Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Boervrou hou op sing toe sy hoor blinde muise se sterte is met vleismes afgekap.


Elke oorlog het sy leed, maar daar was darem ook 'n paar ligter oomblikke.
Leandr Hanekom vertel:

In die Krugersdorpse konsentrasiekamp moes die groter kinders in die skool in Engels leer sing, onder meer Three Blind Mice. Dit was vir 'n klein Botha-seuntjie van vyf jaar oud s mooi dat hy heeldag geneul het sy ma
moet dit vir hom sing as die ander skool toe is. "Toe, Ma, Treeblaai, Ma, toe!'' het hy heeldag gekarring.

Sy ma het niks Engels geken nie en het maar gesing soos die outjie vra. Toe hy egter die volgende jaar skool toe gaan, wou sy ma nooit weer sing nie toe sy uitvind wat beteken The Farmer's wife cut off their tails with a carving knife en hoor die Boervrou het die muise se sterte sommer met 'n vleismes afgekap. In Merebank se kamp het die Britse soldate ook maar dikwels alleen en eensaam gevoel. Baie keer is vriendskappe aangeknoop met jong Boeremeisies in die kamp wat in die hospitaaltente gewerk het - sonder enige bybedoelings. 'n Sekere jong Groenewald-meisie het een aand na 'n mev. Fourie se tent gekom en gevra of sy haar babadogtertjie vir 'n wandeling kan neem. Die moe ma was maar te dankbaar en die jong meisie is daar weg met die baba.

Toe sy terugkom, is sy vergesel van 'n jong Britse offisier, wat die baba in sy arms gedra het en met 'n vonkel in sy oog aan mev. Fourie gevra het of hy asseblief tog maar die babatjie kon hou. Sy was so pragtig en is selfs op dieselfde dag as koningin Victoria gebore! Hy sou haar na sy ma in Engeland stuur, waar sy as 'n regte ``lady'' sou grootword, aangesien sy ma slegs seuns het en hy altyd so graag 'n sustertjie wou h. Mev. Fourie het die volgende paar nagte deeglik seker gemaak dat haar tentklappe goed toe was, net ingeval die Engelse offisier dit sou waag om terug te kom en vir homself 'n sustertjie te kom haal. 'n Ds. Theron vertel drie kort staaltjies: Koffie was 'n gewilde brousel en daar was gou 'n chroniese tekort aan egte koffie. Die vroue het koffie van gebrande semels, mielies of selfs witgatboom-wortels gemaak. (Dis waar die Namakwalandse gesegde in die volksmond "Antjie, skink vir die Oompie gat!'' vandaan kom.) Ou Oom Thys Wessels het omtrent van alles wat bokant of onderkant die grond groei koffie gemaak: Van mielies, koring, kafferkoring, ertjies, boontjies, gebrande gedroogde vrugte, vye, aartappels, patats en nog vele meer.

Die mense het hom gewaarsku dat as hy nie nog eendag aan water van al die koffie doodgaan nie, sal dit 'n wonder wees. En waarlik, nie lank daarna nie, is hy ook aan ``die water'' (edeem) dood. Daar was ook vreeslik baie sonbesies in sekere dele. Een aand begin ene oom Kosie, wat toe 'n baba was, meteens geweldig huil en aan sy oor vat. Almal neem aan dis oorpyn, maar niks wil dit laat bedaar nie. Oom Koos du Plessis, een van die vlugtelinge, neem toe warm melk met tabak daarin uitgedruk (die ou oom was 'n groot roker) en gooi dit in die baba se oor, waarna die kind aan die slaap raak. Toe hulle 'n tyd daarna uitspan, l Kosie die middag op sy ma se skoot, met die seer oortjie boontoe. Sy sien iets soos pootjies uitsteek, krap daaraan en trek een van die groot bruin sonbesies, dood en versuip van die melk en tabaksap uit sy oor, en daar is die oorpyn sommer permanent weg.

Hulle het hierdie besies sommer altyd Van Wykskaiings genoem, omdat 'n sekere Van Wyk een aand rens uitgespan gestaan het. In die donker het hulle kaiings uitgebraai. Toe hulle daarvan eet, s hy: ``Mense, maar vanaand is die kaiings besonder lekker!'' Toe hulle die volgende oggend di wat in die pot oorgebly het sien, was die helfte daarvan van die uitgebraaide sonbesies! Die laaste vertelling is van Tant Jannetjie wat die winkels oopgedruk het. Toe die Engelse soldate skielik uit Hoopstad weg is, het genl. Badenhorst van Boshof daar aangekom om te kyk wat nog in die winkels was wat bruikbaar was. Van sy manne het deur die rivier geswem en kiste vol goed soos klere en materiaal gepak. Toe die vroue dit hoor, was hulle baie ontevrede, want hulle s die goed kom die Hoopstadters toe en nie die Boshoffers nie. Sodra die waens kon deurtrek, is die Hoopstadters toe deur die rivier, en het aan die kant van die dorp gaan laer trek. Tant Jannetjie Strauss, vrou van kmdt. Strauss van Bloemhof, was veral gebelg dat Badenhorst al die beste goed in die winkel vir homself en sy mense gevat het.
Terwyl hulle nog die goed verwyder, roep sy al die vroue bymekaar en s: ``Ons laat dit nie toe nie! Kom ons gaan kyk wat daar nog te kry is vir ons.'' Sy was 'n sterk, frisgeboude vrou, met dik arms en het vir niks gestuit nie.
"Volg my,'' het sy ges. Almal is toe agter haar aan.

Daar was vier winkels en voor elkeen het twee manne met gewere gestaan om te keer dat die vroue nie ingaan nie.
By die eerste winkel s sy: ``Ek sal dwars teen die deur druk, en julle almal druk so hard as wat julle kan teen my, totdat die deur oop is.'' Die wagte het sommer so onder die vroue uit padgegee, want wie kan dan vroue van jou eie mense met die geweer keer. En toe ou tante Jannetjie s: ``Druk, susters, druk!'' hoor jy net planke kraak en hulle druk haar met deur en al in die winkel in! Op dieselfde manier het sy met haar fris lyf en die ander vroue agter haar, die ander drie winkels se deure ook laat oopbars en kon hulle vat wat daar nog oor was.
Daar was omtrent niks meer wat bruikbaar was nie, behalwe pakke poeier van verskillende kleure waarmee mure afgewit word. Maar moenie praat hoe het die woedende vroue gelyk van die poeier wat hulle sommer van die rakke af op die grond gegooi het en die houers verder stukkend getrap het nie. Party was half groen, ander weer taamlik geel, en so meer, met verskillende kleure muurverf betakel.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte