Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Generaal Manie Maritz. Wat was sy ware motief oor 'n skietstaking oor rugby.



Op 28 April 1902 het genl. Manie Maritz, onder wie se bevel die Boeremagte daar was, n brief aan die Britse bevelvoerder in die dorp gestuur. In di brief het Maritz die Britte tot n voetbalwedstryd uitgedaag.

Dit was 11 jaar nadat die Britse Leeus (die Iere is toe nog nie genooi om saam te toer nie) die eerste keer in Suid-Afrika kom toer het.

Dit was ook kort nadat genl. Jan Smuts uit die noordweste van die Kaap vertrek het om die vredesamesprekings in Transvaal by te woon wat tot die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 sou lei.

Maritz het teenoor ene maj. Edwards, aan wie hy die brief geskryf het, onderneem daar sou van 12:00 tot sononder n skietstaking wees sodat die wedstryd gespeel kon word.

Kol. W.S. Shelton, die Britse bevelvoerder in Okiep, was ten gunste van s n wedstryd, maar sy senior, n kol. H. Cooper, het van Steinkopf, van waar hy Britse magte probeer ontset het, toestemming geweier, skryf prof. Fransjohan Pretorius in sy gesaghebbende boek Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902).

Maritz s nie in die brief of hy na rugby of sokker verwys nie, maar sy seun, die 84-jarige oud-stoeier Manie Maritz, het op sy plaas naby Brits aan Beeld ges sy pa het na rugby verwys.

Pretorius verwys na Ben Bouwer se boek Memoirs waarin di ook s dit sou n rugbywedstryd wees. Bouwer glo die doel van die wedstryd sou wees om as afleiding te midde van die daaglikse gevegte te dien.

Tog het Robert de Kersauson de Pennendreff, wat die brief namens Maritz aan Edwards gaan aflewer en dagboek oor die oorlog gehou het, gemeen die wedstryd was deel van Maritz se taktiek om Okiep in te neem.

Hy het gemeen Maritz was van plan om nadat die skietstaking geindig het n trein gelaai met dinamiet die dorp te laat binnestoom.

Genl. Maritz, wat later n rebelle-leier geword het, is in 1940 in n motorongeluk in Pretoria dood.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte