Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Hanskakies skrik groot vir ouma se stoute hanslam.


Mev. Mari Grov skryf, in die Oktober-skoolvakansie het ek as 14-jarige vir 'n kleinneef en -niggie Pieter en Hannie van Wyk op hul ouers se plaas naby Witbank gaan kuier. Die dag n my aankoms het ons na ouma gestap wat op die aangrensende plaas gewoon het.
Terwyl ouma praat - vir my en ander kleinniggie was sy tant Elsie - sien ek sy lyk nog a
ltyd ``kwaai'' met die swart hare styf glad na agter gekam en in 'n bolla vasgesteek.
Pieter vra toe dat sy vir ons van die oorlog, die hanskakie en die stout hanslam vertel.

Ja,'' s tant Elsie, haar o lyk sagter en sy skud van die lag.
Op 'n oggend terwyl ek en ou Mina, die bruin huishulp, in die kombuis doenig was, praat ons oor die Boere en die vroue en kinders wat so swaar kry en ons is so hartseer.
So pas het sy 'n kan koffie gemaak terwyl ek 'n bord beskuit op die tafel neersit vir ingeval gaste sou aanry.
Net toe hoor ons die geklop van perdepote. Ek kyk oor die agterdeur - hier het vier Kakies in die vyand se uniform aangekom. Die twee naaste aan die deur spring uit die saal, stap nader en s:`Mre, tante.'
Toe eers herken ek die twee jong broers wat so baie by ons kinders kom kuier het - Boereseuns, ons naaste bure!

Die een s: `Tante, ons is aanges om die huis te kom deurkyk. Ons het van hor gesag verneem tante steek burgers hier weg en voorsien hulle van kos.'
Terwyl ek nog stom van verbasing na die twee kyk, stap hulle aan; hulle ken mos die huis.
By die eerste slaapkamer stap hulle in, slaan die beddegoed valle terug en op hul knie kyk hulle onder die bed in, staan op, pluk die klerekas se deur op. So soek hulle al die vertrekke deur en krap om.
En so kom hulle by die laaste slaapkamer, die deur staan op 'n skrefie oop. Hulle loer in en sien dis stikdonker. Hulle huiwer om in te gaan en s vir my: `Trek oop die gordyne.'
Ek s: `Doen dit self, dis julle wat bang is.'

Behoedsaam trek hulle die een swaar donkergroen gordyn bietjie oop en hulle sien die dubbelbed in die hoek staan. Hulle slaan die beddegoed op, maar kyk nie soos die vorige kere eers onder die bed in nie.
Stadig gaan sit hulle hurkend voor die bed, kyk na mekaar en begin toe woes met die bajonette onder die bed inpomp.
Hulle verbeel hulle daar is iets. Hulle lyk regtig baie gespanne. En toe vlie die erg beseerde hanslam al blrende met 'n onaardse lawaai onder die bed uit en vlug tussen die twee se koppe buitentoe.

Die twee `helde' het sonder 'n geluid agteroor gesak, so uit soos 'n kers.
Ek roep Mina toe om twee groot bekers koue water te bring. Ons gooi die twee se gesigte sopnat. Toe hulle nog begin bykom, proes die een en s kopskuddend: `Wat de duiwel was dit?'
Hulle staan op en die ander een s: ``Ou vrou, hiervoor gaan jy boet.''
Ek gaan na buite en nooi die twee Tommies vir koffie in.
Hulle kom in en neem plek aan die tafel net toe die ander twee bedremmeld uit die slaapkamer kom. Ek nooi hulle toe ook `vriendelik' om te kom sit en eers van die lekker boere koffie en beskuit te geniet, wat hulle toe doen.

Niemand praat 'n woord nie, maar ek kan sien die twee Tommies is dik van die lag. Hulle kon ook maar net raai wat binne aangegaan het.
Ek verdwyn en bespreek iets met Mina. Toe ek terugkom, het hulle ver gevorder met die bord beskuit.
Toe hulle so te s klaar is, stap ek na die hoek van my kombuis, plaas my hande op die ou sanna wat daar staan, maar toe ek die geweer oplig, spring al vier soos een man regop.
Ek s streng :`Sit down! Kyk ,ek sal julle nie nou skiet nie, maar bewaar die Kakie of hanskakie wat weer 'n voet op my plaas sit. Hy sal dan nie vir 'n hanslam skrik nie, maar ek belowe julle ek, tant Elsie, en my ou sanna skiet julle morsdood.'
Ek plaas die geweer terug. Ou Mina dra vier sakkies gedroogde perskes aan en ek gee vir elkeen 'n sakkie.
Hulle bedank ons, groet en daar ry hulle fort, en ons hoor hoe skaterlag minstens twee van hulle.
Ek en Mina het die lam gaan soek, vir hom warm melk gegee, sy wonde versorg en hom vertroetel.''
Tant Elsie s sy was baie dankbaar toe die hanslam n 'n week of wat weer met sy stoutigheid begin het.
Tant Elsie het die res van die oorlog rook van naburige plaashuise gesien en sy het waens langs die grootpad gesien, maar tot heden vandag het sy nooit weer iemand naby haar huis gewaar nie. Seker danksy die stout hanslam.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte