Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Helena se verhaal.

Helena Catharina du Plessis (my ouma) wat op 11 April 1894 gebore is, was 5 jaar met die uitbreek van die oorlog en 8 met die vredesluiting. Hierdie is haar verhaal, hoewel in verkorte vorm en toegelig uit ander bronne.

Steenbokfontein.

Die verhaal begin op die plaas Steenbokfontein in die Rustenburg-distrik, steeds as plaas bekend onder daardie naam en gele in die huidige Noordwes Provinsie. President Kruger en sy familie het op die aangrensende plaas, Boekenhoutfontein, gewoon. Steenbokfontein het behoort aan die Voortrekker, Pieter Gert Wessel du Plessis van Cradock en sy vrou, Sophia Margaretha Elisabeth, president Kruger se suster, van Bulhoek, Somerset, teenswoordig Steynsburg. Hulle was albei jongmense tydens die Groot Trek en is in 1838 op Potchefstroom getroud. Hy was toe 18 en sy 17. Hulle het 11 kinders gehad. Sy is in 1896 oorlede, dit wil s ses jaar voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog. Die verhaal laat n mens dink, nie aan n Griekse nie, maar n Boeretragedie met as hoofrolspelers Oupa Pieter, Pa Jan en Ma Lenie en hulle agt kinders. Reken daarby ook die
ander familielede op die plaas en in die distrik.

Op Steenbokfontein was daar drie woonhuise naby mekaar gele: Die groot grasdakhuis van Oupa Pieter, die 80-jarige ou Voortrekker en voormalige waarnemende landdros van Rustenburg. Die tweede huis het behoort aan een van sy dogters, Alida, genoem tant Alie, en haar man Willem Grobler, ouers van Piet Grobler wat pres. Kruger oorsee vergesel het en wat later n minister geword het. Die derde huis het behoort aan Pa Jan en Ma Lenie du Plessis. Lenie se oupa aan moederskant, Jacobus Malan en sy seun David Eduard (albei afkomstig van Malangskraal, Oos-Rietrivier, Somerset) sneuwel saam met Piet en Dirkie Uys by Italeni tydens n skermutseling teen die Zoeloes. Pa Jan en Ma Lenie se vier oudste kinders, almal seuns, was op kommando saam met hulle pa. Hulle was Gert, Danie, Louw en Jannie. Die ander kinders was Sophie, Jacobus (Kotie) en Helena wat saam met Ma Lenie die kamplewe ervaar het.


Die verhaal begin waar die opstal verlate en stil is, want vroeg daardie oggend het al die weerbare mans op die plaas, onder andere Jan en sy vier seuns, na skriflesing en gebed opgesaal en by die kommando aangesluit. Die gesinslede het nie geweet of hulle mekaar in hierdie lewe weer gaan sien nie. Die vrouens en kinders wat saam met Oupa Pieter agterbly het, was hartseer oor die afskeid en hulle het besef dat hulle sonder die mans se beskerming alleen op die plaas die boerdery aan die gang moet hou en om sterk te wees ter wille van hulle mans op die slagveld.m
Hulle was bang ... almal was bang! Wanneer daag die vyand op om ook hierdie plaashuise af te brand, die diere dood te maak of te vermink, en die vrouens, kinders en oumense na konsentrasiekampe te neem? Oupa Pieter was hoogbejaard en die uitbreek van die oorlog het hom so hard getref dat hy soos n kind geword het, veral toe sy seuns en skoonseuns almal van die plaas af weg is. Dan was daar ook dik oom Pretorius wat nie kon gaan veg nie vanwe sy swaarlywigheid. Almal het elke nag in tant Alie se huis gaan slaap.

Een oggend kom twee mans aangejaag. Dit was Boererapportryers. Hulle het die Kakies gewaar en jaag toe weg oor die plaas heen. Een vra: Het Tante nie n hoed nie. Myne het afgeval. Toe gryp Ma Lenie haar jongste kindjie, Kassie (twee-en-n-half jaar), se hoedjie en gee dit vir die Boer. Hy was so bly, al was dit te klein. n Week of wat later kom die Kakies op die plaas aan en al die vrouens en kinders vlug na Oupa Pieter se groot grasdakhuis. Die Kakies het niks gedoen nie maar van toe af het die plaasmense voortdurend in vrees en spanning geleef. Elke aand voor slaaptyd is boeke gevat. Die vrouens en kinders op die plaas het mettertyd so aangegroei uit die omgewing dat die huise naderhand almal vol was. Hulle het gevlug voor die Kakies en die aggressiewe swartes. Kassie word toe baie siek en daar was geen raad meer nie. Toe kom Ouboet Gert wat op n geheime sending was, onverwags op die plaas aan. Hy gaan haal medisyne by die sendeling, mnr. Flsh, waarna hy sy reis moes voortsit. Die kindjie is egter na enkele dae oorlede en oom Dik Lou Pretorius en die vrouens het n kissie gemaak en hom na skemer begrawe uit vrees vir die Kakies.

Toe gebeur dit dat n klomp vrouens wie se mans op kommando was, deur die Kakies gevange geneem is en net so in die vlakte afgelaai is. Dadelik word n ossewa gestuur om die haweloses te gaan haal en plaas toe te bring. Onder hulle was die Hollandse mev. Goosje Lampen wie se man n onderwyser was, en haar seuntjie Geert. Goosje word toe summier tante Koos genoem. Op n Sondag kom twee Tommies op die plaas aan. Hulle was baie honger en vra toe kos. n Bord heerlike boerekos word vir hulle gegee. Net toe hulle klaar geet het, spring ses Boere van nrens vandaan van hulle perde af, die Tommies moes hensop en voor die Boere se perde aanstap tot by hulle Kakiekamp. Gerugte oor die gevegte tussen Boer en Brit duur voort, so ook van verslegtende toestande, huise wat aan die brand gesteek word en al die vee en kos wat gebuit word, terwyl ander gerugte lui van die sinnelose doodmaak en verminking van plaasdiere. Op n dag sien hulle rookwolke op die buurplaas. Dit was die huis van tant Emmie Eloff, Ma Lenie se jongste suster. Die Kakies wou by haar weet waar die mans is, hulle het haar nie geglo dat daar geen Boere was nie. Sy kon geen Engels verstaan of praat nie. (Die gebrek aan kommunikasie het waarskynlik dikwels daartoe gelei dat situasies so skeef geloop het.) Die inwoners vlug uit die huis wat toe aan die brand gesteek word. Uit jammerte het n ou Engelsman het egter die bulsak en een kombers gegryp en dit deur die venster gegooi voordat die res verbrand het. Tant Emmie het hom woordeloos met die o bedank. Daardie aand het sy en haar kinders in die stal geslaap met die bulsak, kombers, biltong en meel as hulle enigste besittings.

Een oggend op Steenbokfontein hoor hulle geweerskote en verneem later dat tant Maria van der Merwe van die buurplaas doodgeskiet is toe sy op die stoep uitgekom het om haar man te waarsku teen die Engelse en toe hy haar te hulp snel nadat sy in die bene geskiet is, is hy gevang. Daardie aand het die vrouens haar gaan begrawe. Hulle was bang en hartseer. Etlike weke verloop toe die Engelse weer een oggend op Steenbokfontein aankom. Hulle was heeltemal beserk: vang die hoenders, steek die varke dood, skiet die tarentale in die bloekomboom op die werf dood, smyt al die koring uit en steek dit aan die brand. Al die kos wat Lenie-hulle begrawe het, het hulle oopgegrawe en vernietig. Schultz se winkel is afgebrand en die vrouens moes die betroubaarste swartmense na Saulspoort stuur om noodsaaklike ware by die Jood se winkeltjie te gaan kry. Die Boerevolk se hart was rou en seer en dit was n groot skok om te verneem dat party van hulle eie mense tussen die Engelse beweeg en die vyand van belangrike inligting voorsien het. Die vrouens van die plaas het gebid: Ons sal bid en aanhou bid tot die einde. Die Here sal ons nie verlaat of verstoot as ons Hom in ons nood aanroep en Sy genade afsmeek nie. In hierdie wete het die krag gel. So het dit gebeur dat oom Frans van n buurplaas moes vlug vir die Engelse en tot sy skok sy skoonseun tussen die vyand sien. Hulle het hom vasgekeer, maar hy het ges dat hy nooit sal oorgee nie, waarna hy doodgeskiet is.

Gevang.

Een van die redes waarom die konsentrasiekampe in Maart 1901 ingestel is, was om te sorg dat die vrouens nie meer op die plase kon boer en die krygers van kos, klere en skuiling kon voorsien nie. Dit was baie duidelik op Steenbokfontein dat die vrouens redelik en met die hulp van hulle getroue werkers, op die plaas kon aangaan met die boerdery. Hulle het beskuit gebak, kos voorsien en as die mans hulle gesinne besoek het, skuiling gebied en moed ingepraat om voort te gaan met die oorlog ter wille van hulle volk se vryheid. Een aand daag Pa Jan en Meester Lampen op Steenbokfontein op. Op buurplase het ook n paar mans aangekom. Hoewel die blydskap groot was, was hulle ook vol vrees en kommer dat die Engelse iets sou agterkom. Na middernag word die huis egter deur die vyand omsingel en daar was geen kans op ontvlugting nie. So word Pa Jan en Meester gevange geneem. Uit vrees dat die Engelse die vrouens en kinders ook sou doodskiet, moes hulle oorgee, maar nie
voordat Pa Jan sy geweer stukkend geslaan het nie. Die vrouens en kinders bly toe agter in groot droefheid.

Pa Jan en Meester Lampen is voor die perde uitgejaag tot waar hulle by n groep hensoppers aangesluit het, hoewel hulle krygsgevangenes was. Een van die ou hensoppers wou die twee ompraat om die eed van getrouheid af te l, maar hulle was eerder bereid om weggestuur te word as om so n papbroek en landsverraaier te wees. Pakenham skryf: Kitchener se gevangenes is werklike gevangenes, sombere voetgangers onderweg na die krygsgevangenekampe anders as die Engelse gevangenes wat poedelkaal en blosend met De Wet se komplimente na hul vriende teruggestuur word nadat hulle hul gewere, stewels en klere moes afstaan.

Eendag nadat die vrouens van Steenbokfontein brood gebak het, kom die Kakies op die plaas, aan en eis dat hulle die vars brode moet oorhandig. Hulle neem dit met geweld af en die vrouens hou niks oor nie; gevolglik moes tant Alie die aand vir hulle brood gee om te eet. By n ander Boeretante se huis het n honger Engelsman oor die onderdeur geloer en gevra of sy vir hom iets te ete kan gee. Hy sien vars brood en n bakkie kaaiings op die tafel. Hy vra ewe ordentlik n stukkie brood en s toe: Thank you for your kindness. Terwyl sy die brood vir hom gee, brom sy: Hy kom eet my brood en dan wil hy nog my kaaiings ook h, maar gee nietemin vir die verbaasde Engelsman n paar kaaiings.

Toe kom die tyding dat baie van die vrouens en kinders na kampe geneem word. Onder hulle was Ma Lenie se jongste suster, tant Emmie Eloff wie se huis maande gelede al afgebrand is. Sy en haar vyf kinders is na Mafeking se kamp gestuur. (Volgens bronne is die verdoemendste kritiek deur die Engelse vroue-ondersoekspan oor Mafeking gelewer, met 400 sterfgevalle per maand Oom Douwtjie, Pa Jan se broer en lieflingseun van Oupa Pieter is ernstig gewond en in n Engelse hospitaal op Rustenburg opgeneem. Dit en ook die feit dat Pa Jan gevang en weggestuur is, moes vir Oupa dig gehou word. Oom Jacobus Malan, familie van Ma Lenie is deur die Engelse doodgeskiet toe hy Boerekrygers n kans wou gee om te ontsnap. As 70-jarige het hy alleen weerstand gebied en 12 Engelse raakgeskiet. Hy is egter oorweldig en doodgeskiet.

Die Engelse het al hoe meer vasberade en genadeloos begin optree. Op n dag daag daar egter n groot klomp Boere op Steenbokfontein op. Dit was generaal Kemp se mense. Almal was so bly om weer hulle eie mense te sien en met hulle te praat, en om nuus te hoor. Die Boere het uit die Bybel gelees, gebid en psalms begin sing. Dit het hulle nuwe moed gegee vir die stryd wat nog voorl. Tante Koos s daarop: Och, as de Heere ons nou niet hore, zal Hij ons nooit hore! Hierna het die kommandolede vertrek hoeveel van hulle sou die oorlog oorleef? Oor die sang van die Boere verklaar Winston Churchill dat dit hom yskoud van vrees gemaak het. Hy het homself afgevra: Teen watter mense veg ons? Hulle het die beste saak en di saak is alles ... . Om en by my ouma-hulle was daar altyd ou aia Clara en aia Sarie en hulle broer, outa Kerneels. Hulle was van die Kaapse volk wat Oupa Pieter-hulle op die Groot Trek saamgebring het. Hulle het getrouheid openbaar wat n mens se agting afgedwing het. Outa Kerneels het saam met oom Willem Grobler as agterryer op kommando gegaan, terwyl sy twee susters tuis gebly het en Oupa Pieter help versorg het. Hulle het die familie bygestaan en in hulle vreugde en leed, en ook hulle vrees vir die vyand gedeel. Die vrouens was baie bang vir die kampe wat hulle het gehoor hoe die vrouens en kinders daar sterf en dat mense honger ly. Maar, aan die anderkant, het hulle gevoel: As dit ons gesamentlike lot moet wees, dan is ons nie beter as ander nie, en geen swaarkry en lyding sou te erg wees nie as ons maar ons land kon behou!

Uiteindelik het die gevreesde dag ook vir Steenbokfontein se vrouens en kinders aangebreek. Die Engelse het op die plaas aangekom en hulle beveel om alles in die huis uit te dra, want dit gaan aan die brand gesteek word. Almal help en die kinders is naderhand doodmoeg terwyl die Engelse staan en toekyk. Die helfte van die vrouens word aanges om in die ossewa te klim. Hartverskeurende tonele speel hulle af, veral toe een jong moeder haar seuntjie van twee-en-n-half jaar aan haar ma gee wat agterbly, terwyl sy en haar 10 maande oue dogtertjie weggevoer word na Mafeking se kamp. Almal is magteloos en vol vrees vir die onbekende lot wat op hulle wag. Die huis is toe nie aan die brand gesteek nie, maar die Engelse is daar weg met die dreigement van Next time Hulle moes toe weer die meubels met moeite indra en sommer rond en bont neersit. Dit was maandelange sielkundige oorlogvoering uit die boek. En toe kom die onvermydelike. Die dag wat hulle so gevrees het. Word vervolg!!!

Kamp toe.

Met groot geswaai en lawaai het die Kakie-ruiters aangery gekom. Daar was twee tentlose waens wat vir die groepie bedoel was. Ma Lenie wou nog klere en nodige goed in n kis gooi, maar is verbied en het toe alles in n laken toegeknoop. Haar Bybel en Psalmboek het sy in n doek toegedraai en onder haar arm vasgeknyp en gehoop die vyand sien dit nie. In die huis het die Kakies al die meubels, beddegoed, boeke, alles in die vertrekke op hope gegooi, lampolie daaroor omgekeer en dit aan die brand gesteek. Die vrouens en kinders staan verslae.

Die Engelse beduie dat net Oupa Pieter, twee vrouens en oom Dik Louw op die wa mag klim. Die ander moet stap. Oupa weier en stap langs die wa. Later is hy gedwing om op te klim, anders sou hulle hom skiet. Klein Helena kyk terug en sien die droewige aia Sarie en aia Clara wat hulle agterna staar om alleen op die plaas agter te bly. Die waens ry toe by die groot grasdakhuis en di van tant Alie verby albei in ligte laaie. Die kinders is so bang en vra: Waar gaan hulle nou met ons heen ... wat sal hulle met ons maak? maar kry geen antwoord van die ouer mense nie. Dit is n tydsame reis op n skommelende wa in die skoeiende son. Die kleinvee word saam met die wa aan gejaag, maar di wat te moeg word, word keel afgesny en op n tweede le wa gegooi. Teen sononder word uitgespan en die dooie diere wat die hele dag in die son gel het word oopgesny. Die stank is ondraaglik. Toe kry hulle van die vleis om te kook, maar niemand kon dit eet nie. Oupa Pieter is baie honger, want hy is in die aand gewoond aan n snytjie brood en melk. Lenie stap na n Engelsman toe en vertel hom van Oupa. Hy kyk eers behoedsaam rond en gee toe vir haar n blikkie stroop en n halwe hopbrood, en beduie dat sy dit moet wegsteek. Sy was baie dankbaar, maar Oupa wat nie lief was vir soetgoed nie, eet die broodmtoe saam met swart koffie. Klein Geert Lampen l al, maar Helena sit nog regop. Ma Lenie s hulle moet eers bid en sing. Skielik is daar n groot rooi jagspinnekop teen die seiltjie bokant hulle koppe. Lenie sing nog lustig toe tante Koos gil: Tante Lenie, gij zing nog ... kijk dat beest! skree sy. Geert vlieg vervaard orent: Och Mamma, roep hy berouvol, dit is omdat ik vergeet het om te bidde, en gou staan hy op sy knietjies om te bidde.

Die volgende oggend stap Ma Lenie na die offisier en vra beskerming teen die son en meer ruimte, waarop hulle toe n ekstra wa kry om in te ry. Skielik kom die trek tot stilstand. Toe sien hulle n paar bejaarde Boere-ooms wat gevang is en wat swart koffie en dro brood kry. Die vrouens en kinders op die waens kry die ooms so jammer dat hulle trane in hulle o kry, maar mag niks wys nie. Saggies fluister Ma Lenie: Ek wens my o was Maxims, dan skiet ek al hierdie Kakies! Die waens het weer begin beweeg en die ou grysaards het vermoeid orent gekom en agterna begin stap. Later kon klein Helena hulle nie meer sien nie. Laat die middag kom die trek by Ventersdorp aan waar hulle moet oornag in n winkel wat reeds deur die Kakies gestroop is. n Ou hensopperoom en sy vrou wat saam met die trek was, het die nag in die glaskamertjie-kantoor in die middel van die winkelvertrek geslaap. Die ander vrouens was ontevrede met hulle en Ma Lenie het gespot en ges: Hy is jou waarlik n hensopper en dis seker daarom dat hy nou n glaskamer kry om in te slaap. Daarvandaan vertrek hulle toe na die konsentrasiekamp op Potchefstroom. Duskant die dorp gaan hulle vlak langs n klompie strooise verby. n Groepie swartmense is daar by die pad saamgedrom en toe die wa nader kom, kom een ou swartvrou met n splinternuwe bruin sinktrommel na Ma Lenie toe aan.

Ounooi, vat tog die trommel hulle wil my strooihuis brand en ek het die trommel gekoop, maar nog nie gebruik nie, verduidelik sy haastig en vervolg stadiger: As die Ounooi eendag weer hierlangs verby kom en ek leef nog, kan die Ounooi dit weer vir my gee. Eers was Ma Lenie bang om die trommel te vat, maar die Kakie gee sy toestemming en sy voel skatryk met n besitting wat nie eers hare is nie. Toe ry die waens die onbekende Potchefstroom binne. Dit het gevoel of hulle duisende myle afgel het en nooit weer met dieselfde pad terug sou gaan nie. Ver agter was alles wat dierbaar en bekend was, en hier voor hulle l die drumpel van die onbekende en onsekerheid. Meteens sien hulle duisende wit, ronde tente. Die vrouens het gehuil terwyl die kinders hulle nekke gerek het en wou weet hoe lank n mens kon bly in di goed wat soos miershope lyk.

Eindelik het hulle hul bestemming bereik en traag van die waens afgeklim. Om hulle was daar n see van gesigte van vrouens en kinders met dieselfde hartseer in hulle binneste. Hulle was knaend honger, maar het tesinnig na die boeliebief gekyk. Daar was niks anders nie en om die ergste honger te stil, moes hulle dit noodgedwonge inwurg. Oneetbare klinkers en bief was byna al wat hulle in die kamp sou kry. Baie mense het seer tonge van die bief gekry; ook Ma Lenie wat toe kwalik kon eet. Maar hulle het geen keuse gehad nie. Die suiker
was vol fyn blou-vitrioel. Die kos van die hensoppers was voldoende, terwyl die rantsoene vir veral die bittereinders se vrouens en kinders heeltemal ontoereikend was. Hulle kry toe een tent vir hulle groep wat bestaan het uit tante Koos, Geert, Ma Lenie, Sophie, Kotie en Helena sesstuks. Oupa, Ma Lenie se suster Fya, haar dogtertjie Ellie en klein Pietie wie se mamma na Makefing gestuur is, was in n ander tent. Die twee groepies was saam in kamp nommer 3.

Tante Koos het by die kamphoofde gaan kla oor die ontstellende beknoptheid in die tent en toe het hulle nog n tent gekry: een om te bly en een om te slaap. Die tente het gebewe onder die aanslae van storms en swaar weer en dit het gevoel of hulle onder die blote hemel was wanneer die geweld van donderslae en weerlig so om hulle was. Hulle was waarskynlik gelukkiger as die vrouens en kinders op voorgaande foto. Niemand weet vandag hoeveel van hierdie pragtige rondegesig-Boerekindertjies die kamp oorleef het nie. Die vrouens en kinders het gereeld hulle wasgoed by die rivier gaan was. Dikwels was daar afnemers om fotos te neem. Dan het Lenie vir haar dogter Sophie ges: Trek jou kappie oor jou o my kind ... daar staan al weer n vloek wat ons afneem om met ons die spot te dryf in hulle land (Engeland). Dit was n bittere ervaring om aan die vreemde leefwyse gewoond te raak. Boonop het die droewigheid van daaglikse sterfgevalle en begrafnisse van hulle eie mense, onafskeidbaar deel van hulle lewe geword. Daar was so baie, baie siek mense. By die meeste tente waar jy verbly loop, kon jy net smart en ellende sien.

Toe het ook Oupa siek geword. Sy twee skoondogters het hom versorg en by hom gewaak totdat die dood hom weggeneem het. Die hensopperoom van Ventersdorp het tydens Oupa se siekte sy hulp aangebied, maar Ma Lenie-hulle het dit van die hand gewys, want die oom is n mak-kakie en hulle sal self krag van die Here ontvang vir hulle taak ... ook hir in die vyand se kamp.

Daarna het klein Pietie siek geword en is kort daarna oorlede. Toe het Sophie ernstig siek geword sodat daar gevrees is vir haar lewe. Die groot tent wat as hospitaal gedien het, het soveel vrees by die mense ontlok dat Ma Lenie besluit het om haar self te dokter met homopatiese medisyne wat sy in die kamp by n oom Van den Berg gekry het. Die bottel medisyne van die Engelse dokter het sy in die sand omgekeer. Sophie het geleidelik gesond
geword en daar was oneindige dankbaarheid. Sy was nog nie sterk nie, toe hoor die groepie dat daar n kampfoto van hulle geneem gaan word. Omdat sy nog so swak was, het sy flou geword op pad na die afnemer, maar het later haar kragte herwin en onderstaande foto is toe geneem. Hierna is ook klein Geert hospitaal toe met masels, maar het gelukkig gou teruggekom tent toe. Helena is ook na die sombere hospitaaltent, maar sy het lank daar gebly omdat sy longontsteking opgedoen het. Sy was ernstig siek en swak. Daar was egter n Boeremeisie, Heybrecht Lessing wat n verpleegster was. Snags in die geheim het sy vir die siek dogtertjie ligte beskuitjies gegee as sy so gehuil het van die honger.

Tante Koos wat n toelaag van die Hollandse Konsul ontvang het, het vir Helena n splinternuwe paar blinkleerskoentjies gekoop. Sy was so trots op die skoene, maar kon net daarna kyk want sy was te siek en swak om op te staan. Tog het sy langsaam herstel, hoewel dit baie lank geduur het voordat sy eers weer self kon loop. Op n oggend toe Ma Lenie n sieke besoek het, kom n skoolonderwyseres by die tent aan en skryf Sophie, Kotie en Helena se name op n stuk papier. Hulle moes komende Maandag na die kampskool kom. Ma Lenie was vreeslik kwaad toe sy terugkom en dit hoor. Haar blou o het geblits en sy is agter die teacher aan en haal haar in kamp nommer 4 in. Kyk hier, s sy ontstoke, my kinders se name trek jy hier vlak voor my o dood. My kinders sal nie in my vyand se skool gaan nie. My man is gevang, my oudste seun is gevang, en drie seuns veg nog buite hulle leef miskien nie eers meer nie en om dan hier my kinders in my vyand se skool te sit! Trek dood, s ek trek dood hulle name! Die teacher wou nog die saak probeer red: Ja, Mrs., maar die kinders kan tog nie sonder skool bly nie ...

Myne kan so bly, antwoord Ma Lenie. Ek sal hulle uit die Bybel leer en hulle kan leer skryf as dit vrede is. Die haglike toestand en bittere ontbering het meegebring dat sy n geweldige afkeer in al die vyand se doen en late gehad het. Later het die vrouens, tog nuuskierig, gaan kyk wat by die kwansuise skool gebeur. Al die kinders stap left, right, nes soldate, en nie soos die Boerekinders wat in n ordelike ry staan en die meester stil volg, om
dan na n Psalm en n gebed met die skoolwerk te begin nie, was Ma Lenie se kommentaar. Die kampe was met doringdraad omhein en met le melk- en biefblikke behang. Daar was ook gedurig wagte om die kamp. Ma Lenie moes n permit kry as hulle dorp toe wou gaan. Hulle het ook kerk toe gegaan in hulle eenvoudige, maar skoon en netjiese klere. Sophie het katkisasieklasse bygewoon om lidmaat te word en vir daardie geleentheid het tante Koos vir haar n deftige rok met die hand gemaak. Namate die tyd verloop het, het dit het al hoe moeiliker geword en hoe meer is geloof en uithouvermo op die proef gestel. Maar steeds het hulle gebede sterk en vertrouend gebly ... vertroue dat daar n einde aan die ellende sal kom.

Op n dag kry Lenie n brief van haar suster Emmie in die Mafeking-kamp. Sy skryf dat al vyf haar kinders binne die bestek van een week dood is en dat sy verlam geraak het van die geweldige skok. Haar oudste kind was 13 en die jongste 3. Maandag het twee gesterf, Donderdag twee en Saterdag die jongste en laaste. Hoe groot was die hartseer nie in my ouma-hulle se tent nie. Ma Lenie was baie bedroef het dadelik teruggeskryf om haar suster te
troos met die woorde: Ek bid vir jou vertrou op God. Tant Fya kry n brief van haar dogter uit Mafeking wat skryf dat die babadogtertjie Annatjie dood is. Uit tant Emmie se brief blyk dat n klompie vrouens onder leiding van tant Nelie van Dyk uit die Mafeking-kamp ontsnap en gelukkig by n Boerelaer uitgekom het. Tant Emmie was nog verlam en kon nie saam vlug nie. Die mans was oorstelp van vreugde en wou al die nuus oor hulle gesinne hoor. Toe dit die beurt was van oom Frikkie Eloff, tant Emmie se man, s tant Nelie vir hom: Ja, Frederik, vir almal kon ek gou s, maar vir jou kan ek nie vinnig antwoord nie. Ja, Nelie, s hy, jy weet ek het so n snaakse droom gehad. Ek droom ek kom by ons huis waarvan net die murasie staan. Langs die huis waar die lemoenboom staan, het ek gesien vyf van die takke l afgekap onder die boom en net die stam staan daar. Nou het ek gewonder, is die stam dalk ek of leef my vrou nog?

Ja, Frederik, jou vrou lewe nog, maar julle vyf kinders is kort na mekaar, binne een week dood, deel tant Nelie mee, terwyl oom Frikkie sy kop laat sak. Ma Lenie hoor toe ook dat haar ander suster, Hannetjie Eloff, getroud met Michael Eloff, in n konsentrasiekamp by Pietermaritzburg was. Sy met haar vyf dogters en seuntjie, Frederik, was meer as veertien maande in die kamp. Haar man is gevang en na Ceylon gestuur. Een van haar seuns was n krygsgevangene en drie op kommando. Sy was n gegoede vrou want haar man was n vooruitstrewende boer met plase by Rustenburg en Standerton en sy het daarin geslaag om 700 goue ponde die kamp in te smokkel

Oorgawe.

Gerugte het die kamp bereik dat dit gaan vrede word wat dit ook al sou beteken. Ma Lenie-hulle wou dit nie glo nie en het gehoop en vertrou dat die Boere sou aanhou veg tot die einde. Maar toe die eerste Boerekrygsmanne in die kamp aankom, was daar groot vreugde, maar sy was verslae bot en stil. Diep teleurgesteld: Waarom het hulle nie geveg en aanhou veg nie? Wat help vrede as ons ons land verloor ... ons sou nog meer verduur het as ons
mense net aanhou veg het tot oorwinning! Die ontsettende besef was daar: Ons het ons land verloor alles tevergeefs!! Min het Ma Lenie geweet dat haar drie seuns wat nog tot die laaste geveg het, moedeloos en met gebo hoofde aangestap en met seer harte hulle wapens op Doornkom gaan neerl het. Berigte oor die lyding en sterftes van vrouens en kinders het die dapper, onverskrokke Boer tot halt geroep hom gedwing om die minste te wees. Ja, sommer daarvandaan het hulle koers gekry plaas toe waar hulle alles in puin aangetref het.

Daagliks het daar Boere by die kamp aangekom. En toe hoor Lenie-hulle dat daar van Rustenburg-distrik se mans verwag word. Klein Helena was nog te swak om te loop en het in die tent gebly. Haar broers Danie en Louw het haar daar kom groet en sy was byna flou van pure blydskap. Jannie, die jongste broer, het saam met n ander groep gereis en sou later kom. Die broers het vertel dat alles op die plaas verwoes was, maar hulle was vol moed en wou verbeterings aanbring voordat Ma Lenie en die kinders huis toe kom. Al die mans het hard gewerk om hulle huise te herstel, en selfs diegene wat nooit gevang is nie, was ook weer tuis.

Huis toe.

Na wat vir hulle soos n ewigheid in die konsentrasiekamp gevoel het, het die groepie weer die wa bestyg op pad plaas toe. In elke straat van Potchefstroom het die Union Jack gehang. Lenie het anderpad gekyk en sugtend ges: Die Here sal ons nie verlaat nie. Hy is ons Vader en Behoeder en ons onderwerp ons aan Sy wil. Hulle het weer by die strooihuise verby gery, maar dit was verlate. Net die bouvallige mure het daar gestaan en daar was geen ou swartvrou om haar trommel terug te ontvang nie. Die wa was ook ler, want Oupa Pieter en klein Pietie was nie meer daar nie. Die aand het die swartmans wat by die trek was om die groot kampvuur gaan sit en die vrouens en kinders, wat nou met le hande en sommige ook met le harte terugkeer, toegesing. Dit was n baie aandoenlike gebaar en het hulle diep ontroer. Verslae maar dankbaar het hulle Steenbokfontein bereik. Die bejaarde aia Clara het hulle van ver af tegemoet gehardloop. Haar geel gesig was stralend van vreugde trane van blydskap het oor haar wange geloop toe sy hulle groet. Sy het vir Ma Lenie n vleisbord gebring wat sy na die verwoestende brand in die huis ontdek het. Sy was tog so in haar skik dat sy dit veilig kon bewaar, en Lenie het met di erfstuk as enigste besitting, skatryk gevoel.

Op die plaas het baie verander: Oupa Pieter se huis was leeg, verbrand en donker; oom Douwtjie het tydens n geveg omgekom. By oom Fanie Eloff se huis was dit dieselfde: sy vrou Hannie en jongste dogtertjie is in Mafeking se kamp dood en hulle drie dogtertjies was in tant Alie se sorg. Met groot ywer het die Boere probeer herwin wat verlore was. Hulle het riempiestoele en banke gemaak en geruil vir lemoene en ander eetware. Swartvrouens het kleipotte kom verruil en so kon die drinkwater in die huis yskoud gehou word inteenstelling met die warm drinkwater in die kamptente. Sprinz, die ou Jood, het ook sy winkel reggemaak en begin handel dryf. My ouma se broers het hom teen vergoeding gaan help en so kon hulle die nodige lewensmiddele koop. Die broers het mense wat nog osse en koeie gehad het, gaan help ploeg, en in ruil daarvoor weer die osse geleen om hulle eie lande te ploeg. Dit was maar n sukkel-bestaan. Tot hulle groot vreugde keer die mans terug uit die bannelingkampe: Pa Jan uit Ceylon oom Willem Grobler uit Bermuda, oom Fanie Eloff van St. Helena en Ouboet Gert van Shahjahanpur (Indi). Meester is teruggestuur Holland toe. Tante Koos het geld van haar man in Holland ontvang en sy en klein Geert kon toe terugkeer daarheen. Lenie-hulle het die twee geweldig gemis.

Slot.

Met sy terugkeer het Lenie vir haar seun Gert vertel wat met sy goeie vriend, die Hollander Pieter Schuil gebeur het: Die Engelse het hom van verraad beskuldig en ter dood veroordeel. Hy was egter onskuldig en het vooraf alles aan Gert geskryf en die brief aan die Noorwer Ingvald Schrder-Nielsen toevertrou om vir Gert te gee. Nielsen het woord gehou die brief vir Ma Lenie kom gee, maar sy was te bang om dit te hou omdat enigeen wat enige dokumente besit het, summier in die tronk gegooi is. Sy het die brief verbrand, sonder dat Gert dit gelees het. Nielsen was saam met die Boere op kommando, is later gevang en na Bermuda verban. Oupa se huis is opgeknap en ingerig as n skool met Ouboet Gert as onderwyser! Die kinders was verheug om te kon skoolgaan, al was dit op n eenvoudige manier. Thomas van Dyk help toe vir Gert en die kinders leer Hollands, maar toe kom die opdrag dat hulle moes Engels leer. Die Engelse skool van Miss Jerome, n rou Engelse onderwyseres, moes met die Boereskool verenig, maar talle ouers was ontevrede en stuur toe hulle kinders na Meester Venter se privaatskool. Gert het egter goed met Miss Jerome oor die weg gekom; sy het naderhand die kinders begin verstaan en hulle het nogal vir haar lief geword. Een van die liedjies wat hulle geleer het, was vir tant Alie so mooi dat Helena dit byna elke dag vir haar moes sing, met paslike handgebare daarby. Sy kon egter nie die wysie onthou nie, en leen toe sommer die wysie van Psalm 134.

Gert met sy pragtige stem het gesing terwyl Miss Jerome hom op die klavier begelei. Die skoolkoortjie het selfs deelgeneem aan n konsert waar hulle die eerste keer n grammafoon met die groot beuel gesien het. Miss Jerome is getroud met Mr McKay n ou siel wat hier kom veg het en nooit weer na Engeland teruggegaan het nie. In hierdie sonnige land het hulle tussen die Boere gewoon en oud geword voordat hulle albei na jare eers oorlede is.

 

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte