Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Susie Terblanche (geb. Weideman) skryf:



MY vertelling handel oor hoe kinders die Anglo-Boereoorlog ervaar het en hoeveel onsigbare wonde dit op hulle gelaat het. .

Sy skryf: My verhaal is diť van vyf jong Weideman-broertjies en hul enigste sustertjie wat in die oorlog saam met hul ma op 'n plaas gewoon het. Die plaas lÍ noord van Lindley in die rigting van Reitz en is nog in familie-besit. Hul pa was op die oorlogsfront. Die weerlose gesinnetjie se reuse-taak was om uit die gevreesde konsentrasiekampe te bly, om hul besittings te probeer behou en om te oorleef.

Dit was hulle nie beskore om werklik kinders te wees en sorgeloos te speel nie. My pa was een van die vyf. Sy broers was waardige gryskoppe wat ons graag van hul oorlogservaringe vertel het. Ons kon nooit genoeg daarvan kry nie. My ma het baie daarvan vir ons op band opgeneem.

Japie, die jongste van die vyf, vertel: ``Ek was maar baie klein. Ek glo nie ek was al vier nie, maar ek onthou een sekere oggend asof dit gister gebeur het. ``My ma het ons spannetjie bymekaar gemaak en gesÍ ons moet kom kyk. Sy het in die voordeur gestaan en my opgetel sodat ek kon sien. Die Kakies het soos 'n swerm sprinkane op die horison verskyn. Regiment op regiment, ry op ry, het hulle aangekom.

``Ek het nie mooi begryp wat aangaan nie. My ore het gesuis en ek het die doef-doef van my hart gehoor. Hoewel my ma my styf vasgehou het, het angs my beetgepak. Die bulte het soos lugspieŽlings op 'n snikhete somersdag gebewe. Ek het aangevoel dat iets verskriklik verkeerd was.

``Die beklemming wat ek ervaar het, die angs in my kinderhart, het 'n onuitwisbare beeld van die oorlog by my gelaat. Al het ek later toe ek groter was gevaar, ontbering en honger leer ken, was niks weer so vreesaanjaend nie. Vir Dewald, die naasjongste, was die wrede dood van 'n kalfie die grootste skok van die oorlog. Hy vertel: ``Die Kakies het alles doodgemaak, alles op die werf - die eende, die ganse en die hoenders. Bondels vere het deur die lug getrek. Dit was 'n slagting. My ma het gesÍ ons moet in die huis bly en nie kyk wat buite gebeur nie. Maar ek het deur die venster geloer en gesien hoe ons hanskalfie, wat so na aan ons hart was, met bajonette doodgesteek word. Hy het gebrul en gespartel om weg te kom. Daar was baie bloed. Ek wou skree, maar ek kon nie 'n geluid uitkry nie. Ek was naar en kon nie verder kyk nie. Hennie, 'n broertjie wat al 'n bietjie groter was, se herinneringe was: ``Die Kakies het ons huis afgebrand. Ek kon nie begryp waarom hulle dit gedoen het nie. Die rook het deur die dak geborrel. My ma het gesÍ ons moet help uitdra. Ons kon net die nodigste goed red. Daar was 'n chaos. Almal het geskreeu en in- en uitgehardloop. Ons het in donker rook verstik.

Toe die Kakies 'n rukkie padgee, het my ma gesÍ ons moet vlug voordat hulle ons kamp toe neem. Toe laai ons die goed wat ons uit die vuur gered het, op die wa. Ons het vinnig deur die veld gevlug. Ouboet Christiaan was die touleier. Hy was toe al amper tien jaar oud. ``Outa Amos, die getroue ou werker, het die osse hard gedryf. Met die lang ossesweep het hy geklap en op die osse bly skreeu. Die wa is oor miershope, klippe en deur dongas. Dit het die heeltyd gevoel of die wa gaan omval. ``Ek en Christiaan het beurte as touleier gemaak. Wanneer hy te moeg en voetseer geword het, het hy op die wa geklim om 'n bietjie te rus en dan het ek by hom oorgeneem. Ons was albei kaalvoet omdat ons nie meer skoene gehad het nie. Ek was omtrent agt jaar oud. Ek het geweet ek moet net voor my bly kyk. Ek het gedraf en het geweet ek mag nie voor die osse se voete struikel nie. Die osse het agter my geblaas en ek kon hul skerp horings teen my rug voel. ``My ma het skielik geskree dat ons moet stilhou omdat my baba-boetie in die wa hartverskeurend begin huil het. Outa Amos het die briek se slinger agter aan die wa vasgedraai en die wa het tot stilstand gekom. Toe die wa deur die sloot gaan, het my ma se naaimasjien bo-op hom geval waar hy in sy kombersie gelÍ het. My ma het groot geskrik en was bang die baba kry stuipe. ``Eendag voordat ons huis afgebrand is, het die Kakies gekom en ons pakkamer oopgebreek waar ons die koring weggesteek het. Hulle het die sakke uitgeskud en die koring probeer aan die brand steek. Toe die vlamme nie mooi wou vat nie, het hulle met perde die koring in die grond in probeer trap. ``Toe hulle weg is, het ons die halfverbrande korrels uitgegrawe en opgetel. My ma het dit gemaal en koffie daarvan gemaak. Daar was niks anders om te drink nie. Saans kon ek nie aan die slaap raak nie omdat my vingerpunte velaf en bloedbelope was. Voor my het ek net verskroeide koringkorrels in die rooibruin aarde gesien.

``Toe kry ek 'n slim plan. Ek het 'n ou eetlepel gevat en daarmee die fyn korreltjies uit die grond geskep. Die lepel was later skeef weggeslyt. Dit is nog in die familie se besit.

Roelfie was die naasoudste kind. Soms het sy bene lam geword. Dan kon hy nie loop nie. Dis 'n vreemde siekte van die oorlog en van swaarkry, het sy ma gesÍ. In sy vertelling sÍ hy dat die swaarste was die dag toe die Kakies hul huis afgebrand het.

``Ek het gehoor hoe almal skree en hoe die vlamme knetter en kraak. Ek het in my kamer op my bed gelÍ, want my bene was lam. Die rook het deur die plafon gekom en my verskriklik laat hoes. Ek kon byna nie asem kry nie. Ek was alleen en bang en het gedink almal het van my vergeet.

``Christiaan het egter tot my redding gekom. Hy het deur die rook en die vlamme gebreek en my op sy rug getel, hoewel hy nie veel groter as ek was nie. Buite het hy my op die gras neergelÍ. Baie jare later het Oom Roelf nog trane in sy oŽ gekry wanneer hy van diť trauma vertel het.

Daar was op 'n dag 'n hewige geveg op die plaas. Die gewonde burgers is na die opstal gebring waar die kinders se ma hul wonde versorg het. Die kinders moes lakens opskeur om verbande te maak. Hulle mag nie naby die kamer gekom het waar die gewondes gelÍ het nie. Maar hulle kon die gekreun en gekerm hoor. Oral was daar bloed. Een van die burgers het daar gesterf. Hy is onder 'n kombers toegegooi en op 'n draagbaar uitgedra. Die drinkwater by die huis het later opgeraak. Hennie, die gewillige outjie, moes fontein toe hardloop om water te gaan haal met 'n emmertjie. Hy onthou hoe die Kakies op hom geskiet het - koeŽls wat voor in die voetpaadjie vasslaan en koeŽls agter hom. Van omdraai was daar nie sprake nie, want die water was lewensnoodsaaklik. Hy was ook die een wat die burgers se perde altyd moes omruil. Die moeŽ natgeswete verwilderde diere moes afgesaal en koudgelei word. Vinnig 'n vars perd in die kamp vang, toom aansit, saal oorgooi en buikgord vasmaak. 'n Taak wat hy met vreugde vervul het. En nŠ die oorlog, toe dapper burgers vereer is, was Hennie in die ry saam met hardebaarde om ook sy eerbewys te ontvang. Hy was eintlik maar nog net 'n kind, oudgemaak voor sy tyd. Maar sy dapperheid het nie ongesiens verbygegaan nie.

'n Medalje met pres. M.T. Steyn se gesig daarop aan 'n silwerketting om aan die onderbaadjie gedra te word, was my pa, Hennie, se kosbaarste besitting deur die jare. Trotse nasate bewaar dit vandag nog as 'n kosbare kleinood. En op die medalje staan die treffende woorde wat alles sÍ: ``Verwond maar niet met wonden.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte