Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Vroue, kinders beleef vele ontberings in hul vlugtogte voor die Britte.

Haar ouma en ma-hulle het in vlugtogte voor die Britte baie ontberings gehad. Dit was so erg dat haar ma-hulle mekaar se dro lippe met urine moes natmaak. Haar ouma was ook twee maande van haar baba weggeskeur, wat n hul hereniging in die Bethulie-konsentrasiekamp dieselfde dag as haar oudste dogter oorlede is, skryf Paula Petro Botha.

Sy vertel: Christoffel Francois du Toit was 'n belese godsdienstige vader en eggenoot met vele talente, baie musikaal, maar bo alles altyd blymoedig en 'n gesiene boer. Hy en sy vrou, Martie, en hul vyf kinders het op die plaas Rooipoort, Edenburg, geboer.
Hulle was my ouma en oupa. Di verhaal is deur hulself aan my vertel. Ongelukkig kon ek nog nie my belofte aan my moeder nakom om hul smart en lyding in die oorlog te boekstaaf nie. Hier is egter 'n uittreksel.

Op 14 Oktober 1899 sluit oupa saam met al die weerbare manne in die omtrek hom aan by die kommando van kmdt. Martin Krger - almal behalwe Theuns Holtzhausen.
Om 14:00 deursoek 'n horde Engelse soldate die plase en vind net vir Holtzhausen. Hy word as krygsgevangene in die tronk in Edenburg gestop. Kort daarna is hy oorlede en begrawe sonder dat sy familie in kennis gestel word.

Ouma het met die vyf kinders op die plaas agtergebly sodat die Boere telkens van kos voorsien kon word - totdat sy een nag wakker skrik en hul ``getroue'' huishulp haar met haar enigste vuurwapen bedreig. Sy het hom oorrompel, maar besef dat sy nou van twee kante bedreig word - die Kakies wat elke nou en dan die plaas besoek, en swartes.

Sy het die nodige gepak, die kosbaarste dinge begrawe en met haar vyf kindertjies, onder wie die jongste net 'n baba was, die berge ingevlug. Elke nag het hulle onder die blote hemel op 'n ander plek op 'n bed van blare en komberse geslaap - gedurig hulle maar op die uitkyk vir 'n Boere- of 'n vrouelaer.
Die ontberings in die veld was onbeskryflik. Die kindertjies se skoene en klere was vodde en brandsere weens die skrape van takke was oral op hul lyfies. My moeder, toe sowat was vier jaar oud, het vertel dat hulle soms hul dro lippies met mekaar se urine natgemaak het.

Uiteindelik het hulle hulle by 'n vrouelaer aangesluit onder beskerming van kmdt. K.D. Coetzee. Dit was Julie en bitter koud met kapok wat uitgesak het.
Onverwags storm 'n klomp Kakies op hulle af. Die kinders huil en kerm en die perde is so verbouereerd van die geraas en koels wat om hulle fluit dat Ouma nie die tuie se stringe behoorlik vaskry nie.

Coetzee se kar is net voor Ouma en hy help haar om die 13-jarige meisietjie wat aanbied om die baba te houvas, op sy kar oor te help.
Dit het gehelp om haar vrag ligter te maak, maar haar perde was toe reeds te uitgeput om voor die Tommies uit te jaag. Sy word gevang, maar haar baba is nog op die kar van Coetzee wat veiligheid bereik.

Die perde is in die tuie doodgeskiet en die vroue en kinders wat gevang is, is voor die soldate met hul perde aangejaag.
In Bethulie se konsentrasiekamp het sy elke dag gaan soebat om haar kind te gaan haal, maar is net toegesnou dat sy 'n skelm is wat wil wegloop.
N twee maande van smart en verlange na haar kind is die meisietjie uiteindelik toegelaat om die baba by haar moeder te kry. Van ontbering is die baba dieselfde middag oorlede - en twee uur later ook haar oudste dogter.

Twee kindertjies op een dag.
Sy kon die lewe in die kamp nie verduur nie en drie maal het sy met haar drie kindertjies na die Boerekommando's gevlug.
Oupa is as krygsgevangene na St. Helena gestuur.

N die vredesluiting het hulle teruggekeer na die murasies wat eens 'n pragtige huis was - 'n woning vol liefde. Die vee in die krale is alles doodgeskiet of vermink.
Maar ons voorgeslag het weer opgestaan, want hulle het hul geloof behou.
Oupa en Ouma het 23 oorlogswesies versorg totdat hul families hulle opgespoor het. Sommige is uit hul huis getroud. Saam met 'n gehuurde onderwyser is ook na hul opvoeding omgesien. Met sy liefde vir musiek het oupa 'n pragtige koor gelei.

Kmdt. Coetzee is op 28 April 1902 - kort voor vrede - tussen Bloemfontein en Dewetsdorp in 'n skermutseling met sowat 15 gekleurde verkenners dood
.

 Bethulie.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte