Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Cornelis is vergruis deur 114 koels.

Cornelis is vergruis deur 114 koels. "Kleinbasie" bid totdat Kakies hom kom haal. Die grafsteen van Cornelis Steyn in die Frankfort-begraafplaas.

'n Bejaarde swart man wat daar naby gewoon het, het later aan die vader vertel dat die s
eun nie gaan slaap het nie, maar die "kleinbasie'' dopgehou het - dit was naby sy stroois. Hy het gesien die kleinbasie het altyd gebid en sag gesing, totdat hulle hom daar weggeneem en onskuldig gaan doodskiet het.
Bertie de Jager skryf dat Mev. F.A.W. Naud van Skurwekop, Frankfort, vertel van die wrede dood van haar jeugdige broer, Cornelis Janse Steyn. Hul pa was veldkornet Danil Wynand Steyn, volksraadslid vir Vegkop tot die uitbreek van die oorlog.

Cornelis se gesondheid was swak, hy het nie na die Natalse grens gegaan nie en was nie opgekommandeer nie. Maar nadat die kommando's van Natal teruggekeer het, het hy hom vrywillig aangesluit by die kommando van kmdt. Van Coller van Heilbron. Hy was twee jaar op kommando.
Teen die einde van die oorlog het die kommando's feitlik net gevlug. Klere was skaars en die burgers was genoodsaak om enige soort klere, selfs die Engelse s'n, te dra.

Cornelis het 'n swaar half lengte kakiebaadjie gehad, maar di was te groot vir hom. Gevolglik het hy sy baadjie n die geveg by Groenkop naby Afrikaskop, Kestell, by 'n ander burger verruil vir 'n kleiner baadjie, wat toevallig 'n offisier baadjie was, met kentekens en al.
'n Paar dae n Groenkop se geveg was hy en sy swaer Petrus Naud (Elizabeth se man), swaer George Linde, Klaas Krause, Manie Steyn, Jan Rothman en Jacobus Steyn, sy broer, by Elizabeth en haar suster, Martha Linde, op Vredewerf naby Tweeling, waarheen hulle van Skurwekop af gevlug het.

Cornelis het nog sy ouers op Marseilles (Marsala?) naby Tweeling gaan besoek. Maandagoggend het die groep daarvan vertrek. Die middag is hy gevang, wes van Tweeling nie ver van waar Jackie Theron woon nie.
Hy het met 'n swakkerige perd gery, want hy het sy eie perd op Marseilles gelaat om te rus. Toe hy deur 'n spruitjie wou gaan, wou die perd nie verder loop nie.
Hy het afgespring en gehardloop. Toe hy moeg word, gooi hy eers sy geweer weg, toe die kakiebaadjie, die kos en ander los goed.
Naderhand het die Engelse hom ingehaal en gevang, hom op 'n perd gesit en saamgeneem.

Toe hulle by oom Piet van Rensburg se plaas aankom, vra tant Sannie hom: "Wat maak jy hier by die Engelse, Corneels?''
Toe rol die trane oor sy wange en hy s: "Tant Sannie, gee my bietjie water, asseblief. Tant Sannie moet vir Pa, Ma, broers en susters s: Tot hier gaan dit goed, hoe dit verder sal gaan, weet ek nie.''

Toe gee 'n swart man antwoord: ``Hoe kan jy s jy weet nie? Ons het ges ons sal jou doodskiet.''
Daarna het hulle hom geboei en aan 'n wa vasgemaak - twee dae lank, dag en nag. Die Engelse het hom beskuldig dat hy op Tafelkop (distrik Vrede) 'n offisier met 'n pik sou doodgeslaan het.
Dit was onwaar. Hy was nooit by Tafelkop, waar kmdt. A. Ross geopereer het nie, en hy het nie tot daardie kommando behoort nie. Hulle het ges hy het die offisier baadjie daar bekom, wat onwaar was.
Hy het by die verhoor geen getuienis gehad nie, behalwe 'n medegevangene, 'n Delport, wat verskrik was en nie wou getuig nie.

Cornelis is die Woensdag, twee dae n sy gevangeneming, teen 'n kransie naby Hooggelegen gefusilleer.
By die holtetjie wat hulle gegrawe het en wat as graf moes dien, wou hulle hom blinddoek, maar hy het ges dat hy bereid is om die ewigheid onskuldig met oop o in te gaan.
'n Mev. Van der Merwe wat op die plaas gewoon het, het sy lyk uitgehaal net nadat die Engelse weg was, dit in 'n lang kas geplaas en die vader verwittig.
Die vader, sy seun Koos en George Linde het die lyk gaan haal. Cornelis is vergruis deur 114 koels en 'n sabelsteek dwarsdeur sy lyf. Die sabelwond het oopgevlek gel.

(Die onderbaadjie, die hemp en die nekdoek, met al die gate sigbaar, is deur mev. Naud aan die Oorlogmuseum in Bloemfontein gestuur.)
Van dieselfde kas het die vader 'n kis gemaak en Cornelis is op Marseilles begrawe op sy moeder se verjaardag, 22 Januarie 1902. Die vader het daar 'n monument opgerig.
Sy vader het ges: ``My arme kind het 'n marteldood gesterf.''
Christiaan Weideman het die lyksrede gehou. Die gebeurtenis het die vroue en burgers net vasberade gemaak om met die stryd vol te hou.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte