Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Die staking word bloedig onderdruk 1922.

 

Die staking word bloedig onderdruk 1922.

Negentig jaar gelede was Johannesburg in ín staat van oorlog. Vliegtuie het oor stakende wit mynwerkers in Fordsburg gedreun, en in Brixton is verskeie geboue gebombardeer. Mynwerker-kommandoís was die strate vol. Spoorlyne is opgeblaas en polisiekantore aangeval. Stakende hordes op Fordsburg se markplein is onder bomme gesteek onderwyl voetsoldate die plein uit vier rigtings omsingel het.

Dit was die toneel op die hoogtepunt van 1922 se mynstaking Ė een wat drie maande geduur het en eers ontlont is nadat krygswet afgekondig is en 211 mense omgekom het.

Op 6 Maart het die stakers ín optog na die middestad van Johannesburg gehou om hul eise te versterk. Dit het weer tot ín botsing met die polisie gelei.

Vir Smuts was dit genoeg verskoning om nou met alle mag die staking te breek en die stakers aan te val. Die weermagreserwe is gemobiliseer en vrywilligers gewerf. Op 10 Maart is krygswet afgekondig. Smuts het persoonlik die beheer oorgeneem en ín veldtog geloods teen sy eie mense, wat onverbiddelik en genadeloos gevoer is.

Meer as 20 000 troepe, ondersteun deur tenks en selfs vliegtuie, het na Johannesburg opgeruk. Van die stakingsleiers is onkant betrap in hul hoofkantoor by die Trades Hall in Johannesburg en is in hegtenis geneem. Sommiges van hulle, ook lede van die Mynwerkersunie, is geslaan en mishandel in die tronk.

Daar is deur die regering beweer dat die stakers daarop uit was om staatsgreep uit te voer. Die stakers se kommando's het probeer terug veg en wou die polisiestasies van Fordsburg, Aucklandpark en Cottesloe beset. Daarna sou hulle na Johannesburg marsjeer. Ook aan die Oos-Rand het soortgelyke pogings plaasgevind. Die troepe het dit egter verhoed en die polisiestasies ontset. In Benoni is selfs vliegtuie ingespan en het bomme op die dorp gegooi om die stakers uit hul vergaderplekke te jag. Gelyktydig met die lugaanvalle het troepe die dorp straatblok vir straatblok, deur hul superieure wapens en opleiding bevoordeel, verower. Die dorp is omsingel en die stakers is in die markplein vasgekeer en 800 stakers is gevange geneem.

'n Stakerskommando het die strategies belangrike Brixton Rif in die weste van Johannesburg beset, naby aan die werkerswoonbuurte Vrededorp, Brixton, Mayfair, Fordsburg en Cottesloe. ín Ander kommando het die noordwestelike hoek van die Braamfontein begraafplaas beset. Hulle was met gewere bewapen en hul doel was om hul woonbuurte teen ín aanval vanuit die noorde te beskerm. Die regeringstroepe en polisie het hul kwartiere net aan die noordelike kant van die Brixton Rif gehad. Op 11 Maart het ín skermutseling met die stakers plaasgevind, wat tot verliese aan hulle kant gelei het. Die volgende dag het die regeringstroepe gepoog om die posisie van die stakers te verower, maar is veral vanuit die Cottesloe skool onder skoot geplaas en moes vir eers terugtrek. Later is artilleriegeskut en lugaanvalle gebruik. Die bombardering van die skool met mortiere en skerpskutters was te veel om te vat. Gelyktydig daarmee het die voetsoldate die rif bestorm en die stakers uit hul posisies gedryf. 1700 stakers is omsingel en gevange geneem. Die soldate het selfs op burgerlikes in die nabye Vrededorp geskiet.

Fordsburg was een van die sterkste vestings van die stakers. Rondom die markgebou, die stakers se hoofsetel, is verskansings opgerig uit sandsakke, stene, takke en enigiets wat bruikbaar was. Die stakers het hulleself in die geboue geposisioneer om die aanval van die troepe af te weer. Nadat die strategiese Brixton Rif in die hande van die regering geval het, was die pad oop na Fordsburg, nou die stakers se laaste vesting.

In Fordsburg is die stakers nou van alle kante vasgekeer. Troepe het vanaf die noorde, uit Aucklandpark, vanaf die Wes-Rand en vanaf die middestad in die ooste op Fordsburg toegesak. Weerstand aan die Wes-Rand, in Krugersdorp en Roodepoort, is relatief maklik weggevee.

Op 14 Maart het vliegtuie oor Fordsburg gekruis en pamflette afgegooi en swartes, vroue en onbetrokkenes gevra om die gebied te verlaat voor die aanval om 11:00 uur sou plaasvind. Heelwat mense het toe gehoor gegee en Fordsburg in die rigting van Vrededorp verlaat, waar die polisie hulle ingewag het en sommiges, wat as verdag beskou is, in hegtenis geneem het. Die ander is onder haglike omstandighede in kampe aangehou (een by die skougronde en een by die Mayfair skool).

Om 11:00 uur het die kanonne vanaf Brixton Rif die vuur geopen. Skrapnel is gevuur. Gelyktydig het voetsoldate vanaf die Weste en Suide begin inbeweeg. Die geweervuur van die stakers uit hul verskansings het hulle egter gedwing om weer terug te trek. Die kanon en masjiengeweervuur op die stakers se hoofkantoor het egter onverpoosd voortgegaan. Die Transvaal Scottish en Durban Light Infantry het nou weer vanaf die noordelike Brixton Rif ín nuwe aanval geloods en die spoorlyn wat deur Fordsburg geloop het, beset.

Smuts het vanaf ín uitkykpunt die slag dopgehou en die opdragte gegee. Gepantserde voertuie en selfs ín tenk is ingestuur. Intussen het die voetsoldate straatblok vir straatblok onder hewige geweervuur verower en nader aan die markplein, die sentrum van die stakers, beweeg en dit stadig omsingel. Die stakers het egter verbete weerstand gebied en op die soldate vanuit die markgebou en die loopgrawe rondom die markplein geskiet. Om 2 uur die middag was die markplein egter van alle kante omsingel en is met geweer- en mortiervuur bestook. Die stakers kon nie alle kante tegelykertyd verdedig en die Durban Light Infantry het ín aanval geloods en die stakers in die loopgrawe in die Noorde en Weste van die markplein oorweldig. Daarna het hulle die deure van die markgebou oopgebreek. Die verdedigers was egter reeds dood (die leiers Fisher en Spendiff het vermoedelik selfmoord gepleeg toe die situasie uitsigloos was) en die enkele stakers wat nog vanuit ander huise weerstand gebied het, is vinnig bygekom toe die troepe deur Fordsburg gemarsjeer het en die laaste weerstand gebreek het. Die opstand was daarmee prakties beŽindig. Die laaste vorme van weerstand is vernietig en die polisie en weermag het die hele Rand gefynkam op soek na stakers. Die stakers het geen kans gehad om teen die volle geweld van die staatlike militÍre mag te kon bestaan nie. Op 16 Maart, 6 dae na die afkondiging van krygswet, is die staking afgelas.

Die gevolge van die regeringsoptrede was katastrofies. 214 mense is dood, die meeste van hulle stakers. 42 van die wat gedood is, was onskuldige bystanders. Van die stakers wat in hegtenis geneem is, is 18 ter dood veroordeel. Die stakers, wat in die aanval deur die regeringstroepe gedood is, is sommer deur die polisie op onwaardige wyse op die Braamfontein kerkhof in die hoekie vir armlastiges begrawe. Daarmee wou die regering hul minagting vir die stakers wys. Familielede van die oorledenes kon nie eens die grafte van hul geliefdes besoek nie uit vrees vir vervolging deur die polisie. Maar die massagraf het dit in elke geval haas onmoontlik gemaak om oorledenes se grafte op te spoor.

Selfs na die einde van die staking het vervolging van werkers voortgeduur. Die stakers wat agter lemmetjiesdraad in die Wanderers krieketgrond saamgedryf is, is op hoogs twyfelagtige wyse deur die polisie aangekla, sonder dat veel moeite gedoen is om die persoon se werklike skuld te bewys. Dit was die reg van die oorwinnaar, nie geregtigheid wat geskied het nie. 4 jong mans, wat met die staking verbind is, is deur die geheime polisie gearresteer en onder hoogs weersinswekkende omstandighede doodgeskiet. Die polisie het beweer dat hulle wou vlug, maar in werklikheid is die jong mans sonder verhoor tereggestel.

Agtien van die stakingsleiers is ter dood veroordeel, maar by 14 van hulle is die vonnis in lewenslange gevangenisstraf verander. 4 stakingsleiers, Samuel Alfred Taffie Long, Carel Christiaan Stassen, Herbert Kenneth Hull en David Lewis, is op 17 November gehang. Hulle is op die Brixton begraafplaas begrawe. Net die graaf van Taffie Long bestaan nog en het in 1997 selfs Ďn gedenksteen bygekry. Die ander grafte is met die grond gelyk gemaak.

Die mynbase het hul sin gekry. Vir die mynmaatskappye was die meedoŽnlose optrede van die regering ín vrybrief om nou met hul uitbuiting van die werkers onverpoos voort te gaan. Terwyl die goudproduksie van 1920 tot 1925 van 7,949,084 ons tot 9,341,049 ons per jaar gestyg het, het die gemiddelde lone in dieselfde tyd van 485 pond na 375 pond verminder. Na die staking is nog 15,000 blankes afgedank. Die werkers wat gelukkig was om teruggevat te word, moes ín salarisbesnoeiing van ín derde aanvaar. Dit was op die vlak van 1914, terwyl die inflasie gesorg het dat die mynwerkers skaars kon oorleef op die ingekorte salaris.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte