Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


1 Januarie 1902.

1 Januarie 1902.Genl. J.B.M. Hertzog se kommando is by Witwater naby Carnarvon.

2 Januarie 1902. Sowat 950 oudburgers het hulle by die National Scouts aangesluit, terwyl baie nou as gidse en verkenners vir die verskillende Britse kolonnes optree. Hulle ontvang 5 sjielings per dag.

9 Januarie 1902. LORD KITCHENER stuur 'n telegram aan St. John Brodrick, Britse minister van oorlog, waarin hy hom meedeel dat hy binnekort nog 1 000 krygsgevangenes na St. Helena stuur. St John Bridrick wys daarop dat hulle die garnisoen in St. Helena sal moet versterk en dat hulle totdat die kampe in Antigua voltooi is, geen huisvesting vir krysgegevangenes het nie. Kitchener is hoogs onsteld en wys in 'n verdere telegram daarop dat hy geen manier het om die krygsgevangenes in Suid-Afrika aan te hou nie. Hy stel voor dat hulle na Engeland gebring word indien daar geen plek in die kolonies is nie.

26 Januarie 1902. HAMILTON se kolonne wat op die spoor van 'n groep Boere in die omgewing van Ermelo was, kom in die vroeŽ oggendure op 'n Boerelaer by Nelspan af. Die burgers vlug in gietende reŽn in verskillende rigtings.
27 Januarie 1902. GENL. MANIE MARITZ en agt van sy manskappe word deur die plaaslike gemeenskap by Leliefontein aangeval toe hulle die sendingstasie besoek om met die inwoners te praat. Maritz-hulle slaag daarin om te ontsnap.

15 Februarie 1902. DIE ses kolonnes bereik die Lindley-Bethlehem-lyn. Hulle het in die eerste twee dae van die dryfjag net tien burgers gevang.

18 Februarie 1902. GROBLER en Alberts stel 'n lokval vir die Dragoon Guards en Scots Greys by Klippan, suid van Nigel.

23 Februarie 1902.GENL. DE WET breek deur die linie gevorm deur die Nieu-Seelanders by Langverwacht of Kalkkrans, aan Holspruit. Hulle slaan 'n bres waardeur pres. Steyn en die konvooi ontsnap.

24 Februarie 1902.KMDT. MENTZ en die Heilbron-kommando breek deur die Britse kordon by Waaiwater.

2 Maart 1902. DIE oudste burger wat in 'n krygsgevangenekamp oorsee sterf, te wete St. Helena, is die 74-jarige Arnoldus Maritz Meiring van Parys naby Heilbron. Hy het brongitis gehad.
3 Maart 1902. DIE Orange River Colony Volunteers word gestig met oudgenl. Piet de Wet aan die hoof. Die eenheid, wat sowat 400 lede gehad het, het bestaan uit burgers wat hulle oorgegee het.

22 Maart 1902. DIE ZAR se regering kom in Pretoria aan onderweg na samesprekings met die Vrystaatse leiers in Kroonstad.
23 Maart 1902. KMDT. F.W. Myburgh word as generaal van die Vryheid- en Utrecht-kommando aangestel.
Die dryfjag in die Vrystaat bereik Liebenbergsvlei.
Nixon ontdek drie Krupp-kanonne wat in die Renosterrivier gegooi is.
Walter Hoffman van die plaas Bloemtuin, Vrede, word doodgeskiet terwyl hy uit die hospitaal by Bellary, IndiŽ, probeer ontsnap.
24 Maart 1902. DIE Britte begin met kort dryfjagte teen genl. Koos de la Rey se kommando's in Wes-Transvaal. De la Rey en pres. M.T. Steyn slaag daarin om sonder moeite uit die net te ontsnap. Terwyl die moeŽ Britte vir die nag uitspan, slaag genl. Liebenberg se burgers daarin om in gietende reŽn by Renosterberghoek, suid van Hartbeesfontein, deur die linies te glip.
'n Gedeelte van die mag wat aan die dryfjag in die Vrystaat deelneem, verdwaal en land tussen die samevloeiing van die Wilgerivier en Holspruit. Hulle word deur onbegaanbare driwwe afgesny.

28 Maart 1902. DIE beleg van Fort Hendrina word beŽindig toe kol. Colenbrander met 'n sterk mag van Pietersburg opdaag.
'n Ernstige treinongeluk naby Barberton het lewensverlies onder die lede van die 2nd Hampshire Regiment tot gevolg.
31 Maart 1902. DIE Slag van Boschbult, Wes-Transvaal. Lt.kol. G.A. Cookson se soldate behou hul posisies teen 'n hoŽ prys - 27 is gedood en 90 gewond

10 April 1902. 'n DRYFJAG onder aanvoering van lt.genl. Ian Hamilton begin in Wes-Transvaal.
Die aanvalle op die forte by O'Kiep word hervat. Die Boere slinger sonder sukses tuisgemaakte bomme van dinamiet na die forte.

13 April 1902. DIE VRAAG wat nou in Pretoria by die vredesonderhandelinge baie bespreking uitlok, is wie die "volk'' is. Volgens die twee Boereafvaardigings sluit dit alle mense uit wat die eed van neutraliteit en trou onderteken het, asook die National Scouts. Hulle is tegnies Britse onderdane en word dus deur die Britse regering verteenwoordig.
14 April 1902. 'n TWEEDE vergadering met die Boere se afvaardigings word deur lord Alfred Milner bygewoon. Dit is uit 'n telegram, wat hy nŠ die vergadering aan Chamberlain stuur, duidelik dat hy alle onderhandelings wantrou en dat hy meer vertroue in die toekoms gehad het as hulle die oorlog op die slagveld kon beŽindig.
Genl. Bruce Hamilton se dryfjag eindig by die Natal-spoorlyn tussen Standerton en die klein stasietjie Val. Slegs 134 Boere is gevang.

27 April 1902. DIE 16-jarige Frederick Bosch van Skinnerstraat, Pretoria, sterf in Bermuda nadat 'n wag hom in 'n ontsnappingspoging wond.
Luidens amptelike verslae is sowat 3 936 oud-burgers in Britse diens, van wie 1 125 National Scouts is.
28 April 1902. KMDT. K.D. COETZEE sterf in 'n skermutseling by Rooikop tussen Bloemfontein en Dewetsdorp.
By O'Kiep weer die Boere 'n aanval van lt.kol. C.E. Callwell se kolonne af. Ook Van Deventer by Steinkopf slaag daarin om hulle te verdryf en hulle word gedwing om na Klipfontein terug te val. Vier manne sterf en drie word gewond.
Die Oliviershoek-Allisonskop-blokhuislinie word voltooi.

18 Mei 1902. DIE benoemde Boerekomitee vertrek na Pretoria om met lord Milner en lord Kitchener te gaan beraadslaag.
Genl. Wynand Malan, kmdt. C.P. van Heerden en twee ander burgers word in 'n nagtelike aanval in Aberdeen gewond. Van Heerden word naby die kerk gewond en moet agterbly. NŠ sy dood word sy lyk aan die dorp se inwoners vertoon.
19 Mei 1902. OM 10:00 vergader die komitee van verteenwoordigers, lord Milner en lord Kitchener in laasgenoemde se huis in Pretoria. N.J. de Wet tree as tolk op en as sekretarisse O. Walrond (Britse regering), en ds. J.D. Kestell en D.E. van Velden namens die komitee.
Hulle oorhandig 'n brief aan die Britse verteenwoordigers waarin hulle die volgende voorstelle uiteensit:
1. Hulle is bereid om hul onafhanklikheid betreffende buitelandse sake af te staan.
2. Hul wens is om hul onafhanklikheid onder Britse beheer te behou.
3. Hulle is bereid om 'n gedeelte van hul grondgebied af te staan.
Die voorstelle word deur die Britse regering verwerp en Milner stel voor dat die Middelburg-voorstelle oorweeg moet word. Die vergadering kan nie ooreenkom oor die bewoording van 'n oorgawe-dokument nie.
Milner se voorstelle kom daarop neer dat die Boere die anneksasie-proklamasies van 24 Mei en 1 September moet aanvaar. Dit sou daarop neerkom dat hulle sedert daardie datums teen die wettige regering rebelleer.
Kitchener stel voor dat Milner, sir Richard Solomon en genls. Jan Smuts en J.B.M. Hertzog 'n konsep-dokument moet saamstel. Die Boere se verteenwoordigers dring aan op 'n dokument wat deur albei partye onderteken moet word en behaal sů 'n diplomatieke oorwinning.

31 Mei 1902. OP Saterdag 31 Mei, kort nŠ 14:00, word in die groot tent in Vereeniging oor die saak gestem.
In 'n mosie word die ses vernaamste redes waarom die regerings die vredesvoorwaardes moes aanvaar, saamgevat:
die algehele verwoesting van die grondgebied van die twee voormalige republieke met die afbranding van plase en dorpe en die vernietiging van lewensmiddelle om die oorlog voort te sit, die konsentrasiekampe, die bedreiging wat die gewapende swartes ingehou het (veral nŠ die gebeure by Holkrans),
Kitchener se proklamasie van 7 Augustus waarin hy dreig om op die burgers se grond beslag te lÍ; die Boere se onvermoŽ om die Engelse soldate gevange te hou terwyl die Boere na oorsese kampe gestuur word, en
geen hoop op welslae nie.
Die afgevaardigdes stem met 'n oorweldigende meerderheid vir vrede: 54 teen 6. Die lede van die twee regerings vertrek na Pretoria om die vredestraktaat in Kitchener se hoofkwartier in Melrose-huis te gaan onderteken.
Hier wag Milner en Kitchener hulle in. Dit is nou 23:00. Schalk Burger teken eerste vir Transvaal, C.R. de Wet vir die Vrystaat, Kitchener en Milner volg heel laaste. Binne vyf minute is alles verby. Slegs Kitchener se ``we are good friends now'' onderbreek die stilte. Die oorlog is verby.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte