hulle nie beskore nie, maar wel die steenkool trokke met dik lae steenkool onder-in!

Die byeenkoms gister is, ook met die oog op die verkiesing vandag 2 Jun. , geopen met 'n gebed uit 'n sakboekie van die Boerekryger S.A. Strauss.
In potlood en Hoog-Hollands skryf di boer: ``Als wy in de toekomst een blik werpen, dan zyn wy zeer beangst Vader! Wy treuren over het verledene, en wy zyn bekommerd en zeer bang voor de toekomst. Wy bidden U andermaal om toch genadig te zyn, onze gebeden toch te verhooren die wy zoo dag en nacht tot U opzenden om vrede!''

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte