Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Seun met patroon geïntimideer.

'n Geweerpatroon waarmee 'n twaalfjarige boereseun van Ladismith in die oorlog gefusilleer sou word, is nooit afgevuur nie, maar aan hom gegee. Dit was daarna sy lewe lank een van sy kosbaarste besittings totdat hy as grysaard op 78 jaar aan natuurlike oorsake oorlede is.

Die patroon het altyd in die slaapkamer van mnr. Dollie de Wit aan 'n toutjie bo sy bed gehang
. De Wit se dramatiese verhaal het hom afgespeel toe die Boere en Kakies in die beding van die oorlog in die distrik Ladismith slaags geraak het.
Die knaap is as rapportryer ingespan om 'n geheime dokument na 'n Boerekommando by Algerynskraal, sowat 15 km van Ladismith, weg te bring. By Naauwkloof, 2 km buite die dorp, is hy op pad terug van die kommando by Algerynskraal deur die Britte voorgekeer, gevange geneem en op die dorp ondervra.

Die bevelvoerder van die Britse kolonne het summier besluit om die kind daar en dan dood te skiet.
Die distrikskommandant het egter tot sy redding gekom en gesê dat hulle nie 'n twaalfjarige behoort dood te skiet nie.
Daarop het hy 'n patroon uit die geweer gehaal, aan die seun gegee en gesê dat hy dit aan sy ma, mev. Hendrina de Wit, moet gee.
Hy moet aan haar sê dat dit die patroon is waarmee hy byna doodgeskiet is.
Vir die seun en sy ma was dit van toe af 'n kosbare besitting.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte