Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Britte klap hande vir dapper Boer.

In 'n stadium van die veldslag in Desember 1900 by Lindley was
veldkornet Willem Weideman met sy rug teen die muur van 'n blokhuis
in die veld. Die ``Kakies''het uit verskillende rigtings op hom
losgebrand.

Hy het sy perd, Vonk, vrye teuels gegee en oor 'n hoë heining geseil
om uit die spervuur te kom. Die Engelse soldate het hul hoede in die
lug gegooi en hande geklap.
Ná dié vertoning van dapperheid kon hulle dit nie oor die hart kry
om nog 'n skoot op veldkornet Weideman te skiet nie.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte