Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Burger Gotlieb Frederich van der Walt.

“Burger Gotlieb Frederich van der Walt is op 1 Augustus 1879 in Pretoria gebore. Sy geboortesertifikaat het getoon dat hy by geboorte as Burgert Gotlieb geregistreer is, maar hy kon hom nie met die tweede naam versoen nie en het dit op sy geboortesertifikaat dood gekrap en vervang met Frederich.

As kind het hy sy pa se beeste opgepas naby die steenmakery wat vandag bekend is as ‘Die Fonteine’. Voor die Anglo Boereoorlog het hy ook vir sy pa transport gery na Botswana (Betsjoeanaland) en Zimbabwe (Rhodesië). Hy was sewe inheemse tale magtig en kon Afrikaans en Engels ook vlot praat.

Laasgenoemde het hom goed gepas tydens die oorlog toe hy ‘n Britse uniform aangetrek het en tussen die Kakies beweeg het en vir die Boere gespioeneer het. Gedurende die oorlog het die Engelse sy perd onder hom doodgeskiet. Hy slaag daarin om ‘n Engelse soldaat van sy perd te beroof Kort hierna loop hy in dieselfde Engelsman vas en daar word kompetisie geskiet vir die eienaarskap van die perd - ‘n kompetisie wat deur Burt gewen word.

Na die oorlog neem Burt aan ‘n Bisley skiet kompetisie deel en vind uit dat dit deur dieselfde Engelsman georganiseer
word. Hy wen die trofee en dit is vandag in die besit van sy kleinseun. Hy word deur die Engelse gevang en na Bermuda gestuur.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte