Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Boere vlug ondanks rivier wat sterk afkom.

Waar vandag die wildtuin Tussen-die-Riviere is, was die afstammelinge van oorgrootvader Simon du Plooy se plase. Omdat hulle langs die Grootrivier grootgeword het, was al die Du Plooys sterk swemmers. Hulle het menigmaal resies oor die vol, sterklopende rivier geswem. As jy jou swem nie geken het nie, was dit verby met jou. Di bate sou Oupa en sy neef Dokkie in die oorlog help ontsnap, skryf Peet Albertse.

Hy s sy oupa Peet du Plooy het vir hom die volgende staaltjie vertel: Oupa en sy neef was op pad terug van Bethulie waarheen die kommandant hulle gestuur het. Teen sononder, in 'n hewige donderstorm, kom hulle op 'n plaas digby die rivier aan. Die huis en skuur was afgebrand. 'n Gedeelte van die skuur se dak het wel ingestort, maar nie gebrand nie. In die skuur was daar heelwat los wol - 'n skeersel wat nie gebaal is nie.

Met die perde buite, onder 'n boom vasgemaak, besluit hulle om daar te oornag. Oupa se geweer val agter die groot hoop wol in en hy besluit om dit daar te laat tot die volgende oggend.
Skemerlig die volgende oggend hoor hulle stemme en die volgende oomblik bars 12 swartes in kakie-uniforms en gewere die skuur binne. Toe die swart soldate hulle gewaar, skree die een: ``Hands up!''

Oupa wou opsluit sy geweer soek, maar oom Dokkie het hom gekeer: ``Los dit, hulle sal jou skiet,'' het hy gewaarsku.
Hulle is voor die geweerlope in die rigting van die rivier geneem en toe al langs die rivier aangejaag. Oupa het vermoed dat hulle na 'n Britse kamp anderkant die rivier geneem en by Aliwal-Noord oor die brug geneem sou word. Toe die soldate later dors word en met hul hande water uit die rivier skep, doen hulle dieselfde. Oom Dokkie loer na hom en wys met sy o na die rivier wat aan't afkom was en sterk geloop het.

Sonder om te aarsel, duik hulle in die rivier en ry onder die water stroom-af. Die soldate het vloekend en armswaaiend langs die rivier gehardloop, 'n paar sarsies op hulle gevuur, maar verniet. Enigiemand wat die Grootrivier (vandag Gariep) ken, sal weet hoe vinnig die stroom is wanneer die rivier afkom. Ongeveer 'n myl verder, toe die soldate die aftog blaas, klim hulle uit en gaan l op die wal - pootuit!

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte