Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Adellikes sterf onder die Boere Kommando.

 

In een van die bloedigste gevegte in die Suid-Vrystaat in die Anglo-Boereoorlog het twee Skotse adellikes, lt.kol. Andrew Murray en kapt. Edward Murray, op die plaas Kwaggafontein in die distrik Zastron gesneuwel toe die kommando van genl. Pieter Kritzinger die slapende kamp van die Lovat Scouts in die nag van 20 September 1901 binne val.

IN die slagting
het 16 Britse soldate gesterf en 26 is ernstig gewond. Party het gesterf terwyl hulle nog onder hul komberse gel het. Andrew Murray, wat in bevel van die Lovat Scouts was, het deur die Boere se vuur gestorm om by die Maxims te kom en die oorlewende soldate te probeer reorganiseer. Hy het met sy gesig na die vyand en met 'n koel deur die hart gesterf.
In die trotse tradisie van die Britse ler was die laaste bevel op sy lippe: ``No surrenders!''

Die geveg op Kwaggafontein was sy 86ste in sy roemryke loopbaan. Hy het talle eerbewyse ontvang vir sy deelname aan die Soedan-veldtog waar hy onder lord Kitchener diens gedoen het.
Hy was die broer en waarskynlike erfopvolger van die graaf van Mansfield.
Die afdeling Lovat Scouts was een van die talle jagkolonnes wat genl. F. Hart langs die Oranjerivier ontplooi het om genl. J.C. Smuts te verhoed om die Kolonie binne te val. Toe Smuts op 4 September die Oranjerivier oorsteek, het die maaste jagkolonnes die jag in die Kolonie gaan voortsit, dog toe Kritzinger in gebreke bly om Smuts te volg, het die Lovat Scouts in die Vrystaat op sy spoor gebly.

Daar is voortdurend jag op Kritzinger gemaak en hy was verplig om sy kommando in kleiner groepe op te breek. Op 20 September het hy met 70 burgers in 'n westelike rigting gevlug terwyl hy deur jagkolonnes agtervolg is. Die Lovat Scouts was nie op volle sterkte nie, aangesien die helfte van hul afdeling na die Kolonie ontbied is toe berig ontvang is dat Dordrecht deur die Boere bedreig word.

Vas onder die indruk dat Kritzinger verder weswaarts sou vlug, het Andrew Murray kamp opgeslaan op die plaas Kwaggafontein 'n entjie wes van Genadeberg in die Elandskloof. Dit blyk dat die enigste wagte wat uitgesit is, op 'n spitskoppie naby die kamp gestasioneer was.
Die goed toegeruste kolonne van die Lovat Scouts was vir Kritzinger 'n baie aantreklike prooi, aangesien sy kommando se voorrade en ammunisie feitlik uitgeput was.
In die pikdonker nag het Kritzinger omgedraai en die Engelse se kamp geruisloos genader. Die twee wagte op die spitskop het wel onraad gemerk, maar in plaas van alarm te maak, het een besluit om na die kamp te loop om hulle te gaan waarsku. Hy het reg teen die Boere vasgeloop en die Boere kon die slapende kamp binnesluip sonder enige waarskuwing.

Binne 'n kwartier was die slagting verby. Die kamp is oorrompel en die Boere het met 'n groot buit aan ammunisie, voorrade en 'n kanon die wyk geneem.
Die dooies is op die Elandskloof begrawe en die ysterkruise op hul grafte was nog tot 1975 sigbaar toe die grafte op Kwaggafontein, asook al die Britse grafte in die distrikte Rouxville en Zastron, deur die Raad vir Oorlogsgrafte opgegrawe en in die Tuin van Herinnering in Aliwal-Noord herbegrawe is. 'n Marmerkruis wat ter gedagtenis van die gesneuweldes op Kwaggafontein opgerig is, is ook na die gedenktuin verskuif. Al die gesneuweldes is in individuele grafte in die gedenktuin herbegrawe met hul name op die gedenkstene. Onder die gedenkstene is ook twee vir lt.kol. en kapt. Murray.

Uit 'n koerantberig in die Northern Post van Aliwal-Noord blyk dit egter dat Britse soldate op 29 September 1901, slegs nege dae n die slagting, vrye geleide aan 'n koets van die Morton Bros. van Aliwal-Noord na die slagveld op Kwaggafontein gegee het. Daar het Morton die oorskot van Andrew Murray in opdrag van die familie in Skotland opgegrawe en in 'n loodkis toegesoldeer, waarna die kis na Skotland verskeep is. Ook Edward Murray se laaste rusplek is nie in die Tuin van Herinnering nie. Die Northern Post het op 14 Oktober 1902, 'n jaar n die slagting, berig dat sy broers van Skotland na Aliwal-Noord gekom het om hul broer se stoflike oorskot op Kwaggafontein te kom haal. Hulle het met 'n loodgieter van Aliwal na die slagveld gereis en die oorskot van hul broer met sy uniform en al in 'n loodkis toegesoldeer.

Op Aliwal se stasie het 'n skare van hulle afskeid geneem en hulle is met die kis terug na Skotland.
Albei Murrays se laaste rusplek word dus verkeerdelik in die gedenktuin in Aliwal-Noord aangetoon. In 1997 het mnr. Steve Watt van Pietermaritzburg met 'n projek begin om die grafte van die 25 000 Britse soldate wat in die oorlog in Suid-Afrika gesterf het, op te teken. Op sy besoek aan Aliwal-Noord is hy gewys op die teenstrydighede rondom die Murray-grafte. N maande lange navrae in Engeland is uiteindelik vasgestel dat Andrew Murray op 'n klein perseel familiegrond agter die kerkie in Scare Palace in Skotland begrawe is, terwyl Edward Murray in die familiekerkhof om Barony Castle in Skotland herbegrawe is.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte