Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Brief van veroordeelde kryger soos stem uit graf.

Gee my horlosie aan Vader, kamaste aan Barend, my hoed aan Alit, lyfband aan Hennie.

Dit is die laaste woorde van 'n seun in sy laaste brief aan sy ma en broer die aand voordat hy in die Anglo-Boereoorlog gehang is. Die brief sluit sy kort testament in.

Izak Bartholomeus Liebenberg sluit sy roerende brief dan af met die vers:

Veilig in Jezus armen,

Zacht aan Zijn borst gevlijd,

Daar in Zijn liefdeschaduw

Wacht mij de heerlikhei

Die oorspronklike brief wat Liebenberg op 10 Januarie 1902 in die dodesel op Aliwal-Noord geskryf het, is in 'n Bybel bewaar wat 'n ma in die Bethulie-konsentrasiekamp gehad het.

Hy eindig sy brief s: Vergeet niet om aan tant Josina een portret te stuur.?

Oom Swarrie Coetzer (87) van Rouxville het sy ma se Bybel met di brief di week aan die Oorlogmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein geskenk, waar dit vir die nageslag bewaar sal word.

Die vergeelde brief is soos 'n stem uit die graf van 'n dapper Boere-kryger wat onregverdig gehang is weens lafaards in eie geledere.

Lt. Liebenberg, van Philippolis, was 'n junior offisier in Gideon Scheepers se kommando en slegs 18 toe hy ter dood veroordeel is.

Hoewel die inhoud van die brief bekend was en reeds volledig in boeke aangehaal is, onder meer in S het hulle gesterf, is die brief n die Bybel vir die museum ?n kosbare skenking.

Dit is gegrond op die boek Hoe Zij Stierven: Mededeelingen aangaande het einde dergenen, aan wien gedurende den laatsten oorlog, in de Kaap-Kolonie, het doodvonnis voltrokken is wat in 1904 deur De Stem-Drukkerij, Burgersdorp, uitgegee is.

Die museum reken die brief is oorspronklik. Dit was in die Bybel wat Coetzer se ma, Anna Cecilia Wilhelmina Verster (1884- 1974), wat slegs sowat 15 was toe sy in die Bethulie-kamp was, en sy ouma, Petronella Cornelia Johanna, van Van Heerdens gekry het.

Dit is nie seker hoe hulle die Bybel bekom het nie. Voorin staan: Hendrika Wilhelmina van Heerden, gebore 22 September 1877. Dit is deur haar vriend F.F. Spalding aan haar geskenk.

Coetzer s hy is dankbaar die Bybel en brief word nou bewaar. Hy vermoed sy ma-hulle en die Van Heerdens was vriende in die kamp. Ek dink hulle is nou veilig. Die belangrikste is die brief. Ja, dis soos 'n stem uit die graf.


Albert Blake, skrywer van die boek Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog, meen die brief is nie oorspronklik nie, maar dateer wl uit die oorlog. Mense het dit as 'n soort telegram van destyds oor en oor afgeskryf en aan mekaar gestuur, reken hy.

Liebenberg is deur die Britte in hegtenis geneem, verhoor en ter dood veroordeel vir die moord op Leopold Henry Neumeyer van die polisie op Smithfield, wat hom in die oorlog by die Britse militre polisie aangesluit het.

Hy het gehelp om Boere se plaashuise af te brand en vroue en kinders op die wreedste manier aan te keer en na die konsentrasiekamp op Aliwal-Noord af te voer.

Op 23 November 1900 is Neumeyer en 'n Van Aswegen, 'n joiner, op die plaas Stolskraal, Rouxville, deur 'n Boerekommando onder leiding van luitenante Swanepoel en Liebenberg in hegtenis geneem.

Van Aswegen het ontsnap. In 'n poging om ook te ontsnap, is Neumeyer deur Liebenberg gewond. Die gewonde het verder probeer vlug, waarna hy noodlottig gewond is.

Luidens berigte was alle aanduidings dat Swanepoel vir sy dood verantwoordelik was. Swanepoel het self gesneuwel.

Die Britte was vasbeslote om die dood van Neumeyer te wreek.

Op 12 Julie 1901 is Liebenberg gevange geneem en op Aliwal-Noord van moord aangekla.

In ?n erg omstrede hofsaak het twee Boere-krygsgevangenes, Tobias du Toit van Smithfield en ?n Frans Steenberg, teen Liebenberg getuig in ruil vir hul vryheid.

Liebenberg het erken dat hy die vlugtende Neumeyer gewond het, maar nie dat hy vir sy dood verantwoordelik was nie. Op 11 Januarie 1902 is Liebenberg in die tronk op Aliwal-Noord tereggestel. Die eerste poging om hom te hang het misluk.

Hy het rondgeloop en met die ander gevangenes gesels voordat hy weer gehang is.

Luidens die boek Die geskiedenis van Smithfield en die Caledonrivierdistrik (1819 - 1952) deur A. Prinsloo was Tobias du Toit, 'n sakeman van Smithfield, n die oorlog 'n uitgeworpene op die dorp. Op die sterftekennisgewing van Neumeyer word sy dood aangedui as Murdered by the Boers.

Neumeyer is in die Britse begraafplaas op Aliwal-Noord begrawe en Liebenberg se oorskot is later opgegrawe en hy is by sy ma op hul plaas begrawe.

Johan van Zyl van die Oorlogmuseum s die museum het sowat 250 Bybels wat die oorlog oorleef het.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte