Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


De Wet se sambok klap waar hy onwil by burgers bespeur.

Waar genl. Christiaan de Wet onwil by burgers aangetref het, het hy nie gehuiwer om hulle met sy sambok terug te dryf nie.

OP 29 April 1900 het French Rundle sy 8ste divisie teen De Wet in die veld gestoot in 'n poging om die burgers uit hul stellings op die oostelike helfte van Swartlapberg te verdryf. Dit was noodsaaklik aangesien die burgers uit hul stellings die Britse kamp, batterye en soldate voortdurend met kanonvuur geteister het.
Dié poging het ook misluk. Die Boere was goed verskuil en hul geweervuur só erg dat die aanval in die kiem gesmoor is. Rundle het geen keuse gehad as om terug te val nie.

Toe De Wet merk dat die Engelse moeg begin word het, het hy die inisiatief geneem en van Sprinkaan nek 'n aanval op Gordon se berede brigade gedoen. Gordon se kamp en hoofkwartier was aan die Kabanyana rivier op die hoofpad na Dewetsdorp. De Wet het 'n water- en 'n voorraad wa verower.
Die druk wat hy op Gordon uitgeoefen het, het veroorsaak dat 'n bataljon van die Sussexs, 'n kompanie berede infanterie en uiteindelik Dickson se hele brigade tot Gordon se redding moes kom. 'n Konvooi van die 8ste divisie wat van Dewetsdorp onderweg was, is ook deur burgers aangeval en is slegs deur die tydige tussenkoms van genl. J.P. Brabazon van algehele wanorde gered.
Brabazon het reeds met sy soldate vir die nag uitgespan toe iemand berig dat die Boere die konvooi aangeval het. Barbazon stuur die beriggewer terug met 'n boodskap aan die bevelvoerder van die konvooi dat hulle nie moes oorgee nie aangesien hy met versterkings onderweg was.

Teen dié oormag was die burgers nie bestand nie en al waarmee hulle uiteindelik teruggeval het na Thaba Nchu-nek was 178 trekosse en 15 perde.
De Wet se mense was só moeg dat hulle nie eintlik meer geesdrif vir die stryd teen die Britte by Thaba Nchu gehad het nie. Volgens veldkornet Thring was die kommando reeds met hul aankoms by Alexandrië ná die mislukte beleëring by Jammer berg drif uitgeput en hul rydiere in 'n slegte toestand.
Die burgers het gehoop dat hulle 'n paar dae kon rus om van die tog van drie weke waarop hulle of in die saal was, of geveg het, te kon herstel. Die onwil van die burgers en hul gebrek aan geesdrif was duidelik sigbaar toe die nuut aangestelde kommandant, ds. Paul Roux, om vrywilligers gevra het om die Britse kamp by Thaba Nchu onder sy leiding te bestorm. Die meeste het so ongunstig gereageer dat hy sy plan moes laat vaar.
Ná sowat drie dae se veg hier teen die hange van Swartlap berg het die vrees vir omsingeling ook die oorvermoeide burgers begin beetpak

Like most bodies of men, with whom there is no discipline, the commandoes without waiting for orders began acting independently from one another,'' vertel Thring.

Verskeie kommando's het in die rigting van Korannaberg uitgewyk en nie teruggekeer nie. By De Wet se hoofkwartier het paniek ontstaan toe hy op 'n ander deel van die slagveld was. By sy terugkeer het hy bevind dat tente afgeslaan en waens ingespan gestaan het.
Hy het Thring toegesnou: ``Veldkornet, jou manne moet in hul posisie in die poort bly. Moenie dat hulle hul goeie naam verloor nie! Die terugtog is skandalig!''
Toe het hy in dieselfde toornige bui op diegene toegesak wat die tente laat afslaan en die waens laat inspan het.
Dit was nie die einde van sy probleme nie. Onmiddellik daarna is hy met twee Krupp-kanonne voorwaarts in die rigting van die vyand. Hy was pas weg of hy kom op 'n vlugtende kommando af wat hy terstond gestuit het en beveel het om saam met die kanonne te gaan. Hy het nou offisiere uitgestuur om orde te probeer herstel.

Waar De Wet onwil by die burgers aangetref het, het hy nie gehuiwer om hulle met sy sambok terug te dryf nie. Selfs waar hy burgers teëgekom het wat probeer lyf wegsteek het, het hy sy sambok nie gespaar nie. So het een van die burgers wat nog rustig in 'n plaashuis gesit en koffie drink het, terdeë met sy sambok kennis gemaak. Onder die vlugtelinge was twee kommandante wat saam met hul burgers probeer wegkom het
He rated them soundly for their conduct and told them they could go home with their commandos as he did not want any `lafaards' . . ,'' vertel Thring.
Dit het die gewenste uitwerking gehad. Die kommandante het diep beskaamd oor hul gedrag by die generaal om verskoning kom vra en hom gesmeek om saam met hul burgers aan die front te bly.
The officers and men who had retreated and returned kept most cautiously out of his way, when his eyes gleamed and the sjambok shook in his hands as he spoke saying that we could easily have captured all the enemy who had ventured to push in so far with their guns, the position being in our favour,'' skryf Thring.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte