Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Kakies was maar bang vir die van Scheepers.

My oorlede ouma was 'n nooi Scheepers, kmdt. Gideon Scheepers was haar neef en die Kakies was in die konsentrasiekamp baie bang vir die van Scheepers. Haar oorlede vader en Gideon se vader was broers. Haar vader se naam was Andries Josevus Scheepers. Hy het by Jammersdrif by Wepener gesneuwel skryf mev. C.E. Greyling.

My tante van 80 jaar s haar oupa se naam staan op die gedenksteen ter ere van die gesneuweldes uit die distrik Rouxville voor die NG kerk daar. Dit is 'n droewige winter middag. Ek en my jongste dogter vind die steen. Ons sien die naam A.J. Scheepers op die gedenksteen. Met groot eerbiedigheid besef ek dit was my oupagrootjie. Op die gedenksteen staan die volgende roerende woorde:

Getrou tot in den dood wie voor zyn land het leven laat diens, roem en glorie nooit vergaat. Rouxville de 1906. Hoe zyn de helden gevallen 2 Samuel 1:25.
My ouma was 'n brose 16 jaar toe die Kakies hul plaas by Rouxville in puin l. Sy het 'n ouer suster met die naam Hannie gehad, volgens my ouma 'n meisie sterk van gees en liggaam. Sy het my ouma, haar ma en jong suster ferm en regop van die "swart ashoop'' agter hulle laat wegvoer na die konsentrasiekamp in Aliwal-Noord. Hou jou waardig, Jacoba, deur di oorlog kom ons lewend dapper anderkant uit. Ek sal julle met my lewe beskerm'', het sy ges.
Later, nadat dit bekend geword het hoe dapper hulle neef Gideon in die oorlog geveg het, het hulle gou agtergekom hoe bang die Kakies vir die van Scheepers was. Tant Hannie het die sogenaamde "hanskakies'' gedurig gekoggel en het die hele tyd neus in die lug in die kamp rondgeloop. My ouma het dit wonderlik gevind dat sy nie eintlik 'n ons gewig afgeskud het nie. My ouma s sy dink Hannie het iewers kos gesteel, hoe en waar weet sy nie.

Sy het my ouma ook altyd in die ribbes gepomp om regop te loop. Luise en weeluise was ook volop in die kamp. Tant Hannie het gedurig met 'n fyn kammetjie koppe uitgekam op soek na die nare goed wat almal se lewe versuur het. Hannie het gedurig loop en moeilikheid soek met die Tommies. Sy het veral ontplof as hulle wasgoed in die rivier moes gaan was, natuurlik onder toesig van die "mak bobbejane'' wat die luise gehad het, aldus Hannie. As 'n mens net mooi jou bondel wasgoed klaar gewas het, het die Kakies ``per ongeluk'' aan jou gestamp sodat al jou wasgoed op die grond beland het. Alles weer oor was. My ouma het altyd ges tant Hannie het haar wonderlik ondersteun en haar selfs laat droom van die wonderlike mans wat hulle nog eendag gaan trou.

Hul jonger sustertjie het aan maagkoors in die kamp beswyk. Dit was 'n geweldige terugslag vir hul moeder om 'n man en 'n dogter in sulke tragiese omstandighede te verloor. Sneeu en koue winters het hul gesondheid geknou, maar niks en niemand kon hulle innerlike krag en die wil om te lewe knou nie. My ouma en tant Hannie het altwee wonderlike mans getrou. My oorlede oupa is weggevoer na Bermuda en het gelukkig ongeskonde teruggekeer. Tant Hannie het nooit haar streke gelos nie, net meer bygekry. Al wat ek van my oorlede oupa en ouma goed kan onthou, is dat hulle nooit wraakgedagtes of bitterheid gekoester het nie. Hulle het hul bittere lyding sagkens aan hul kinders oorgedra. My oorlede ouma het altyd vertel in my oorlede oupa se sak was altyd 'n pak vol suikerklontjies, want in sy eie woorde "ek wil tog nooit honger wees as die Kakies my vang nie''.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte