Ons Boere se Trotse Geskiedenis.

 

 

Boere Stories en Staaltjies.

 

Die verhaal van J.L·de Villiers.

Die verhaal van J.L. de Villiers se ontsnapping uit 'n Britse krygsgevangenekamp in Indie,
is seker een van die merkwaardigste storie tydens die AngloBoereoorlog.


J.L. de Villiers is in 1871 in die Paarl gebore waar hy sy skoolopleiding aan die Gimnasium Jongenskool ontvang. Na skool begewe hy hornself na Brittanje waar hy as siviele ingenieur opleiding ontvang. Met afloop van sy studies aanvaar hy 'n betrekking as ingenieur in Pretoria. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 word hy deur die ZAR regering opgekommandeer en hy sluit hom by die Boeremagte aan as 'n offisier. In 1901 word hy gevange geneem en na 'n Britse Krygsgevangenekamp in Indie gestuur.
Aankoms in die Kamp.
Op 4 Junie 1901 arriveer J.L de Villiers saarri tpet ongeveer 500 ander Boerekrygsgevangenes aan boord die Britse transportskip "The City of Cambridge", by Madras in Indie. Van Madras is hulle per spesiale trein na Trichinopoly, die kamp waar hulle aangehou sou word, 'n afstand van ongeveer 340 km vanaf Madras. Omdat hulle die eerste krygsgevangenes was wat daar aangekom het, was daar 'n paar fotograwe op die stasie om hulle af te neem. De Villiers skryf oor die verwagtinge van die krygsgevangenes en hul aankoms in die kamp. Ons het die verwagtinge gekoester dat onskamp gelee sou wees in 'n bergagtige  streek begroei met weelderige Indiese plante, waarvan 'n mens dikwels sulke mooi beskrywings in boeke aantref. Wat was dus ons teleurstelling toe ons by die kamp aankom en sien dat die kamptente in 'n uitgestrekte vlakte opgeslaan was, waar juis in daardie tyd van die jaar 'n droee, warm stofwind met groot hewigheid byna die hele dag gewaai het. Boonop was water uiters skaars in daardie streek.


Volgens De Villiers het, hoeweI die gesondheidstoestand van die burgers in Trichinopoly nie ongunstiger was as in die kampe op ander plekke in Indie nie, die ongelooflike warm weer, die gebrek aan water, en die onaangename stofwinde die Iewe uiters onplesierig gemaak. Die, en ander faktore, was van die belangrikste beweegredes agter sy besluit om te
ontsnap.Die meeste van
,ons was gewoon aan die vryheid van die veld en kon maar nie aan hierdie soort lewe gewoon raak nie en nadat ons 'n paar maande in die kamp vertoef het, het 'n paar van die burgers met meer ondernemingsgees begin om planne te beraam om uit die gevangeskap met al sy onaangenaamhede te ontsnap.

Planne om te ontsnap.
Om uit Trichinopoly te ontsnap sou geensins maklik gewees het nie want die kamp was voorsien van 'n dubbele omheining van draad wat tussen albei rye van pale nog ook oorkruis gespan was, en die ruimte op die grond was opgevul met turksvye-en doringtakke. Die kamp is dag en nag bewaak deur 'n groot aantal skildwagte wat op kort afstand van mekaar met gelaaide gewere op wag staan. En daarby nog het die elektriese lampe op hoe pale rondom die kamp dit byna onmoontlik gemaak om in die nag te ontsnap. Om dinge verder te bemoeilik het die Britse regering in Indie ook 'n geldelike beloning van 50 rupees (ongeveer 3 pond in daardie dae) uitgeloof vir enige inligting aangaande ontsnapte krygsgevangenes. Ten spyte van al die teenmaatreels en die gevare verbonde aan so 'n ondememing, het die drang na vryheid twee Boere-offisiere tog laat poog om te ontsnap. Op 26 Desember 1901 het hulle toe wel vrygekom, maar hulle vryheid was van korte duur voor hulle deur die plaaslike bevolking aan kampowerhede uitgelewer is. Dat die drang na vryheid tydens krygsgevangeneskap byna ondraaglik is en enigiets gedoen sal word om dit te herwin, word duidelik deur De Villiers beklemtoon. Geensins ontmoedig deur die mislukte pogings van die ander, het ek ernstig daaroor begin dink om my voorneme om te ontsnap uit te voer. Ek was bereid om enigiets te waag liewers as om nog 'n somer in die kamp deur te bring. Selfs nie die mislukte poging van die twee Boere-offisiere kon hom van stryk bring nie maar die laaste ontsnapping waarvoor twee van ons burgers so swaar gestraf is (56 dae tronkstraf met harde arbeid, met die doel om ander voomemende ontvlugtendes te ontnugter),het ons begeerte om die owerhede tog eenmaal 'n goeie poets te bak versterk. 

De Villiers het egter besluit om aIleen te werk, om so die kanse op mislukking te verminder. Hy het begin beplan, en verskeie planne, dag een minder uitvoerbaar as die ander het by hom opgekom, slegs om weer verwerp te word. Toe het hy een middag aan die volgendem uitstekende, amper ongelooflike, plan gedink. Hy het opgemerk dat die oskar van die
Indierwinkel in die kamp elke middag, met die Indiers agter die kar, by die hek uitgelaat is sonder dat veel aandag daaraan gegee is. Hy het dadelik besef dat hier dalk 'n guIde geleentheid was om te ontsnap, mits hy hornself as 'n Indier kon vermom en saam met
 
die ander agter die oskar kon uitglip. Hy sal egter baie noukeurige voorbereidings moes tref om die plan te laat slaag. Dit was in die eerste plek nodig om uit te vind of die kar en die koelies by die bek nie gevisenteer word nie, of bulle by bulle vertrek 'n pas moes vertoon, en ook of die kar moes wag tot die ander koelies wat in die winkel werk by die bek aankom. En verder moes ek seker maak of die koelies, nadat die winkel gesluit is, elke aand saam met die kar oflater die kamp verlaat.

De Villiers het vir geruime tyd die gebeurlikhede rondom die oskar by die hek dopgehou. Hy het gemerk dat, sodra die kar by die hek aankom die wagte die hek oopgesluit het, selfs al was die Indiers wat nog in die winkel was nie saam nie. Sodra die kar uit was is die groot hek weer gesluit. Die ander Indiers, wat besig was om die winkel te sluit, is 'n paar minute later by 'n klein hekkie uitgelaat. Soms het ook hulle agter die oskar by die groot hek uitgestap. 'n Pas was nie nodig nie en hulle is nooit deursoek nie. De Villiers het geweet dat hy 'n kans op sukses gehad het. Hy sou homself egter moes vermom en voordoen as een van die Indiers wat in die winkel in die kamp gewerk het. Die belangrikste was om die
nodige klere vir sy beplande vermomming in die hande te kry.

Die eerste kledingstuk wat hy in die hande moes kry was 'n turban, 'n dun wit doek wat om die kop gedraai word. Die materiaal vir die turban het hy bekom deur geld aan een van die Indiese bediendes wat hulle gehuur het te gee, met die veronderstelling dat hy dit vir lakens wou aanwend. Omdat hy nie geweet het hoe om die turban te draai nie, het hy weereens die bediende se hulp ingeroep, sonder om hom onraad te laat merk. Ek sou hom wys maak dat ons die turban vir 'n toneelopvoering nodig bet. Elkeen, en dus ook ons bediendes, het geweet dat ons verskeie vereniginge in die kamp gebad het. Hy moes ook 'n lang wit baadjie, soos die wat in groot dele van Indie gedra is, in die hande kry. Hy het sy bediende die laat koop, met die idee dat hy (De Villiers) dit vir hom sou hou sodat hy (die bediende) elke dag 'n skoon een kon aantrek wanneer hy kamp toe kom. 'n Paar krieketskoene, waaryan hy die punte afgesny het, het die mondering
afgerond. Die moeilikste deel was egter om 'n middel te kry waarmee hy homself kon swart smeer. Ek het verskeie proewe gemaak todat ek my toevlug geneem het tot 'n ink waarvan ek 'n klein botteltjie in my besit gekry bet. Die ink was weliswaar 'n bietjie dik en te swart, maar ek bet die beswaar ook uit die weg geruim deur die ink met parafien te meng. Dit was darem nog nie die regte nie. Nadat ek dit op my bande probeer bet, bet dit my voorgekom dat die sweetgaatjies nog te sigbaar en te wit was. Na enige beraadslaginge en verdere proewe bet ek tot die gevolgtrekking gekom dat swartgebrande kurk ook kon gebruik word.


Bo en behalwe 'n vermomming moes de Villiers ook ander voorbereidings tref om sy ontsnapping te laat slaag. Hy moes byvoorbeeld uitvind wat 'n treinkaartjie kos en wat die beste klas was om in te reis want as ek by die stasie, waar die bele personeel uit
  Indiers bestaan 'n tweedeklas reiskaartjie neem, sou ek, in geval so iets nie aan koelies vergun word nie, verplig word om my in 'n gesprek met hulle te wikkel. Op die manier het ek gevaar geloop dat al my planne verraai sou word. Hy moes ook bepaal watter trein en roete die geskikste sou wees om van Trichinopoly weg te kom en na Pondicherry in Franse grondgebied te gaan. Sy plan was om dan van daar 'n skip na Marseille in Frankryk te neem en dan na Brittanje en uiteindelik Suid-Afrika. Hy het ook selfs geleer om sekere name en woorde reg uit te spreek sodat hy nie te veel aandag sou trek nie.

Sukses!!
Na maande se voorbereidings en beplanning het die groot dag uiteindelik aangebreek. De Villiers het besluit om op 10 Maart 1902 sy planne tot uitvoer te bring. Omdat hy nie in die aand na die afteken van die presensielys sou tyd he nie, het hy die middag van die tiende reeds sy hele lyf, behalwe gesig en arms, swart gesmeer. Hy het ook sy gewone klere bo-oor sy Indier vermomming getrek en my skeermes, skeerkwas, 15 tot 20 swartgebrande kurke is alles in orde gesit om dadelik nadat ek die presensieboek geteken het my verder klaar te maak vir my vermomming. Hy het ook met sy vertrouelinge gereel dat hulle die Britse sersant wat rondgegaan het met die presensieboek moet kry om eerste na hulle toe te kom want die volgende aflees van name sou eers teen sesuur die volgende oggend geskied en die owerhede sou nie my afwesigheid voor die tyd kon ontdek nie. Hy sou dan hopelik reeds baie ver op sy ontsnappingsroete gevorder het.


Na die teken van die presensieboek het een van sy vriende sy bokbaard afgeskeer, asook sy snor in die styl wat die Indiers dit gedra het. Een van sy ander vriende het intussen sy hande, arms en gesig swart gesmeer. Sy vermomming was gereed en die tyd om sy planne uit te voer het aangebreek dit was toe omtrent halfsewe. Ek het binne 'n kwartier heeltemal van gedaante verander
. Sy vermomming was so goed dat niemand hom herken het nie ...toe ek by een van die hutte verbygaan, waar die Sersant juis besig was om die name af te lees, hoor ek een van die burgers se: 'Maar, hoor, dit is 'n swart koelie.' Hoewel die aandag van die mense op die manier op my gevestig was, het niemand my herken nie. Dit het my gerusgestel, want ek was seker dat ook die Engelse my vir 'n koelie sou aansien. De Villiers het aangestap en soos beplan die oskar naby die hek ontmoet. Hy moes sorg dat die Indier by die kar hom nie sien nie, en het dus,agter die kai- bly staan toe dit by die hek stilhou. Hy beskryf die res van die ontsnapping.Die hek gaan na die binnekant oop. Die polisiewag het dus met die hek yerby die os gegaan en bly regoor my staan. Dit het egter nie lank geduur nie. Toe die hek oop was, het die kar voortgery, en ek gryp , die kap van die kar asof ek by die kar behoort. Die koelie voorop was te besig met sy os  om op te let wat agter gebeur. Op die manier het ek dus met die kar deur die groot hek gestap. Die kar het links agter die waghuisies afgedraai, terwyl ek langs die grootpad gegaan het, reg tussen die hutte van die Engelse troepe, op die hoofweg na Trichinopoly.

Die details van die res van J.L. de Villiers se suksesvolle ontsnapping is nie relevant nie. Na vele ontberings en 'Ii paar noue ontkomings het hy uiteindelik by Pondicherry op Franse grondgebied aangekom. Hier moes hy amper 6 weke wag voor hy die regte geleentheid gekry het om met 'n Noorse vragskip na Marseille te vertrek. Die seereis was ook nie
sonder voorval nie en was dit nie vir die Noorse kaptein se goedgesindheid nie sou hy waarskynlik in Aden, waar hulle anker gegooi het om kole te laai, deur die Britte gevange geneem geword het. Na 'n reis deur Europa saam met van sy familie, het hy uiteindelik op 2 Desember 1902, aan boord die Britse passasiersboot Norman Castle, in Suid-Afrika
aangekom. Na die oorlog keer hy nie terug na sy ingenieurs betrekking in Pretoria nie, maar vestig hom in die Paarl. Daar tree hy in vennootskap met 'n plaaslike ingenieursfirma en is hy mede-verantwoordelik vir die oprig van die Noorder-Paarl Kerkgebou met die bou waarvan sy firma belas was. As gevolg van 'n kroniese verkoue wat hy tydens die oorlog
gekry het en wat met sy ontberinge in Indie vererger is, het hy 'n ongeneeslike siekte opgedoen. Hy beswyk hieraan in 1910 aan die Paarl in die ouderdom van 39 jaar. Die mondering wat hy as vermomming gebruik het is op uitstalling by die Oorlogsmuseum van die
Boererepublieke
in Bloemfontein. Die verhaal van 1.L. de Villiers en sy ontsnapping uit 'n Britse krygsgevangekamp in Indie is boeiend en vergelyk met van die beste verhale oor soortgelyke ervarings tydens ander
oorloe. Dit is 'n uitstekende voorbeeld van die mens se drang na vryheid en wat hy alles sal probeer en deurmaak om dit terug te kry.



 

Boereoorlog Stories en Staaltjies.

 

 

Boereoorlog Stories, Staaltjies en Gedigte