Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Geskiet 4 dae n hy gevang is.

Jopie Fourie

Josef Johannes (Jopie) Fourie is op 27 Augustus 1878 in die distrik Pretoria gebore.

Tydens die mislukte Jameson-inval n belangrike voorteken van die dreigende Boereoorlog wat in 1899 sou uitbreek het die 17-jarige Jopie onder kommandant Piet Roos gedien. Hy het n sentrale rol in dr. Leander Starr Jameson se oorgawe gespeel toe hy op n perd met n wit vlag na
Jameson se stellings gery het om n brief aan hom te oorhandig.

Tydens die Anglo-Boereoorlog was hy n verkenner en rapportryer en is hy noord van Pretoria gewond en gevange geneem.

N die oorlog het hy by die Burgermag aangesluit en met die uitbreek van die Eerste Wreldoorlog het hy hom by rebelle geskaar wat kapsie gemaak het teen die eerste minister, Louis Botha, en sy kabinet se besluit om Duits­wes-Afrika binne te val om die Britse oorlogspoging te steun.

Fourie, n kaptein in die 13de Berede Skutters, het hom by die rebelle aangesluit sonder om uit die weermag te bedank of sy rang neer te l en is op 16 Desember 1914 saam met sy jonger broer, Johannes Petrus Fourie, en 43 ander rebelle naby Rustenburg gevange geneem. n Veldkrygshof het hom skuldig bevind aan hoogverraad.

Verskeie Afrikanerleiers, onder wie genl. Piet Joubert se weduwee, het daarna alles in die stryd gewerp om sy lewe te red. Genl. Jan Smuts, die destydse minister van verdediging, het egter geweier om enige van die pleitbesorgers te woord te staan.

Op Saterdag 19 Desember 1914 is Fourie in kennis gestel dat hy teen sonsopkoms die volgende dag voor n vuurpeloton sou sterf. Hy is daarna na die Pretoriase gevangenis gebring, waar hy die nag deurgebring het deur te bid en briewe te skryf aan sy vrou, familie, genl. Louis Botha en sy volk.

Een van di aan sy vrou lui soos volg: Aan my dierbare vrou, Susanna Fourie, van haar ou Jopie. Vertrou op die Here, van ganse harte! God sal met ons wees tot ons mekaar weer sien, geliefde!

Die vonnis is om 04:45 die volgende oggend voltrek. Hy was die enigste van die rebelle wat tereggestel is.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte