Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Maagkoors trek soldate plat in Bloemfontein.(Stank).


Met die Britse besetting van Bloemfontein op 13 Maart 1900 was daar net 4000 inwoners, maar oornag het nog 40 000 mense bygekom. Die sanitasie was onvoldoende en teen einde Julie het reed
s 2500 aan maagkoors gesterf. Die stank was ondraaglik en Bloemfontein kon kilometers ver geruik word dit is geruik lank voor dit gesien is.

Met die derde slag, by Modderrivier op 28 November 1899, was drie manskappe van die Guards-regiment siek. W.D. Wilson, die geneesheer-generaal, vra dat dr. Tooth van die private hospitaal Langman, wat by die Rondebosch-meent in Kaapstad gestaan het, na hulle moet kom kyk. Tooth diagnoseer maagkoors en hulle word waarskynlik in 'n veldhospitaal opgeneem wat saam met die soldate beweeg.

Daar was 'n aantal veldslae voor die inname van Bloemfontein en die ontberings wat die soldate meegemaak het, was beslis nie bevorderlik vir siekes nie.
Maagkoors was 'n endemiese siekte in die gebied waardeur die soldate beweeg het. Ook was die watervoorraad beperk en nie altyd geskik vir menslike gebruik nie. Dit was somer en die manskappe moes stap van Belmont oor Magersfontein, Paardeberg, Poplar Grove en Driefontein. Die gevolg was dat hulle erg aan ontberings en 'n gebrek aan vars kos gely het.
Baie was siek en moes dringend gehospitaliseer word, maar waar?

In Bloemfontein was net twee hospitale, wat voldoende vir 'n bevolking van 4 000 was, maar oornag was daar al hoe meer mense. Die staatshospitaal was die Volkshospitaal met 270 beddens in Hospitaalweg, nou Andries Pretoriusstraat, en die St. George-cottage-hospitaal in Markgraaffstraat.
Albei kon geredelik maagkoors-pasiŽnte behandel omdat die behandeling toe bestaan het uit slegs bedrus en 'n bepaalde dieet. Geen spesifieke middels was toe in gebruik teen die siekte nie.
Die siek soldate is eers in die veldhospitale opgeneem. Die hospitale was weens lord Roberts se besluit om die osse, perde en waens te verminder om vinniger oor die weg te kom in die agtervolging van die terugvallende Boere, mank aan voldoende voorrade en toerusting.

'n Veldhospitaal het bekend gestaan as 'n 100-bed-eenheid, maar het geen beddens gehad nie. PasiŽnte kon slegs op draagbare of op die grond versorg word. Verpleging deur verpleegsters as sulks was onbekend in die Engelse leŽr. Ordonnanse, of manskappe aan die herstel, moes na die siekes omsien. Baie was self siek aan koors en waarskynlik self siek aan 'n ligter graad van maagkoors, wat hulle ongeskik gelaat het om met ander mense in verbinding te kom.
Sodra dit moontlik geword het om die enkel-spoorlyn van Norvalspont af te gebruik, is sogenaamde ``stationary''-hospitale en algemene hospitale na Bloemfontein vervoer. 'n Algemene hospitaal het uit 520 beddens bestaan, alles in tente en tente vir die geneeshere en ordonnanse wat verpleegdienste verrig het. Daar was enkele verpleegkundiges, maar die Britse leŽrleiding het nog nie tot die besef gekom dat meer verpleegkundiges doeltreffender aangewend kon word nie. Die enkele verpleegkundiges is as toesighouers, ``superintendents'', oor die ordonnanse gebruik.

'n "Stationary''-hospitaal was maar net 'n veldhospitaal wat letterlik vir 'n langer tydperk, 'n paar dae, tot stilstand gekom het. Dit was verwag dat hulle op een of ander manier voorsiening vir beddens vir die pasiŽnte sou maak.
In die veldhospitale was geen linne of slaapklere vir pasiŽnte nie. 'n Siek soldaat met diarree het weke lank in sy kakie-uniform gelÍ. In 'n beltent was 8 tot 10 mense styf teen mekaar gedruk sodat dit feitlik onmoontlik was om tussen hulle te beweeg. Die meeste het slegs 'n enkel kombers gehad om op te lÍ met soms 'n ``waterproof'' daaronder met geen kussings of bÍreplek vir persoonlike besittings nie.
Die sanitÍre geriewe was haglik. Bloemfontein het nie 'n sanitÍre spoelstelsel gehad nie en 'n emmerstelsel was in gebruik wat deur die munisipaliteit se reinigingsafdeling verwyder is.
Kos was ook 'n probleem, sommige hospitale was ``dieted'' en ander ``non-dieted'', daarmee was bedoel dat 'n ``non-dieted''-hospitaal geen kombuisgeriewe gehad het nie en is buite op oop vure gekook, met 'n beperkte hoeveelheid kombuisware.

Om die Volkshospitaal in Hospitaalweg was die Algemene Hospitaal Nr. 9 in 180 beltente. Aanvanklik was daar 520 beddens, maar spoedig het die getal pasiŽnte tot 1 700 gegroei, van wie die meeste maagkoors gehad het. Kos het uit leŽrrantsoene bestaan en is op oop vure voorberei.
Bloemfontein se waterposisie was alles behalwe voldoende. Die hoofbron was die ou fontein in Victoriapark, agter die Presidensie, en waterputte op 'n paar plekke. Die water in die putte was nie geskik vir menslike gebruik nie en moes eers gekook word.
Die water van die Sannasposwaterwerke het al die dorp bereik, maar was nog nie met die uitbreek van die oorlog oral versprei nie. Om sake verder te bemoeilik het genl. C.R. de Wet die waterwerke op Sannaspos vir ses weke afgesny.

Die trekdiere het ook ontsettend gely en daar was baie vrektes onder die osse en muile. Die karkasse moes begrawe word en is oorgelaat aan die swart inwoners wat die Britse mag gevolg het en hul eie kampe digby die Britse kampe opgerig het.
Stof en die vlieŽ het die lewe vir almal versuur. Naby die Volkshospitaal en die Algemene Hospitaal was die perdestalle van die leŽr, die sogenaamde ``remount station'' teen die Bloemfonteinberg (later Naval Hill). Dit was 'n groot bron van vlieŽ. Geen wonder die 9 Algemene Hospitaal is as ``a tented city of pestilence'' beskryf nie.

Verder was daar geen poging tot klassifikasie en dus die moontlike skeiding van die pasiŽnte nie. Siek manskappe het van die transporte wat hulle meestal van die stasie of die kampe gebring het, (ossewaens) gesteier met 'n siekte wat genoem was ``N.Y.D.'' (not yet diagnosed) en 'n ander met ``S.C.F.'' (simple continuous fever) en hulle kon weerskante van 'n maagkoorspasiŽnt in 'n tent beland. NŠ twee maande in Bloemfontein het die Nr. 9-hospitaal nog net 20 verpleegkundiges gehad met 1 700 pasiŽnte. 'n Britse LP, mnr. Burdett-Coutts, was in Bloemfontein einde April en begin Mei in die slegste tyd. Hy het briewe aan die Times geskryf en op 29 Junie 1900 in die Britse laerhuis gepraat, wat die Britte baie geskok het.

Die Romer-kommissie wat hierna aangestel is om oor die behandeling van siekes en gewondes in Suid-Afrika verslag te doen, was op 2 en 3 September 1900 in Bloemfontein om getuienis af te neem. Teen diť tyd was die gevaar van maagkoors al verby nŠ die eerste koue in Junie met die vermindering van die vlieŽ en die verbetering in die waterverskaffing. In Maart en April het die dodetal spoedig gestyg en begrafnisse het elke middag plaasgevind, lyke moes vinnig begrawe word en daar was geen koelkasgeriewe nie. Die enigste begraafplaas was die Presidentsbegraafplaas op die hoek van Kerkstraat en Rhodeslaan. Die stank was ondraaglik. Bloemfontein kon oor 'n groot afstand voordat dit sigbaar geword het, geruik word.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte