Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Kaptein Jan “Jo” Joubert.

Die Amerikaanse ambasadeur in Suid Afrika Waldemarch J. Gallman,oorhandig ‘n “DFC with bar”aan Jo Joubert vir dapperheid gedurende dieKoreaanse Oorlog 1952. Jo sou die ekwivalent van vier medaljes vir dapperheid kry. Die Suid Afrikaners was deel van die Amerikaanse 18th Fighter-Bomber Wing, en het daarvolgens vir Amerikaanse dekorasies gekwalifiseer.

Die verhaal van Kaptein Jan “Jo” Joubert, Springbok vlieënier en held van die Koreaanse Lugbrug en die Koreaanse Oorlog Jan Abraham Joubert is gebore op 1 Oktober 1925 in die voormalige huis van President Kruger, in Kerkstraat-Wes, Pretoria. Sy moeder was ‘n nooi Fourie - ‘n niggie van Jopie Fourie, die 1914 Boererebel van die plaas Wildebeesthoek, noord wes van Pretoria. Sy vader was Francois Joubert, ‘n kleinseun van die Eerste Anglo Boereoorlog Generaal, Frans Joubert, die held van die Slag van Bronkhorstspruit. Frans Joubert was die broer van Generaal Piet Joubert, die aanvoerder van die Boeremagte gedurende die Tweede Anglo Boereoorlog.

Francois Joubert was ‘n boer en die jong Jan Joubert het aanvanklik skool gegaan by die plaasskool by Vissershoek noordwes van Pretoria, naby Brits. Hy is later na Pretoria waar hy eers by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria was, voordat die gesin die plaas verkoop het en op die Springbokvlakte in die Waterbergdistrik begin boer het. Sy laaste twee skooljare bring hy deur by Nylstroom Hoërskool. Na skool help hy boer maar hy wou graag deel wees van die Tweede Wêreldoorlog en sluit aan
by die SA Lugmag in 1943. Hy doen aansoek om as vlieënier opgelei te word en sy aansoek slaag.
In daardie jare gebruik die Lugmag steeds Tiger Moths as opleidingsvliegtuie en die opleiding vind plaas by Wonderboom, noord van Pretoria. Hy het ’n natuurlike vliegaanleg, en hy het net ses ure se opleiding nodig voordat hy alleen begin vlieg! Hy is aan die einde van die kursus ook die enigste student om alleen op ‘n nagvlug te kon gaan. Hy word vir verdere opleiding na Standerton gestuur
waar hy in Harvards opleiding ontvang. Teen die einde van 1944 voltooi hy ook die kursus suksesvol en ontvang sy vlerke as vlieënier in die SA Lugmag.

Alhoewel hy nou kon vlieg, moes hy hom steeds as vegvlieënier laat kwalifiseer. Hiervoor word hy na Waterkloof Lugmagbasis gestuur na die Lugmag se gevegsopleidingskool “Service Flying Training School”. Met die voltooiing van sy opleiding as vegvlieënier, kom die einde van die oorlog. ‘n Ware telleurstelling. Hy het hard probeer om op een of ander manier in die laaste deel van die oorlog
betrokke te raak, maar die Suid-Afrikaanse deelname aan die oorlog was iets van die verlede. Om ‘oorlog toe te gaan” sou moes wag. Eers met die Koreaanse Oorlog sou hy sy ideaal kon verwesenlik. Hy word nietemin na 2 Eskader by Waterkloof uitgeplaas. Die Lugmag het baie vlieëniers gehad en stuur hom na Langebaan vir ’n verdere kursus as navigator. Met die voltooiing van die navigasiekursus land hy weer by 2 Eskader by Waterkloof en hier kry hy nogmaals opleiding in lugbewapening. Al hierdie kursusse sou hom later baie handig te pas kom.

Na afloop van die oorlog is Duitsland in vier sektore verdeel. ’n Britse-, Amerikaanse-, Franse- en Russiese sektor sou elk deur een van die geallieerde magte beheer word. So ook sou Berlyn in vier verdeel word. Teen 1948 was die drie sektore van die weste verenig maar die Russe, met hulle kommunistiese ideologie, het geen behae gehad om hulle deel aan die weste oor te gee nie. Toe die weste boonop nog ‘n nuwe geldstelsel (die Deutche Mark) invoer, het die Russe besluit om Berlyn tot Die Suid Afrikaanse kontingent oppad na Berlyn. In Junie 1948 het hulle ‘n totale blokkade van invoere van alle lewensmiddele na Wes-Berlyn begin. Die situasie was krities en ten einde die nood te verlig het die westerse geallieerdes ‘n lugbrug ingestel. Die lugbrug sou later bekend stel as die “Berlynse Lugbrug” (Berlin Airlift). Suid-Afrika was op daardie stadium ‘n gereelde deelnemer aan wêreldsake, en vurig anti-kommunisties daarby. Met die begin van die Lugbrug het die Suid-Afrikaanse regering aangebied om ‘n lugvervoer eskader beskikbaar te stel, om te gaan deelneem. Hulle sou blitsig ontplooi en tot aan die einde van die blokkade deel wees van die operasie. Die eerste ontplooiing het ses maande geduur en toe die plaasvervanger groep vertrek, het Jo gesorg dat hy deel van die groep is. In totaal is
30 man (10 groepe bemanning) ontplooi. In Duitsland is hulle met DC-3’s uitgereik wat aan die Royal Air Force behoort het, maar hulle is as die kontingent van die Suid-Afrikaanse Lugmag ontplooi. Jo is as navigator en hulp vlieënieer saamgestuur. Sy bemanningsgroep van drie het bestaan uit homself, Luitenant Tom Condon en Sersant Ted Benson, as radio-operateur. Die Suid- Afrikaners het saam met die Britte in hulle sektor geopereer. Dit het beteken dat hulle vanaf Lubeck, waar hulle gestasioneer was, in ‘n gang suidoos gevlieg het tot by Berlyn, hulle vrag afgelaai het, en dan weer met ‘n gang wes oor Cellegevlieg het tot in Wes Duitse gebied, noord terug na Lubeck. Die vlugte het op ‘n 24-uur grondslag plaasgevind. Op enige stadium van die dag of nag was daar geallieerde vliegtuie besig met die operasie.

Elke bemanning het met 25 uur tussenposes gevlieg. As jy vandag om 12 uur vlieg, vlieg jy more om 1 uur en die volgende dag om 2 uur ens. ‘n Vlug het sowat drie uur geneem. 20 Vlugte agtermekaar en dan 10 dae af. Met die voltooiing van sy toer het hy 115 vlugte voltooi. Dit was gevaarlike vlugte met bykans geen ruimte vir enige navigasie foute nie. Net buite die ‘gange’ het Russiese vegters gevlieg om enige vliegtuie buite die sektore af te skiet. Alhoewel geen Suid-Afrikaanse vliegtuie of bemanning verloor is gedurende die jaar wat die operasie geduur het, verloor is nie, was dit tog senutergend met die Russe altyd minder as ‘n armlengte weg. Dit was nie net die Russe wat dit gevaarlik gemaak het nie. Die noord Europese winter het gesorg vir moeilike vliegomstandighede met swak weer en swak sig. En dan was daar natuurlik ook die gevaar van tegniese probleme met vliegtuie.

Een oggend, op 9 Julie 1949, met ‘n vlug in die vroeë oggendure, vlieg Jo, Ted Benson en Lt. Condon vanaf Lubeck na die Gatow Lughawe by Berlyn. Op pad in, het die DC3 ‘n ernstige vibrasie in een van die motore ondervind. So erg was die problem dat die enjin afgeskakel moes word. Die weer was ook baie swak met reën, donderstorms en wisselvallige lugdruk. Die vliegtuig het 63 sakke steenkool van omtrent 50kg elk aan boord gehad. Die rader het die vliegtuig te ver na links aangedui het om die aanloopbaan te nader. Hulle was ook nie hoog genoeg om met die swaar vrag weer te probeer nie. Die situasie was kritiek. Lede van die eerste aflos vir die Berlynse Lugbrug by ‘n DC3- Dakota- Lt. Jo Joubert staan op die trappie. Hierdie foto is ook geneem tydens hulle vooraf opleiding in Engeland. Dit is toe dat Lt. Tom Conlon die moeilike besluit geneem het. In sy oorfone het Jo gehoor: “Joey, now you must throw out coal like you have never before!” Met die vliegtuig gevaarlik laag, is dit presies wat Jo en Ted Benson gedoen het. Elkeen het ‘n sak kole gegryp en na die sydeur gestorm. By die deur het Jo die sakke in die donkerte van die nag uitgegooi. Toe storm hulle terug en gryp weer elkeen ‘n sak. Maar die jong Joubert het nie verniet as ‘Spiere’ bekend gestaan nie. Hy het twee sakke gegryp en saam gesleep. By die deur het hy sy twee sakke en die een van Benson uitgegooi. Weer en weer is hulle terug en elke keer het Jo twee sakke saam gesleep. Die die twee se reuse poging het hulle 63 sakke (bykans 3 ton) steenkool binne ses minute uitgegooi. Maar nog was dit nie die einde nie. Met al die krag wat Jo oor gehad het, storm hy voorentoe en val dood moeg tussen die twee sitplekke neer. Maar Condon is so gefokus dat hy dit nie eens raaksien nie. Met Jo se val skreeu Condon “Gear, Joey, gear”. Met sy neus seker nie meer as 15cm weg van die onderstelhefboom nie, was dit nie te moeilik om die “af” hefboom te vind, en om die wiele te laat sak nie. Hy klim terug op die sitplek en gespe homself vas. Condon doen ‘n foutlose landing. Met die vliegtuig veilig geparkeer, is die eerste mense wat hulle verwelkom Majoor Jan Blaauw, die bevelvoerder, en Duncan Ralston. Blaauw was begaan oor die welstand van sy mense.

Die gevolge van die steenkool afgooi was duidelik te sien. Jo het net een skoen oor aanngehad. Die nader een is later in die vliegtuig gevind. Hy het hom verloor in sy stormloop - en val - om betyds by die kontoles uit te kom. Verder was hy en Ted Benson pikswart van steenkoolstof. Hulle twee het afgesit na die waskamers. Hier het ‘n groot Afro-Amerikaner hulle dopgehou en gevra “Where are you from?”.“From Africa”, het Jo hom geantwoord. Terwyl Jo en die groot Amerikaner langs mekaar by die urinaal staan, kyk die Amerikaner hom so en sê “You are white! How come you are not black all over!? You son of a gun, it must be African magic!” Dit sou nie die laaste keer wees dat wit Afrikaan en swart Amerikaners se paaie kruis nie. Die ‘kole’ insident sou nie ongesiens verbygaan nie, en die Royal Air Force se Lugkommandeur Merer, sou op 20 Augustus 1949, ‘n brief van “Spesiale vermelding” vir Jo en die ander twee, aan die Groepkaptein Biggar, bevelvoerder van die Royal Air Force Lugstasie by Lubeck stuur. DC-3’s besig omvrag te af te laai by Gatow-Lughawe.Ook het die storie die SA Lugmag se Ad Astra tydskrif gehaal. Die insident word vermeld in “The candy bombers” wat later die lig sou sien. Een van die sakke het in die voortuin van die Britse Generaal Brian Robertson geval. Hy het die RAF persoonlik bedank vir die lugaflewering van steenkool - wat baie skaars was. As blyk van waardeering het die Duitse regering, met die samesmetling van Oos en Wes Duitsland in 1989, al die oorlewende lede van die Lugbrug uitgenooi om as gaste die vieringe mee te maak.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte