Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Surrender Hill.

OP 30 Julie 1900 het 4 314 Boere op Oorgaweheuwel (Surrender Hill) op die plaas Verliesfontein naby die huidige Clarens hul wapens neergelÍ. Die Britte het ook 3 veldkanonne, 2 800 beeste, 4 000 skape, 5 500 perde en 2 miljoen patrone in die Brandwaterkom gebuit. Dit was 'n geweldige terugslag vir die stryd teen die Britte.

LORD ROBERTS, opperbevelhebber van die Britse mag in Suid-Afrika, was met sy vertrek in Mei 1900 uit die Vrystaat nie baie bekommerd oor die Vrystaatse mag onder aanvoering van genl. C.R. de Wet nie. Hy het geglo sy mag sou die Vrystaters in bedwang hou.
Einde Mei en begin Junie gebeur egter 'n paar dinge in die veld wat sy houding drasties laat verander. Op 31 Mei verslaan die Vrystaatse mag die Yeomanry naby Lindley. Twee dae later by Swawelkrans, buit De Wet 56 waens wat vir die Engelse in Heilbron bestem was. Op 7 Junie behaal De Wet 'n verdere oorwinning oor die Engelse by Roodewal.
Diť nederlae het Roberts laat besef dat hy 'n fout gemaak het om die Vrystaters te onderskat. Op 14 Junie gee hy uit Pretoria aan sy bevelvoerders opdrag om De Wet teen die berge in die Oos-Vrystaat vas te druk en te vang. Hy het gehoop, maar nooit gedink dat hy binne twee maande amper die helfte van die Vrystaatse mag sou kon vang nie.

Genl. R. Buller moes in Standerton keer dat die Boere noord vlug. Lt.genl. sir L. Rundle, wat 'n sterk verdedigingslyn tussen Winburg, Senekal en Ficksburg beman het, het die suide geblokkeer. Genls. R.A.P. Clements en A.H. Pagel het die Boere van Lindley af oos in die rigting van Bethlehem aangeja.
Lt.genl. sir A. Hunter, wat in bevel was van die dryfjag op die Boere, het van Transvaal via Frankfort en Reitz in die rigting van Bethlehem opgeruk.
NŠ die Slag van Bethlehem op 6 en 7 Julie 1900 het De Wet en die Vrystaters dus eintlik geen keuse gehad as om suid in die rigting van Fouriesburg en die Brandwaterkom te trek nie.
Op 8 Julie 1900 bevind die hele Vrystaatse mag, behalwe hoofkmdt. F.J.W. Hattingh met die Vrede- en Harrismith-kommando wat die bergpasse oppas, hulle in die Brandwaterkom. Ook pres. M.T. Steyn en lede van die Vrystaatse regering was hier.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte