Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Generaal F.J. PIENAAR ons James-Bond.

Kommandant N.J. Grobler, genl. F.J. Piennar en kmdt. H.P. Mostert in Lourenco Marques afgeneem voor hulle vertrek na Portugal in 1901.

Generaal F.J. PIENAAR. Die BOER wat in Russies protektoraat oor Suid-Afrika voorgestaan het.

Die Suid-Afrikaanse regering het pas aangekondig dat diplomatieke betrekkinge met Rusland weer aangeknoop gaan word. Dit laat die gedagtes onwillekeurig terug dwaal na die periode rondom die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) toe daar 'n besonder hartlike verhouding tussen die Russe en die Boere bestaan het en 'n kleurryke Boere generaal selfs van mening was dat 'n Russiese protektoraat oor Suid-Afrika verkieslik was bo Britse oorheersing. Na hierdie generaal is al as die "James Bond van die Boere" verwys.

Maar wie was hierdie avontuurlike generaal?

Francois Jacobus Pienaar is op 21 August 1856 op Fauresmith in die Oranje-Vrystaat gebore. Frans, soos hy genoem is, was die negende van vyftien kinders van Johannes Jacobus Michiel Pienaar (1822-c.1905) en sy eggenote, Adriana Margaretha Joubert (1825-1899). Frans se vader was aanvanklik 'n skaap- en perdeboer op die plaas De Poort, distrik Colesberg, voordat hy teen 1850 na Fauresmith getrek het. Tydens sy verblyf in die distrik Fauresmith was Frans se vader veldkommandant en Volksraadslid van die Oranje-Vrystaat, voordat hy hom teen 1860 in Transvaal gevestig, maar in 1862 na De Poort, distrik Colesberg, teruggekeer het. Genl. J.J. Pienaar (1877-1966), administrateur van Transvaal (1938-1948), was 'n broerskind van Frans Pienaar en P.F. Pienaar, skrywer van Met Steyn en De Wet (Middelburg, 1902) en gevolmagtigde minister van die Unie van SuidAfrika in Lissabon (1939-1946), was sy neef.
Vir sy moeder het Frans Pienaar so 'n groot bewondering gehad dat hy sy familienaam in 1903 na Joubert-Pienaar verander het.

Deelname aan Anglo-Boereoorlog.

In 1885 het die byna dertigjarige Frans Pienaar en sy gesin en sy ouers hulle in Johannesburg gevestig, waar hy verskeie staats betrekkings in die Zuid-Afrikaansche Republiek beklee en later ook kaptein van die Johannesburgse Vrywilligerskorps geword het.

Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in Oktober 1899 het hy met 500 burgers na die oorlogsfront vertrek en hulle was die eerste boere wat 'n Britse trein in Natal buitgemaak het. Twee van sy seuns, Johannes (17) en Ernest (15), het as penkoppe saam met Pienaar aan die slag by Elandslaagte (21-10-1899), onder aanvoering van genl. Ben Viljoen, deelgeneem. Die twee seuns is deur die Engelse
krygsgevangene geneem, maar het na agt maande daarin geslaag om uit die kamp in Simonstad te ontsnap. Ernest is weer gevang en na St. Helena verbano Johannes het die vyand ontduik en na ongeveer twee maande weer by die kommando van sy vader by Bronkhorstspruit aangesluit. Pienaar se eggenote is na die Britse inname van Pretoria (5-6-1900) 'n maand lank in die stad aangehou, maar sy het daarin geslaag om per perdekar met haar jongste kinders te ontsnap en het na agt dae by haar man se laer by Bronkhorstspruit aangekom. Omdat Pienaar hom op die slagveld onderskei het, is hy op 15 September 1900, terwyl sy kommando langs die Oosterspoorlyn was, as veggeneraal aangestel. Toe genl. R.P. Carew en sy Britse troepe die grenspos Komatipoort in September 1900 genader het, het etlike honderde burgers die Mosambiekse grens oorgesteek met die idee om later na Transvaal
terug te keer. In Mosambiek het genl. Pienaar hulle tussen 18 en 22 September 1900 beveel om hulle wapens neer te lŕ, waarna hulle per trein deur die Portugese owerheid na Lourenco Marques vervoer is. Daar is hulle saam met etlike Kolonialers, vreemdelinge wat aan Boerekant geveg het en Boerevroue en -kinders wat uit vrees vir gevangeneming deur die Engelse na Mosambiek uitgewyk het, ge´nterneer.

In Lourenco Marques het die Portugese goewerneur-generaal genl. Pienaar as woordvoerder van die ge´nterneerdes beskou. Op 19 November 1900 het Pienaar die ge´nterneerdes toegespreek en hulle oorreed om hulle aan die Britse outoriteite oor te gee, maar weinig burgers was ten gunste daarvan. Hierdie optrede van Pienaar het spanning tussen hom en die ander boere in Lourenco Marques veroorsaak, wat nog verder verhoog is toe die gerug die rondte gedoen het dat Pienaar nooit behoorlik as veggeneraal aangestel was nie.

Ballingskap in portugal.

Weens onvoldoende huisvesting fasiliteite en 'n dringende koorsepidemie, maar ook onder druk van die Britse regering, het die Portugese owerheid aan die begin van 1901 besluit om nagenoeg 1100 Boere ge´nterneerdes aan boord die Benguella, die Zaire en die Afonso d' Albuquerque na Portugal te verskeep. Pienaar en sy gevolg het saam met ander ge´nterneerdes aan boord die Benguella vertrek. Reeds voor die vertrek van die skip het die Goewerneur-generaal van Mosambiek Pienaar nie meer as die voorman van die Boere erken nie, sodat kmdt. H,P. Mostert as bevelvoerder oor die burgers aan boord die Benguella aangewys is. Pienaar is ten spyte hiervan tog teen die einde van Maart 1901 met volle militere eerbewys in Lissabon verwelkom en deur genl. Almeida Pinheiro na Tomar begelei, waar 'n helde-ontvangs hom en sy gevolg te beurt geval het. Pienaar en dertien ander Boere ge´nterneerdes, onder wie sy vrou en kinders, is in die indrukwekkende Klooster van die Orde van Christus op 'n Heuwel net buite Tomar gehuisves. Hier is hulle besonder goed en vriendelik behandel en het veel vryheid geniet. Hulle grootste klagte was die koue in die klooster gedurende die wintermaande. Met die ander ge´nterneerdes in Abrantes, Alcobaca, Caldas da Rainha, Peniche en Oeiras het Pienaar selde kontak gehad, Die Pienaars is ook nie in Julie 1902 saam met die ander ge´nterneerdes na Suid-Afrika gerepatrieer nie, want hy het verkies om eers in Tomar te bly. Was dit omdat hy vir sy eie landgenote bevrees was? Of was dit - ten spyte van sy optrede in Mosambiek - omdat hy nie daarvoor kans gesien het om onder Britse heerskappy te staan nie? Eers teen 1904 het Pienaar en sy gesin hulle in Angola gevestig, waar sy seuns handelaars en grootwildjagters geword en hy hom vir die verbetering van die werksomstandighede van die arbeiders in die gebied beywer het.

Onderhandelinge met die Russe.

Na die oorlog kon Pienaar hom nie met die Britse oorheersing in Suid-Afrika en die ellende in sy vaderland versoen nie, sodat hy veel vereis en in 1905 weer na Portugal gegaan het order die voorwendsel dat hy oor prospekteer regte in Angola wil onderhandel. In werklikheid was dit die begin van sy plan om met die Russiese regering, in daardie stadium vyandiggesind teenoor Brittanje, kontak te maak. In Februarie 1905 het hy die Russiese gesant inLissabon, A. Koyander, met 'n voorstel genader, wat daarop neergekom het dat opstande deur 'n halfmiljoen swart mense in Suid-Afrika met Russiese wapens en fondse ontketen moes word wat die Britse gesag in die land dermate sou verswak dat 'n blanke rebellie teen Brittanje kon slaag. Dit kon alles gebeur onder die dekmantel van die stigting van 'n maatskappy vir geologiese ondersoek wie se skip wapens na Suid-Afrika kon vervoer,terwyl Pienaar as veehandelaar deur die land kon reis om die nodige ondermyningswerk te doen. Die boere sou volgens Pienaar daarna bereid wees om Russiese beskerming te aanvaar. Pienaar het hierdie plan in die vorm van 'n memorandum aan tsaar Nicolaas II van Rusland voorgelŕ en in die geheim met Russiese diplomate daaroor onderhandel. In St. Petersburg is Pienaar se voorstel gunstig ontvang en hy is versoek om vir verdere onderhandelinge na Parys te gaan. Die Russiese gesant in Parys, A.I. Nelidof, was 'n real is wat nie veel ooghare vir Pienaar se plan gehad het nie, sodat laasgenoemde se James-Bond droom daar doodgeloop het.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte