Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Bushveld Carbineers was moordenaars onder Britse vlag.

 

Vroeg in 1901, in die guerrillafase van die Anglo-Boereoorlog, het die Britse bevelvoerder genl. Plumer sy opmars van Pretoria na die verre noorde van die Transvaalse Republiek begin.

Met die besetting van Pietersburg in Maart 1901 kon hy die Boere-kommando's nie baasraak nie en het hy staatgemaak op 'n korps wat gou bekend ťn berug was vir hul bloedlustige moordadigheid, die Bushveldt Carbineers.

Volgens die Times History of the War in South Africa was 'n Joodse hoteleienaar van Pienaarsrivier, Joseph Levy, 'n Britse simpatiseerder, die stigter van die korps. Die spesifieke rede vir die stigting was om die noordelike streke van Transvaal, waar sporadiese guerrilla-aktiwiteite deur die Boere voorgekom het, hardhandig aan Britse gesag te onderwerp.

Dit moes ook dien as 'n teeninsurgensie-eenheid, en die Britse inligtingsdiens in Pretoria het ook grootliks tot die stigting van die korps bygedra.

'n AustraliŽr, maj. R.W. Lenehan, is as bevelvoerder aangestel en nog sewe offisiere, onder wie P. J. Handcock, J.H. Robertson, H.H. Morant, C. Hannam en H. Picton is aangewys. In Junie is P.F. Hunt tot kaptein van die korps bevorder. Daar is geadverteer vir geskikte rekrute en 'n premie is op knap perderuiters en skuts geplaas. Die indertydse aantreklike soldy van 7 sjielings per dag is in die vooruitsig gestel. Die gewone lede van die korps was 660 soldate. Hulle was AustraliŽrs, Britte, Nieu-Seelanders, Duitsers, Kanadese en ook sowat 30 Suid-Afrikaners, die meeste met Afrikaner-vanne.

Die Carbineers het aansluiting gevind by kapt. Alfred Taylor en sy groep. Taylor was 'n Engelsman wat later in RhodesiŽ gewoon het. Hy was in diens van die Britse inligtingsdiens. Die korps het energiek en doeltreffend opgetree en het soms vinnig en met welslae oor groot afstande beweeg, wat telkens tot die gevangeneming van groepe Boere gelei het. Die opperbevelvoerder was lt.kol. F. Hill.

'n Groep Carbineers het in die omgewing van Louis Trichardt by Fort Edward opgetree. 'n Ander afdeling onder Breaker Morant was by Strydpoort gestasioneer. Die Fort Edward-afdeling is later deur Hunt, 'n vriend van Morant, oorgeneem.

Vroeg in Augustus 1901 het Hunt inligting ontvang dat 'n kommando Boere hulle op die plaas Duivelskloof naby die dorp met dieselfde naam bevind het. Op 6 Augustus het hy en sy afdeling daarheen beweeg met die doel om die Boere te verras. Die Boere is met dagbreek aangeval en Hunt en sers. F. Eland het in die skermutseling gesneuwel. Die Boere het hulle hewiger teengesit as wat Hunt verwag het, en die oorblywende korps het na die Berlynse sendingstasie daar naby gevlug en om ondersteuning gevra.

Morant, Handcock en lt. G. Witton het met versterkings opgedaag. Eersgenoemde was geskok en hartseer oor die dood van sy vriend. Toe aan hom vertel is dat Hunt se lyk deur ``die Boere'' van sy klere gestroop en sy liggaam geskend is, was Morant woedend. Niemand het hom egter in daardie stadium meegedeel nie dat 'n Boere-offisier, veldk. Viljoen, wat ook in die skermutseling gesneuwel het, net so van sy klere beroof is en dat ook sy liggaam geskend is.

Dit was allermins die werk van Boere, maar klaarblyklik diť van swart moetiemakers.

'n Manskap, ene Silke, het later in 'n krygshof getuig dat toe die Carbineers die plaashuis binnegegaan het, hulle die lyke van Viljoen en 'n ander Boer daar aangetref het. Albei was sonder klere en die liggame was geskend. Die mening is later uitgespreek dat die liggame van die twee leiers waarskynlik deur swartes vir rituele doeleindes geskend was en dat die klere waarskynlik ook deur diť moetiemakers gebuit is. Dit was wel onder die Boere die gebruik om Britse gevangenes ``uit te skud'' dit wil sÍ klere uit te ruil.

Vol wraakgedagtes het Morant die Boere agterna gejaag en 'n gewonde, J. Visser, gevange geneem.

Volgens die getuienis van lt. Witton het Morant daar en dan besluit om Visser dood te skiet. Daar was hewige woordewisselings oor diť besluit, maar Morant en Handcock was ten gunste daarvan omdat Visser 'n Kakie-baadjie aangehad het.

Morant het op sy berugte ``Rule 303'' (fusillering met 'n .303-geweer) besluit en gesÍ dat die opperbevelhebber van die Britse leŽr, genl. lord H.H. Kitchener, opdrag gegee het dat alle Boere in Kakie-uniforms gefusilleer moes word. Hunt het glo ook van diť opdrag geweet. Visser is daarop summier doodgeskiet. Die laksman was Taylor, wat die bynaam ``Bulala'' (moordenaar) gehad het vanweŽ sy berugtheid om swart burgerlikes te vermoor.

Nog 'n bynaam vir hom was ``Bamba'' (rower), omdat hy swartes se vee geroof het.

Hierdie moorddadigheid op weerlose gevangenes en burgerlikes het gou na talle lede van die korps deurgesyfer. Sommige het waarskynlik aan die Times History se beskrywing voldoen dat baie Britse soldate van ``minderwaardige gehalte'' was. Heelparty was voorheen boemelaars en leeglÍers wat deur die gunstige oorlogsoldy en 'n beloofde oorvloed whisky gelok is om aan te sluit.

Van die korpslede het ook vroue gemolesteer en Frank Eland, wat saam met Hunt gesneuwel het, het in 'n brief vermeld dat sommige lede vir niks sou stuit nie ``hulle sou hul eie moeder beroof en vermoor het''. Die moord op Boerekrygsgevangenes het toe lustig voortgeduur. Op 2 Julie 1901 het ses ongewapende Boere hulle vrywillig oorgegee. Hulle is doodgeskiet. Een van die korpslede, ene Van Buuren, se gewete het hom begin pla en hy het dit met familielede van die vermoordes bespreek. Toe Handcock daarvan verneem, het hy Van Buuren na 'n onbewoonde gebied gelok en hom doodgeskiet. Handcock het by sy terugkoms in die kamp verklaar dat Van Buuren deur Boere doodgeskiet is. Handcock het die korps reeds tevore gedreig dat hy enigeen sou doodskiet wat nie met sy werkwyse saamstem nie.

Op 3 Augustus het Morant opdrag gegee dat agt ongewapende, nie-vegtende Afrikaners doodgeskiet moes word. In die latere krygsverhoor op Pietersburg het hy as verskoning aangevoer dat hy Hunt se dood wou wreek en dat die Afrikaners betrokke sou gewees het by aanvalle op treine. Drie van hulle was egter onderwysers en een 'n plantkweker. Geeneen het ooit aan gevegte deelgeneem nie.

Die moordspoor van die Bushveld Carbineers het egter in Februarie 1902 in die krygshof doodgeloop. Morant, Hancock en Witton is van moord aangekla. Die regter het dit duidelik uitgestippel: ``Die reg om 'n gewapende man te skiet terwyl hy weerstand bied, word erken. As hy egter oorgee, is hy 'n krysgevangene en moet hy as sodanig behandel word.''

Agt Afrikaners is naby die Elim-hospitaal vermoor en 'n Duitse sendeling, eerw. C.A.D. Heese, het van diť misdaad verneem. Hy is deur Morant gelas om die sendingstasie te verlaat. NŠ samesprekings tussen Morant en Handcock het laasgenoemde die sendeling agternagesit en hom en sy bruin metgesel doodgeskiet. Twee Afrikaners en 'n jong seun is op bevel van Morant vermoor, terwyl die korps drie waens waarin Afrikanervroue en -kinders was, aangeval het. Hoewel die vroue geskreeu het dat hulle oorgee, het die korps aanhoudend op die waens gevuur. Twee seuntjies is doodgeskiet en 'n meisietjie gewond.

Die bevelhebber van die Carbineers, Lenehan, was van al hierdie voorvalle bewus, maar het versuim om teen die moordlustiges op te tree. Morant, Handcock, Witton, Picton en Lenehan is deur die krygshof aan moord skuldig bevind. Lenehan is berispe en na AustraliŽ teruggestuur, terwyl Picton oneervol uit die Britse leŽr ontslaan is.

Kitchener was met die uitspraak tevrede, maar het Witton se doodsvonnis na lewenslange tronkstraf gewysig. Morant en Handcock is op 27 Februarie 1902 deur 'n vuurpeloton in Pretoria tereggestel en in een graf in die ou begraafplaas daar begrawe. Uit die getuienis blyk dit dat Morant en Handcock, albei AustraliŽrs, nie baie intelligent was nie. Morant het sy lyf skraal gehou wanneer kwaai gevegte plaasgevind het, terwyl Handcock nie geskroom het om moord te pleeg nie. Dit sal miskien nooit bekend word hoeveel swartes Taylor vermoor het nie en hoeveel beeste hy geroof en na sy plase in RhodesiŽ laat aanjaag het nie.

 

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte