Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


"Te wit" brood laat Engelse op vlug slaan.

Verwarring met 'n witbrood en genl. C.R. de Wet se naam wat die Engelse laat skrik het, vertel Mnr. Hannes du Plessis.

Die volgende het oom Wynand Coetzee aan my vader, Sarel, vertel wat hy in die oorlog op die plaas in die distrik Boshof ervaar het. Oom Wynand was oud en weens swak gesondheid k
on hy nie op kommando gaan nie. In die omstandighede het hy en die tante besluit om op die plaas te bly. Eendag het 'n klomp Engelse onverwags op die plaas aangekom. Oom Wynand en die tante was bevrees en het die ergste verwag, want die kamp kon hul voorland wees.
Die offisier in bevel het gevra waar die Boere is en wanneer hulle laas Boere in die omgewing gesien het. Oom Wynand het geantwoord dat hy nie weet waar die Boere is nie en dat hy lanklaas Boere daar rond gesien het.

Dit het die offisier nie tevrede gestel nie en hy het sy manne beveel om die huis vir wapens deur te soek. Die soldate het in die tuin, nie ver van die huis nie, die perde afgesaal om 'n bietjie te rus, want dit was 'n warm dag. Die soektog na wapens in die huis het niks opgelewer nie. ``It must be somewhere here. Show me your rifles,'' het die offisier gesÍ.
Oom Wynand het besef hy loop op dun ys, maar het die kierie na die doodkis bokant op die solder gewys. Daar was 'n paar gewere in die kis versteek. Die offisier het 'n oomblik onseker na die kis gekyk en net die kop geskud, maar gelukkig dit nie laat oopmaak nie.
"We cannot trust old people like you these days,'' het die offisier gesÍ. Die offisier het elke keer onrustig die rantjies oorkant met sy verkyker verken, terwyl die tante by die bakoond buite met die brood gesukkel het.

"Wynand, moet nie net daar staan nie! Ek weet nie wat gaan vandag met die brood aan nie. Genade, die brood is nog te wit!'' het sy moedeloos uitgeroep.
Wat die offisier gesien of watter afleidings hy gemaak het, weet niemand nie, want die volgende oomblik het hy beangs sy hande geklap, bevele geblaf en na die ander in die tuin laat vat. ``Good heavens! De Wet! Saddle up!''
Oom Wynand en die tante het verstom gestaan. Daar onder in die tuin was dit omtrent 'n deurmekaar spul soos die Engelse rondgeskarrel, halsoorkop opgesaal en in 'n stofwolk weggejaag het met die offisier heel voor.
Nadat die Engelse weg was, het 'n paar vroue met sakke mis oor die rantjies aangeloop gekom. Dit was blykbaar deels wat die offisier gesien het en moontlik die misverstand met die ``te wit'' brood wat die laaste strooi was, want die Engelse moes katvoet vir genl. Christiaan de Wet geloop het.

My oupa P.G. du Plessis is deur die Engelse gevang. Hy was twee weke in die kamp sonder dat sy broer-hulle geweet het. Hulle het 'n week later eers gehoor dat hy weer by sy kommando uitgekom het. Kmdt. Pieter du Plessis en my pa, Sarel, was twee van sy seuns. Hulle is nooit gevang nie.
Pieter het nŠ die oorlog 'n onderbaadjie besit wat aan die sykant deur 'n koeŽl oopgesny was, wat 'n rooi streep aan sy regtersy gelaat het. Hy het ook 'n hoed gehad met 'n koeŽlgat deur die rand. Die hoed, onderbaadjie en 'n medalje is aan die Chris van Niekerk-museum in Boshof geskenk.
My vader het vertel toe hulle wapen by Vereeniging met die sluiting van vrede gaan neerlÍ het, was dit vir hulle 'n hartseer-ondervinding, maar daar was ook rede om te lag. Vroue het dikwels die woorde Hou moed voor op die rand van band van burgers uitgewerk. 'n Britse offisier het nuuskierig aan een van die burgers gevra: ``Please tell me what means that Hou moed?''
"Oh, that means a very long time!'' was die antwoord. Die offisier het net sy kop geskud, omgedraai en geloop.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte