Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Vrou deel herinneringe van oorlog.

Vasgevang in die konsentrasiekamp het klein seuntjies hulself met skerpioene in blikke besig gehou. Dit is hoe talle van hulle ten tyde van die Anglo-Boereoorlog die tyd vinniger laat aanstap het. In die blikke sou hulle die knyper-wesens met hul gif angels tot die dood toe laat baklei.

Weddenskappe sou aangegaan word oor wie se skerpioen die geveg gaan wen.

Isabel Seneyn van Bloemfontein is een van die min mense wat nog eerstehandse stories oor haar voorsate se tyd in die Bloemfontein-konsentrasiekamp kan deel. Haar pa, Floris van den Berg, was 'n skrale agt jaar oud toe hy tussen 1900 en 1902 saam met sy ma, twee broers en drie susters in die draadkamp aangehou is.

Dit is hier waar duisende kinders van net vel en been die hoogste prys moes betaal. Hulle was altyd honger, s Seneyn, die honger het nooit opgehou nie. Twee van haar pa se susters het weens siektes nie hul tyd in die kamp oorleef nie. In 'n kloktent as tuiste moes hulle daagliks letterlik om oorlewing veg.

Bedags het hulle gesterf van die hitte en snags van die koue, s Seneyn.

Vir ure aaneen sou die jong kinders in die dorre, gestroopte kamp hout soek sodat daar gekook kon word. Seneyn s hulle sou selfs bome se wortels uitgrawe om iets te kry wat kan brand.

Gedurende die Anglo-Boereoorlog is 26 000 vroue en kinders in konsentrasiekampe dood.

Die swak voedsel voorsiening (van veral vleis en water) was een van die groot oorsake van die sterftes. Seneyn s boere wat nie in die kampe aangehou is nie, sou soms vir die vroue en kinders in die kampe ou ooie se vleis stuur wat so taai was dat dit skaars gekook kon word. Toe haar pa, sy ma, twee broers en suster n die oorlog na hul plaas naby Edinburg terugkeer, was die meeste van hul besittings deur die Kakies verrinneweer. Sy het self 25 jaar lank by die Oorlog museum in die kantoor gewerk, daar tuin gemaak en uitstallings gedoen. Haar eerste man, Ben van Rensburg, was die eerste direkteur van die Oorlog museum en Vrouemonument-kommissie.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte