Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Indir-Moslem het genl. Koos de la Rey in die oorlog gehelp.


Die fout met geskiedenisboeke is dat hulle soms die belangrikste verhale afskeep of sommer heeltemal weglaat. So gaan verhale mettertyd verlore en leef net voort in die vertellinge en staaltjies van die nasate.

Op 13 November 1992, toe die Abed-familie sy honderdste jaar in Suid-Afrika gevier het, wou hy ook verseker dat een van di v
erhale hul eie sal bly voortleef. Dit is die verhaal van 'n goeie vriendskap tussen Boer en Indir lnk voor apartheid, afsonderlike ontwikkeling, vreedsame naasbestaan en die nuwe Suid-Afrika.

Dit is die verhaal van die vriendskap tussen die Boere-generaal Koos (Jacobus Hercules) de la Rey en Ajam Abed op die Wes-Transvaalse dorpie Lichtenburg.

Maar dit is ook 'n verhaal wat vertel hoe kort mense se geheue soms is. Hoe die mense van Lichtenburg geriefshalwe vergeet wat hulle vir die Britte versteek en hulle s van die konsentrasiekampe gered het. Van Boeremense wat toegelaat het dat hul oordrewe patriotisme in rassehaat verander het. En hoe die Abed-familie uiteindelik stank vir dank gekry het.

Ajam Abed is gebore in die klein Indiese nedersetting Rander, maar hy het sy geboorteland op 13-jarige ouderdom verlaat en in 1886 in Durban aangekom. Hy het die binneland ingetrek en hom gevestig op Mafeking, waar hy vir 'n Indiese handelaar gewerk het.

Mafeking (nou Mafikeng) was daardie jare een van die grootste dorpe in die omtrek en mense van dorpies soos Lichtenburg het hul inkopies daar gaan doen.

De la Rey was een van di klante en so tussen die inkopies en praatjies deur is die fondament vir 'n goeie vriendskap gel. So goed dat De la Rey Abed genooi het om 'n algemene handelaarswinkel op Lichtenburg oop te maak.

Abed het nie op hom laat wag nie en in 1892 het hy sy intrek in 'n huis net agter die winkel op De la Rey se grond in Mellvillestraat, die hoofstraat van Lichtenburg, geneem. Die twee het reg langs mekaar gebly. Abed waar die Absa-gebou vandag staan en De la Rey waar daar nou 'n kafee is. Oorkant die straat is die stadsaal en kultuurhistoriese museum op die hedendaagse Generaal De la Rey-plein, waar 'n reusagtige standbeeld van di ou Boereheld in 1965 deur die destydse staatspresident adv. C.R. Swart onthul is (kyk foto en berig op bl. I.)

Dt en 'n ererol vir die Trekkers wat na di gebied getrek het, en ng 'n gedenkteken vir die Boere wat in die Anglo-Boereoorlog gesterf het, en ng 'n gedenkteken, `` 'n Prel van groot waarde, Afrikaans'', maar nie 'n woord oor Abed nie.

Maar Abed was 'n held uit eie reg. Toe die oorlog sy loop neem en dit duidelik begin word dat die Britte die Boerevroue en -kinders in groot getalle in haglike omstandighede in die konsentrasiekampe aanhou, het Abed nie vergeet wie sy vriende is nie. Maar meer nog, hy het self ondervinding gehad van Britse kolonialisme en besetting, daarom het hy die Boere se stryd ook goed verstaan en ondersteun.

Hy het sonder versuim De la Rey se vrou en kinders versteek, want die Britte was toe al lank op soek na hulle. Abed se vrou en kinders is veiligheidshalwe reeds aan die begin van die oorlog na Indi weggestuur. In die oorlogtyd het hy en sy werkers in die huis agter die winkel gebly.

Bedags moes De la Rey se familie onder in die kelder van die huis wegkruip, maar snags, wanneer dit veiliger was, kon hulle in die huis rondbeweeg. Die Britte het 'n paar keer kom klop, maar Abed wou hulle nie inlaat nie. ``Daar's vroue in die huis,'' sou hy die Britte meedeel.

Weens hul ondervinding in Indi en hul begrip vir die Moslemse geloof, het die Britte geweet jy gaan staan nie en lol om in 'n Moslem se huis in te gaan as daar 'n vrou is nie. Mans en veral vreemdelinge is in daardie jare nie in Moslemhuise toegelaat as daar vroue was nie en basta.

En sou De la Rey se vrou die huis ms verlaat, is sy soos Moslemvroue van kop tot tone bedek. So kon sy veilig reg verby die niksvermoedende Britte loop, en geeneen van hulle sou dit ook durf waag om die sluier te probeer lig om te sien wie daaronder is nie.

Goolam Hoosein Abed, die seremoniemeester van die feesvierings, vermaan opgewonde in Afrikaans: ``Die Britte is ons ou vyande, nie ons vriende nie, ons het jare teen hulle baklei. Julle Afrikaners wat hier is, moenie dink dat julle alleen baklei het nie. Ons het lank teen die Britte in Indi baklei.''

En hy vertel met groot lekkerkry hoe De la Rey een nag in die vroe oggendure by Abed se huis kom aanklop het. ``Ajam, ek soek kos. My familie (soos De la Rey na sy soldate verwys het) vrek van die hongerte,'' sou hy aan Abed s.

Abed het geweet wat die straf vir verraad was, maar hy sou ook nie sy vriende in die steek laat nie.

Hy het nie eens twee keer gedink nie: ``Goed. Vat wat jy nodig het, maar jy sal die slot moet breek, ek maak nie die deur vir jou oop nie.''

So ges, so gedaan. Die volgende mre douvoordag sonder om eens te gaan ondersoek instel na wat alles weg is gaan Abed na die Britse kwartiere. ``Hulle het by my ingebreek,'' vertel hy.

Die Britte kom stel ondersoek in, sien die oopgebreekte slot en die waspore. Abed bly bo verdenking en die Boere het weer voorrade . . .

De la Rey was met reg dankbaar. Hy het sy vriende nie vergeet nie en as bewys van sy dankbaarheid het hy bepaal dat Abed tot sy dood toe op di stuk grond kan aanbly.

Met die oorlog iets van die verlede, en soos die lewe weer sy normale gang begin gaan, bou Abed 'n tweede winkel op die dorp. 'n Hout-en-sinkgebou in Gerrit Maritzstraat. Abed laat sy groter personeel in die huis agter die eerste winkel bly en hy en sy familie betrek die huis agter die tweede winkel, waar die meeste van sy kinders gebore is

Maar n De la Rey se dood in 1914 begin die bande met die De la Rey-familie effens vervaag en n Abed se eie dood in 1956, kom De la Rey se skoonseun onder druk om die stuk grond in Melvillestraat aan Volkskas te verkoop. Die Abed-familie verloor hul winkel en word gedwing om te trek.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte