Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Engelsman deur tent gestamp.

Mnr Tom Prinsloo skryf die volgende u soos oorvertel deur tant Anna Aucamp van Hoopstad - oor sy grootouma.

Hy skryf: Ouma Mollie (Catrina Anna Franciena Elizabeth Fourie) (Kleinhans en later Schlebusch) het in die Anglo-Boereoorlog met haar ma (Hendriena Magdalena Fourie), asook haar agt boeties en sussies 11 maande in die Bloemfontein-omgewing voor die Engelse uitgevlug.

Die eerste nege maande het sy met 'n groot trop skape, ryperd, saal en toom, asook 'n Statebybel, wat agter op haar rug vasgemaak was, gevlug. Die Engelse wou haar een dag vaskeer, maar sy het die perd afgesaal en die saal tussen die garingbome ingegooi. Sy het self ook in die laning weggekruip. Laat die aand, nadat die wreld snuif getrap was, het die Engelse moed opgegee.

Ouma het toe 25 myl na haar oom Joon Maartens in die distrik Bloemfontein gehardloop. Hy het vir haar 'n tweesitplek-karretjie en twee perde gegee. Sy het eers haar ma en die ander kinders gaan soek, waarna hulle verder met die karretjie gevlug het. Die jongste van die gesin was nog 'n klein babatjie. In die nagte het almal om ouma Hendriena en die babatjie geslaap om haar warm te hou.

Op 'n dag het die karretjie gebreek, waarna ouma Mollie weer na oom Joon toe is. Hy gee toe vir haar 'n skotskar en twee osse. Hulle het met die skotskar voortgevlug totdat die Engelse hulle op 'n dag in 'n hoek vasgekeer het. Hulle is na die konsentrasiekamp in Bloemfontein gebring. Ongelukkig het die Statebybel in die slag gebly toe hulle met die skotskar gevlug het. Die Engelse het dit saamgevat Ierland toe.

Ouma Hendriena het op 'n dag in die kamp vuur gemaak. 'n Engelsman het gekom en sy keteltjie met water op haar vuurtjie gesit. Ouma vererg haar en skop die keteltjie (soos hulle ges het: dat hy vandag nog trek), gryp hom aan die hemp en gooi hom dwarsdeur die tent dat hy sonder klere anderkant uitkom.

Tant Anna Aucamp vertel in die kamp het 'n mev Breda 15 Kakies van haar weggeslaan. Die 16de een het haar van agter bekruip nadat sy al baie moeg geslaan was. Die Engelse laai haar toe op 'n molwaentjie om haar weg te vat. Die vroue het op die perde se re en op die waentjie geklim, waarop die Engelse vir die vroue s: Ons gaan julle skiet".

Die vroue antwoord toe: Skiet en julle skiet in Afrikaner-harte".

Die bevel kom toe om haar te los. Sy was verwagtend. Hulle bekruip haar later een nag toe sy amper aan die einde van haar swangerskap was en vat haar tronk toe. Die babatjie is daar gebore en ook daar dood.

Die Engelse het vir die mense in die kamp vleis gegee wat vol blou vitrioel was. Die vroue loop toe na die tent waar die vleis uitgedeel is en gooi die vleis na die tent dat dit rooi van die vleis l. Die Engelsman in die tent moes dit ook ontgeld.

Oupa Jan Fourie was ook in die oorlog.

Die Britte het op Oupa geskiet anderkant waar die Kaffer- en Rietrivier saamloop. Hulle kon hom nie raakskiet nie. Nadat die Hanskakies hom verraai het, is hy gevang. Die Kakies het ges: As julle nie Jan Fourie se hande agter sy rug vasmaak en sy skoene uittrek nie, sal geen perd hom kan inhaal nie".

Hulle het hom Edenburg toe aangejaag en op 'n oop treintrok gelaai. Hy is vermoedelik Durban toe gestuur en is per boot na Bermuda. Oupa Jan het eers twee jaar n die vrede teruggekom. By sy terugkoms moes hy vind dat sy vrou en vyf van sy kinders dood is, die babatjie eerste.

Voor die oorlog was Ouma en oupa Kleinhans verloof en was hulle huis reeds gebou; daar was meubels in en hulle het 'n boorgat en windpomp gehad. Niks het behoue gebly nie.

N die oorlog is ongetroude mense nie dadelik toegelaat om die konsentrasiekampe te verlaat nie. Om uit die kamp te kom, is oupa en ouma Kleinhans in die Tweetoringkerk in Bloemfontein getroud. Ouma se niggies het haar gehelp om 'n swart trourokkie te maak omdat hulle nog in rou was.

Oupa Kleinhans het toe twee markiestente gekoop en dit op Geluksdam, Bloemfontein, opgeslaan. Ouma se twee susters en broer het saam met hulle daarin gaan woon.

N die oorlog is die digter AG Visser Ierland toe. Hy het met die Statebybel teruggekom. Daar was geen naam nie, net 'n begrafnisbrief van Oupa-hulle. Die hele familie se name het in die ou dae in die begrafnisbrief verskyn. Visser plaas toe 'n berig in 'n koerant. Ouma Schlebusch se niggie, tant Jo Schoonveld, herken dit en s: Di Bybel behoort aan oom Jan Fourie. Dit is die Bybel waarmee Mollie gevlug het". Ouma Mollie skryf toe aan Visser en di stuur dit vir haar. Ouma Mollie gee dit vir haar pa en hy s vir haar: Nee, Tant (sy bynaam vir haar), die Bybel behoort aan jou".

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte