Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Die laaste dae van Boere-regter Hendrik Johannes Hugo.



Diť kaart dui die pad aan wat die Tommies met die swaargewonde kmdt. Hugo van Oorlogsfontein na Bokpoort gevolg het. Hy het op 22 Februarie 1902 daar gesterf nadat die koeŽlwond aan sy keel oopgegaan het. Kmdt. regter H.J. Hugo wat op die jeugdige ouderdom van 22 jaar as regter-te-velde aangestel is.  Drie Boeregeneraals op 22 April 1939 saam by die Hugo monument op Oorlogsfontein, Victoria-Wes, by 'n herdenkingsgeleentheid afgeneem. Genl. Malan staan in die middel. Die ander is onbekend aan die skrywer. Elbie Immelman

OP 'n kliprandjie naby die plaashuis op Oorlogsfontein in die distrik Victoria-Wes staan 'n monument ter gedagtenis aan kommandant regter H.J. Hugo wat teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog daar gewond is. Hy het op 22 Februarie 1902 aan sy wonde beswyk. Hendrik Johannes Hugo, in die omgang bekend as regter Henry Hugo, is op 1 Februarie 1877 op die plaas Lusthof naby Smithfield in die Suid-Vrystaat gebore.

Pas voor die uitbreek van die oorlog het hy uit Europa na Suid- Afrika teruggekeer nadat hy hom in Londen en Nederland as regsgeleerde bekwaam het.

Hugo het hom by die Boeremagte aangesluit en is in 1899 as regter-te- velde van die Hoogeregshof van die Oranje-Vrystaat en sekretaris van die krygsraad aangestel.

As lid van kmdt. Gideon Scheepers se kommando het hy in 1901 aan die stryd in Kaapland in onder meer die distrikte Graaff-Reinet, Beaufort-Wes en Aberdeen deelgeneem. Hy is later as kommandant onder genl. Wynand Malan aangestel en was in bevel van een van die sestien kommando's waarin genl. J.C. Smuts sy drieduisend man skappe verdeel het.

Die kommando's onder aanvoering van genl. Malan het hoofsaaklik in die sentrale Karoo opgetree en was dikwels in die distrikte Beaufort-Wes, Victoria-Wes en Fraserburg in skermutselings met Britse troepe en konvooie betrokke. In diť tyd het patrollies telkens op die plaas Wagenaarskraal, ongeveer 60 km suid van Victoria-Wes, aangekom en daar oornag.

In Februarie 1902 was die kommando van genl. Malan in 'n skermutseling betrokke met 'n Britse kolon tussen Beaufort-Wes en Fraserburg. Hulle het die Engelse oorwin en kon sů hul kosvoorraade en ammunisie aangevul.

Op 17 Februarie, teen sononder, het die goed toegeruste kommando (die meeste van die Boere het twee bandeliers gehad en die perde was in 'n goeie toestand) op Wagenaarskraal aangekom waar hulle oornag het. Wagenaarskraal was 'n bekende skaap- en vakansieplaas uit die poskoets-dae waar reisigers tussen Wellington en Kimberley oornag het. Sedert 1870 is die plaas in besit van die familie MacRobert en diť se nasate boer steeds daar.

Op 18 Februarie omstreeks 5 vm. het die Boerekommando na Oorlogsfontein, die plaas van Dirk Wouter Immelman omtrent 5km daarvandaan, vertrek. Daar het Chrissie Immelman, Dirk se vrou, ontbyt aan die offisiere voort gesit. Terwyl hulle nog rustig geŽet het, het 'n verkenner die huis binnegestorm en aangekondig dat 'n Engelse mag besig was om die rantjies aan die westekant van die plaas te beset. ``Nou ja, gaan donder hulle daaruit'', het genl. Malan se harde stem deur die huis weergalm.

Regter Hugo, wat diť oggend die diensbeurt gehad het, het uit sy stoel opgespring, hom na buite gehaas, sy manskappe byeengeroep en op 'n stywe galop die rant uitgery. Terselfdertyd het 'n Britse kaptein aan die ander kant van die rant uitgejaag en die twee offisiere het mekaar bo-op die rant tromp-op ontmoet ongeveer op dieselfde plek waar die Hugo herdenkingsmonument vandag staan.

Hugo en die Engelsman (sy naam is onbekend) het met hul handwapens op mekaar gevuur en Hugo het 'n koeŽl onder die oog en deur die keel gekry. Die Britse kaptein is in die been gewond en sy perd het elf koeŽlwonde opgedoen. Dit was duidelik dat Hugo nie sy vyand wou doodskiet nie, maar hom net buite aksie wou stel.

Die gevaar het ontstaan dat die erg-gewonde Hugo hom sou doodbloei en hy is inderhaas na die plaashuis op Oorlogsfontein gedra.

Vanaf Wagenaarskraal kon die huismense die geweerskote hoor klap en die geveg op die rantjies sien van waar die stofwolke van die perde se hoewe af opgestyg het soos hulle tussen die bossies en klippe gegalop en gesteier het. Aan die westekant van die plaashuis is later koeŽlmerke gevind.

NŠ die geveg het die Boere van Oorlogsfontein in 'n oostelike rigting teruggeval. Tussen elfuur en twaalfuur daardie oggend het die Britse kolonne by Wagenaarskraal opgedaag.

Die ironie van oorlog word weerspieŽl in die feit dat die familie MacRobert, wat net die vorige aand die Boerekrygers kos en slaapplek gegee het, die volgende oggend gasheer vir die Tommies moes speel.

Die Britse ambulanswa het met vier Britse en twee Boere gewondes by Wagenaarskraal aangekom. Vier swaargewonde perde is van die krale weggelei en met doodskote uit hul ellende verlos.

Nadat kmdt. Hugo die plaashuis binnegedra is, is hy so goed deur die Immelmans versorg dat hy nŠ 'n paar dae in die bed kon regop sit en eet. 'n Britse militÍre dokter het aanbeveel dat Hugo by die Immelmans versorg word sodat hy kon herstel. Maar vir die Britse soldate was hy as offisier 'n te waardevolle krygsgevangene om agter te laat.

Hulle het Hugo op 'n wa gelaai en op 'n stamperige rit in 'n noordelike rigting by Taaiboschfontein oor Stampfontein na Bokpoort gereis, waar hulle oornag het. Bokpoort is 'n poort in die plato waar die sekondÍre pad van Victoria-Wes en Loxton tussen Kwaggashoogte en Kornetskop deurgaan.

Dirk Immelman het die waspoor gevolg en later gesien dat bloed uit die wa gedrup het. Weens die gestamp van die wa het Hugo se keelwond weer aan die bloei gegaan. Hy is op 22 Februarie op Bokpoort dood aan vermoedelik bloedverlies, skok en versmoring. Hugo is op Stampfontein begrawe.

Sy oorskot is in 1904 opgegrawe en op 27 November in die familiekerkhof op Lusthof herbegrawe.

'n Monument ter gedagtenis aan Hugo is 'n week tevore op die kliprantjie op Oorlogsfontein, waar die skermutseling plaasgevind het, onthul. Die verrigtinge is deur genl. Wynand Malan gelei.

In sy dagboek skryf Malan dit is tragies dat so 'n talentvolle, mensliewende, intelligente regsgeleerde en pragtige man op die jeugdige ouderdom van 25 jaar moes sterf.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte