Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Koningin het tot die einde omgegee. (Net omgegee oor haar eie terwyl ons vroue en kinders sterf.)

Die graf van koningin Victoria se kleinseun prins Christian Victor in die Pretoria begraafplaas.

Gebroke oor die dood van haar gunsteling-kl
einseun, prins Christian Victor, wat aan maagkoors in die Anglo-Boereoorlog gesterf het.

Britse militÍre militÍre hoofkwartier het reŽlings getref dat prins Christian Victor se lyk na Engeland gestuur word, maar diť reŽlings is deur koningin Victoria met 'n telegram gestop. Christian, of Christel soos sy hom liefdevol genoem het, het die wens uitgespreek dat hy in geval van sy dood tussen gevegskamerade begrawe word. Sy het toegesien dat aan sy laaste wens voldoen word.

Sy graf in die Kerkstraat-begraafplaas in Pretoria het 'n kruis van graniet op wat van die Balmoral-landgoed kom. Op 'n pelgrimstog van sy ma in 1904 is 'n takkie van 'n mirteboom uit Victoria se tuin op sy graf geplant en 'n eikeboom in die park oorkant die begraafplaas. Victoria het in haar joernaal geskryf dat 1900 'n "verskriklike jaar'' was met niks anders nie as hartseer en afgryslikhede van een of ander soort wat voorgekom het en ``die eerste keer het die koningin toegelaat dat 'n nuwe jaar sonder 'n goeie voorneme begin''. `Nog 'n jaar begin en ek voel swak en nie goed nie omdat ek dit hartseer binnegaan.''

Victoria het die beskermvrou van die Guild of Loyal Women of South Africa geword. Diť Engelssprekende vroue het die grafte van die mans versorg wat hul lewe vir die Britse saak gegee het. Dit is interessant om te weet wat die Boervroue van die koningin gedink het. 'n Bejaarde vrou het aan Emily Hobhouse gesÍ: ``As ons koningin, wat self 'n ma is wat ook haar man en kinders verloor, kan weet hoe haar Hollandse onderdane behandel word (in die konsentrasiekampe) en watter verskriklike lyding deur hierdie oorlog veroorsaak word, sal sy nooit toelaat dat dit voortgaan nie.''

Victoria het wys opgetree toe lord Roberts nŠ die inname van Pretoria aan haar 'n kabel gestuur het om te vra oor die groot bronsbeeld wat vir pres. Paul Kruger opgerig gaan word. Die massiewe voetstuk was reeds op Kerkplein gereed. Hy het gevra of haar beeld nie eerder daar geplaas moet word nie, maar Victoria was nie geamuseerd oor die gedagte dat sy in Kruger se ``skoene'' moet staan nie.
Op 81 was haar plig teenoor haar mense en dis al wat vir Victoria saak gemaak het. Sy het medaljes op baie parades aan soldate oorhandig. Dit is aangeteken dat haar oŽ nat was toe sy die Victoria-kruis vir kapt. Ernest Beachcroft Towse aangesteek het wat op 30 April 1900 by Tobaberg in die Vrystaat blind geword het nadat 'n koeŽl agter sy oŽ deur sy kop getrek het.

Victoria het die meeste van die lede van die opperbevel ontvang wat in die oorlog weens verskillende redes terug is Engeland toe. Dit het lord Milner, genl. George White (die held van Ladysmith) en lord Roberts ingesluit. Roberts, met sy flair vir die dramatiese, het die anneksering van die Vrystaat op 28 Mei 1900 aan die kroon bekend gemaak as 'n geskenk aan Victoria omdat dit haar amptelike verjaardag was. Dit was ook haar laaste.

Op haar regte verjaardag op 24 Mei 1900 het sy geskryf: ``Weer keer my ou verjaardag terug, my 81ste! God was baie genadig en het my ondersteun, maar my beproewinge en angste was veelvuldig en ek voel moeg en ontsteld nŠ alles waardeur ek hierdie winter en lente is.''
Hoewel sy moeg en depressief was, het sy steeds hospitale besoek en was by verpleegreŽlings betrokke. Sy het in die besonderhede van die ABO-veldtogte ingegaan en telegramme van gelukwense en simpatie aan haar generaals gestuur. Voor sy dood het sy met Christian gekorrespondeer, asook met die bedroefde ouers van gesneuweldes. Sy het die ongevallelyste eindeloos bestudeer en het 'n spesiale foto-album van gesneuwelde soldate gehad.
Vir Kersfees 1900 het sy 100 000 blikkies sjokolade vir haar soldate in Suid-Afrika gestuur. Sy het self vyf serpe gehekel en aan die veelsydigste manne gegee wat aan die oorlog deelgeneem het.

Beuelblaser John Dunne (14), wat ernstig by Colenso gewond is en huis toe gestuur is, is vereer deur aan haar in Osborne-huis op die Isle of Wight voorgestel te word. Sy het sy beuel, wat hy in die Tugelarivier verloor het, met een met 'n gepaste inskripsie daarop vervang.
Sy het haar ook met die praktiese sy van die soldate se uniforms bemoei wat hulle in die uiterste weerstoestande in Suid-Afrika moes dra en het haar amptelike afkeer uitgespreek van vroue wat na die front gaan. Op 21 Januarie 1901 was sy nouliks by haar bewussyn toe sy aan haar dogter prinses Beatrice vra: ``Wat is nuus van lord Kitchener? Wat gaan deesdae in Suid-Afrika aan?''

Die volgende dag is sy dood. Die "Queen of the High and Narrow Seas'' is in 'n klein seiljaggie na Londen gebring. Op 'n grys winterdag het die begrafnisstoet deur Londen gekronkel wat in pers en swart gedrapeer was. Orkes nŠ orkes het die Dodemars gespeel terwyl groot skares en eindelose straatbelynings soldate toegekyk het. In die St. George-kapel by die Windsor-kasteel was die boodskap voordat sy by Frogmore langs haar geliefde man, die prinsgemaal Albert, ter ruste gelÍ is: ``Forasmuch as it hath pleased Almighty God to take out of this transitory life to His divine mercy the most high, most mighty and most excellent Monarch . . .''

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte