Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Manie Bredell.

Manie Bredell

Manie Bredell, lyfwag van pres. Kruger, rus op Somerset-Wes
Manie Bredell as jong man in diens van die ZAR. Dit was in dié jare hoog mode om 'n spoggerige snor te hê.;Die grafsteen van Manie Bredell (18651953) in die familiebegraafplaas op Klein Helderberg.
Retief Koch

OP die plaas Klein Helderberg naby Somerset-Wes is die familiebegraafplaas van die bekende Bredells van dié kontrei. Binne die mure van die begraafplaas is onder meer die graf van Hermanus Christian Bredell, lt.kol. V.R.

Mnr. Koos Bredell van Somerset- Wes het hierdie verhaal vertel en die inligting oor dié familiebetrekking van hom verskaf. Verder is daar ook 'n boek met 100 bladsye, Dagboek van H.C. Bredell, in 1972 deur die RGN gepubliseer.

Hermanus Christian Bredell is as oudste seun van Johan Bredell en sy vrou, Anna Maria (Van Brakel), op 12 Oktober 1865 op die plaas Onder-Rustenburg naby Somerset-Wes gebore.

Sy onderwys het hy aanvanklik van meester Scholtz op die plaas ontvang en daarna op Eersterivier en Stellenbosch. Ná sy moeder se dood het Manie Bredell op 21-jarige leeftyd sy heil in die Transvaalse republiek gaan soek.

Van 1887 tot 1891 het hy op verskillende wyses probeer geld verdien, soos om transport te ry en pad te maak. Dit was in Pretoria. In 1891 het hy na Johannesburg verhuis en 'n prokureursklerk geword. Drie jaar later is hy as jong prokureur by die Hooggeregshof van die ZAR as vertaler aangestel. Net voor die Jameson Inval van 1896 is hy deur Ewald Esselen, staatsprokureur van die ZAR, 'n pos in die ZAR polisiediens aangebied.

In 1895 was hy tweede klerk, in 1898 verantwoordelike klerk in die kantoor van die kommissaris, en moes daarna dikwels ook as kommissaris waarneem.

Kort voor die uitbreek van die Anglo-Boere Oorlog het Bredell opdrag ontvang om pres. Paul Kruger snags met sekretariële werk behulpsaam te wees. Hierdie reëling het meegebring dat hy gewoonlik sommer op 'n rusbank in die presi dentswoning geslaap het. Bedags moes hy sy belangrike pligte in die polisiehoofkwartier nakom.

Met die uitbreek van die oorlog het sy pligte ingrypend toegeneem. In sy dagboek gee hy 'n lang lys van sy pligte aan en hy maak geen geheim van sy gevoelens oor mense wat lyf wegsteek nie. Onder punt V skryf hy byvoorbeeld: ``Moest ik steeds alle krijgsgevangenen aan station ontvangen en in hunne respectieve kampen bezorgen. Had soms drie paarden ter minje beschikking, omdat een niet al het werk kon verrichten. Sliep natuurlijk 's nachts bij President aan huis op een sofa voor bijna acht volle maanden.

``Frikkie Eloff, ZHEd.'s Privaat Secretaris, heeft mij veel met zijne werkzaamheden verneukt, absoluut verneukt, doordien hij zich 's daags uit de voeten maakte en ik zijn werk moest doen. Ik deed zulks uit loutere belangstelling en in belang onzer zaak. 's Nachts werkte Eloff nooit.

``Het werk deed mij erg moe worden, doch gaf niet in en spande steeds al mijn krachten in om mijne plichten op de best mogelijke wijze na te komen, waarin ik ook meende wel geslaagd te hebben.''

Toe die regering van die ZAR in Mei 1900 uit Pretoria moes padgee, is Bredell saam met die president en sy gevolg na Machadodorp, wat toe as regeringsetel gedien het. Van hierdie gebeurtenis verhaal Bredell as volg in sy dagboek:

``Op 28.5.1900 ongeveer vertrokken wij: President Kruger, L. Jacobsz (Assistent Staats Procureur), Dr. Heymans, F. Eloff (Privaat Secretaris ZHEd.) en ik uit Pretoria onder bereden politie escorte en arriveer de volgende dag te Machadodorp alwaar wij in de salon spoorwagen logeerden. Het was daar dan ook erg koud.

``Mijne werkzaamheden begon toen opnieuw. Ik moest de wagens met goud en geld bewaken. Zoo ook het rijtuig van ZHEd., ammunitie wagens, enz.

``Jacobsz en ik ginging dikwijls uit rijden. Later moesten wij naar Waterval Onder gaan ter wille van President's gezondheid. Wij hadden daar een aangenaam huisje ter inwoning.''

Nêrens rep hy weer 'n woord oor ``de wagens met goud en geld'' nie. Vanweë die blykbaar onstuitbare, ooswaartse opmars van die Britse magte, het die president vir 'n kort tyd na Nelspruit verskuif en in September 1900 is aan hom deur die uitvoerende raad verlof toegestaan om 'n tydperk van ses maande die land te verlaat. Dit sou die president beveilig en hy sou die saak van die Boere republieke in Europa kon gaan bepleit.

Die president het opdrag gegee dat Bredell hom moes vergesel ``om van tijd tot tijd de noodige veiligheids maatregelen te treffen.''

Die president en sy gevolg is toe per trein by Komatiepoort oor die grens na LourencÇo Marques, waar die ZAR se konsul-generaal, G. Pott, hulle ontmoet het en by wie hulle oornag het.

Die volgende dag het die goewerneur, Antonio Machado, die president kom haal om by hom as gas van die Portugese regering te kom inwoon. Hierdie ``inwoning'', waartydens die president feitlik in huisarres geplaas is, het van 12 September tot 19 Oktober geduur, toe hulle aan boord van ``het pantser-dekschip Gelderland'' kon gaan. Hierdie skip is naamlik deur koningin Wilhelmina (en die Hollandse rege ring) aan president Kruger beskikbaar gestel om hom na enige hawe te vervoer.

Só het Manie Bredell dan saam met Paul Kruger en sy gevolg langs die Ooskus van Afrika noordwaarts gevaar, deur die Rooisee en die Seuz Kanaal na Frankryk.

Onderweg daarheen moes hulle Dar-es-Salaam, Djiboeti en Port Said aandoen om steenkool in te skeep. Hoewel hy erg seesiek geword het, het Bredell die reis baie interessant gevind. 'n Paar reëls uit sy dagboek oor die vaart deur die Suez Kanaal lui soos volg:

``Gisteren passeerden wij o.a. eenige Duitsche schepen die `met man en muis' ZHEd. toejuichten. Heel leuk gezicht. Een Engelsch schip was brutaal genoeg om het onze niet te salureeren in het kanaal.''

Op reis na Frankryk het hulle ``Gisteren avond een officieele dinner gehad in de Long Room van de officieren. Heel prettig. De Transvaalsche vlag door de 20000 Amerikaners ten geschenke gegewen, werd voor de eerste maal gebruikt''.

Dit blyk dat op 29 Mei 1990 'n Transvaalse vierkleur wat spesiaal in Amerika vervaardig is, aan Kruger deur 'n Amerikaanse seun, Jimmy Smith, namens die skoolkinders van Philadelphia, Amerika, oorhandig is.

Manie Bredell se aantekeninge is nie 'n volwaardige dagboek nie omdat dit nie getrou van dag tot dag bygehou is nie. Daar is lang tydperke wat sonder enige inskrywing verloop het. Nogtans gee dit 'n interessante kykie in die lewe van die president, veral as dit saam met die afspraak boek gelees word.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte