Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


1901.

6 Januarie 1901. Om middernag op 6 Januarie doen die Boere in Oos-Transvaal 'n uitgebreide aanval op 60 km van die Delagoabaai-spoorlyn tussen Wonderfontein en Machadodorp.
7 Januarie 1901. Onder dekmantel van digte mis doen die Boere 'n aanval op Belfast en ook die ander stasies op die spoorlyn.
Die hoofaanval vind by Belfast plaas waar genl. Smith-Dorrien in bevel is van die 1 200 voetsoldate, 280 lansiers en 130 berede infanteriste.
Genl.Chris Muller lei die aanval op Monumentheuwel, noord van Belfast.
Sy aanval op kapt. Fosbury se goed gefortifiseerde pos betrap die Engelse onverhoeds.
Muller oorweldig die verdedigers nadat hulle handgemeen geraak het - vuiste en geweerkolwe word gebruik.
Manskap J. Barrie van die 1ste bataljon Royal Irish stel die masjiengeweer buite werking en verhoed sů dat dit in die Boere se hande val.
Dit besorg aan hom die Victoria-kruis (postuum).
Die steenkoolmyn word deur die Boere verower, maar by die wagposte aan die suidekant van die dorp word hewig weerstand gebied.
Genl. Ben Viljoen kan weens die digte mis en die donker nag nie vasstel hoe die aanval in die ander sektore verloop nie.
Hy besluit daarom om die aanval af te gelas.
Die aanvalle op die klein garnisoene te Pan, Wonderfontein, Nooitgedacht en Wildfontein was nie suksesvol nie en teen 01:30 trek die Boere terug.
Altesaam 24 Britte word in die aanval gedood, 78 gewond en 70 gevang.

20 Januarie 1901. Emily Hobhouse, die Britse filantroop, kry skriftelike toestemming om enige ``refugee camp in T.V. (Transvaal) or O.R.C'' te besoek as Lord Milner dit sou toelaat. Lord Kitchener besluit dat sy net die kampe so ver noord as Bloemfontein mag besoek. Sy skryf aan Leonard Hobhouse: ``But I thought it wiser to accept such permission as vouchsafed and work on from that . . . I think that considering the state of the country, to be allowed within the war areas at all is a considerable concession.''
21 Januarie 1901. Emily Hobhouse begin met haar voorbereidings vir haar vertrek na die konsentrasiekampe.
Sy laat op diť dag 12 ton kos en klere wat vir die kampe bestem was, laai in die treintrok wat tot haar beskikking gestel is.

27 Januarie 1901. Hoofkmdt. C.R. De Wet vergesel van 2 200 man begin met die lang tog na die Kaapkolonie. Sy kommando word deur Britse verkenners opgemerk toe hulle oor die Winburg-Smaldeel-spoorlyn trek. (Smaldeel het later Theunissen geword). Genl. Bruce Hamilton van Ventersburg en kol. W.G. Knox van Leeuwkop in die suide begin om hom te agtervolg.
28 Januarie 1901. Genl. A.H. Paget en kol. H.C.O. Plumer se kolonne word suidwaarts gestuur om die Kaapkolonie teen 'n moontlike inval van De Wet te beskerm. Uitkykposte word langs die suidelike oewer van die Oranjerivier opgerig. Genl. N.G. Lyttelton word van die ZAR na Noupoort gestuur om beheer van die soldate daar oor te neem.

12 Februarie 1901. Genls. G.E. Knox en Bruce Hamilton bereik Sanddrif (naby die huidige Vanderkloof) om 17:00 nŠ 'n gedwonge mars van 11 km. Dit is sowat 15 uur te laat.
Kol. Herbert Plumer, wat van Colesberg af gemarsjeer het, maak kontak met genl. Christiaan De Wet se mag noord van Hamelsfontein. De Wet swenk weg van Philipstown in die rigting van Hondeblafrivier.
Kmdt. Wynand Malan en kpl. Manie Maritz met 24 man word van die hoofmag afgesny en besluit om onafhanklik te opereer.
Die Queensland Mounted Infantery is by Zwartkoppie in aksie.
Meyer de Kock word naby Belfast tereggestel.
Lord Paul Methuen, wat van Taung af gemarsjeer het, kom in Wolmaransstad aan.
12 Februarie 1901 - moet lees...'n gedwonge mars van 110 km.

23 Februarie 1901. Dit is die 47ste herdenking van die Vrystaat se onafhanklikwording.
Die oggend vroeg ontvang genl C.R. de Wet berig dat die kol. Herbert Plumer se mag vinnig naderkom. Ongeveer 20 km van Hopetown haal die Imperial Bushmen van AustraliŽ sy agterhoede in.
Kmdt. Sarel Haasbroek en sy manne hou hulle besig sodat die res van die kommando kan wegkom. By Makoudrif, 20 km noordwes van Hopetown, moet De Wet sy kanon en die Maxim Nordenfeldt-kanon en pom-pom agterlaat want die trekdiere is gedaan. Toe die donker hulle oorval, staak die Engelse die agtervolging. De Wet vergroot die gaping tussen hulle, maar sy verkenners berig dat 'n mag van Kimberley sy weg versper.
In Wes-Transvaal word vyf burgers - R. McClachlan, J.D.P. Theunissen, A. Ahrens, R. Boyd en C. Matthyssen - aan hoogverraad skuldig bevind en deur genl. L.A.S. Lemmer se kommando tereggestel.

10 Maart 1901. Kitchener rapporteer aan die minister van oorlog, St John Brodrick: ``I am allowing a modified start to be made at gold mining on the Rand under control and restrictions; 350 stamps will start shortly.''
Genl. N.G. Lyttelton begin om die omgewing oos van die spoorlyn tussen die Oranjerivier en die Thaba Nchu-Ladybrand-lyn met behulp van kolonnes onder bevel van genl. Bruce Hamilton skoon te maak.
11 Maart 1901. 'n Trein van Pretoria ontspoor tussen Wilgerivier en Balmoral nadat dit een van die Boere se dinamietmyne afgetrap het. Omtrent 20 Boere val hierna die trein aan. Drie Engelse sneuwel en een offisier word gewond. Die Boere buit gewere en toerusting voordat versterkings van Balmoral en Wilgerivier hulle verdryf.
Genl C.R. de Wet, wat nou in die distrik Senekal is, ontbind sy kommando. Die afgelope 43 dae het hulle sowat 1 300 km afgelÍ.
Die eerste van die nuwe soort blokhuise word by Gun Hill naby Middelburg opgerig.

12 Maart 1901. Emily Hobhouse besoek die konsentrasiekamp in Kimberley.
Maj. Wilson en die Kitchener's Fighting Scouts en kmdt. Wynand Malan se kommando is by Hoekdoorn in 'n skermutseling betrokke terwyl 'n patrollie van Orpen's Horse en die Cape Police tussen Kenhardt en Kakamas ook in 'n skermutseling met 'n groep Boere betrokke was. Drie Boere is dood en sewe gewond.
Luidens 'n verslag van die War Office het die kolonies op diť tydstip die volgende vrywilligers gehad wat in Suid-Afrika veg:
Kanada: 117 offisiere en manskappe.
AustraliŽ: 3 815 offisiere en manskappe afkomstig van Nieu-Suid-Wallis, Victoria, Queensland, Suid-AustraliŽ, Wes-AustraliŽ en TasmaniŽ.
Nieu-Seeland: 1 325 offisiere en manskappe.

12 April 1901. Kol. E.C. Williams se kolonne vernietig 'n meule by Grobbelaarsdrif in die Vrystaat. Hulle buit 3 waens en 16 gewere en vang 'n Boer.
Die Kaapse vrywaringswet verstryk. Die jurisdiksie van die spesiale kommissies om rebelle onder die hoogverraadwet 1900 te verhoor, verstryk ook.
Emily Hobhouse is in Warrenton getuie van die aankeer van die vroue en kinders van die distrik en hul wegvoer in oop treintrokke.

15 April 1901. Brig.genl. H.C. Plumer wat op 14 April Pietersburg verlaat het om driwwe langs die Olifantsrivier te beset is in 'n skermutseling met veldkornet Briel se burgers. Hy vang 'n aantal Boere.
Die Britse ambassadeur in Washington, VSA, laat weet dat hulle 'n naamlose beskuldiging ontvang het dat die Ierse werkers van die Armour Company wat geblikte vleis vir die Britse leŽr in Suid-Afrika verpak, dit met Paris Green ('n uiters giftige groen poeier wat as insekdoder gebruik is) vergiftig het. Op 2 Mei laat die ambassadeur weet dat die vleis geen tekens van Paris Green toon nie.

11 April 1901. Die South African Constabulary verras 'n Boerepatrollie naby Soutpan in die Vrystaat. NŠ 'n kort skermutseling neem hulle sewe Boere gevangene.
Die volgende Special Army Order word gepubliseer in verband met oorgawes te velde: ``Every officer or soldier who displays a token of surrender shall be tried by a general court martial.''
'n Verdere Army Order bepaal ook dat 'n Boer wat gevang word nie voor 'n Britse krygshof gedaag mag word nie. Burgerlike howe moet sulke oortredings verhoor behalwe waar bepalings van die krygswet oortree word. In daardie geval moet 'n oortreder deur 'n militÍre hof onder krygswet verhoor word.
'n Trein ontspoor by Witbank.

12 April 1901. Kol. E.C. Williams se kolonne vernietig 'n meule by Grobbelaarsdrif in die Vrystaat. Hulle buit 3 waens en 16 gewere en vang 'n Boer.
Die Kaapse vrywaringswet verstryk. Die jurisdiksie van die spesiale kommissies om rebelle onder die hoogverraadwet 1900 te verhoor, verstryk ook.
Emily Hobhouse is in Warrenton getuie van die aankeer van die vroue en kinders van die distrik en hul wegvoer in oop treintrokke.

15 April 1901. Brig.genl. H.C. Plumer wat op 14 April Pietersburg verlaat het om driwwe langs die Olifantsrivier te beset is in 'n skermutseling met veldkornet Briel se burgers. Hy vang 'n aantal Boere.
Die Britse ambassadeur in Washington, VSA, laat weet dat hulle 'n naamlose beskuldiging ontvang het dat die Ierse werkers van die Armour Company wat geblikte vleis vir die Britse leŽr in Suid-Afrika verpak, dit met Paris Green ('n uiters giftige groen poeier wat as insekdoder gebruik is) vergiftig het. Op 2 Mei laat die ambassadeur weet dat die vleis geen tekens van Paris Green toon nie.

18 April 1901. 'n Trein met steenkool, vee en voer word naby Molteno deur die Boere gebuit. In die skermutseling sneuwel een mens en word een gewond.

5 Mei 1901.Genl. P.J. Liebenberg kruis Skoonspruit en vermy so kol. Henry Rawlinson se kolonne. Lt.kol. S.B. von Donop se kolonne is in 'n skermutseling betrokke by Brakpan naby Lichtenburg. Lord Kitchener vra dat die minister van oorlog, St. John Brodrick, 20 veeartse vir die lŽer in Suid-Afrika moet stuur.

6 Mei 1901. Lord Paul Methuen se kolonne beset Hartbeesfontein sonder om een burger in die ontruimde dorp te kry. Die dryfjag lewer een enkele kanon in die dorp op wat deur Lichtenburg se kommando agtergelaat is. Methuen verbrand al die voorraad wat in die dorp te vinde was.

Kmdt. Willem Fouchee kruis die spoorlyn by Reynierstasie tussen Stormberg en Burgersdorp met 250 man.

Brodrick stel Kitchener in kennis dat 'n organisasie onder leiding van John Ellis in Brittanje gestig is om klere en voorraad in die konsentrasiekampe te versprei. Dit is 'n nie-politieke, humanitÍre organisasie.

Sir Alfred Milner is egter nie ten gunste van die voorstel dat die organisasie iemand in Suid-Afrika aanstel om die werk te doen nie. Volgens hom is die meeste van die organisasie ``although nominally non-political, these missions do mischief as they are unable to restrain their political sympathies''.

9 Mei 1901. LORD PAUL METHUEN wat aan 'n breŽ front in die rigting van Schweizer-Reneke, Bloemhof en Wolmaransstad marsjeer, verander onverwags van rigting en draai noordwaarts in die rigting van Biesiesvlei en die Groot Hartsrivier.

19 Mei 1901. LORD KITCHENER stel St. John Brodrick in kennis dat die kampe in IndiŽ vol is. Hy stel voor dat die volgende groep krygsgevangenes na Bermuda gestuur moet word met die 2nd Battalion Warwickshire Regiment as wag.

20 Mei 1901. Jack Hindon en sy manskappe stel 'n dinamietmyn tussen Elandshoek en Alkmaar op die treinspoor. Die trein, wat 'n klomp siek soldate van die Welsh Regiment vervoer, ontspoor. In die daaropvolgende geveg word twee Britse soldate geskiet en twee gewond. Die Boere trek nŠ die aankoms van 'n gepantserde trein terug.

Genl.maj. R.S.P. Baden-Powell begin om 'n posduif-stelsel tussen die verskillende South African Constabulary-poste in te stel. Hy lei sowat 300 posduiwe daarvoor op. Lt. C. Maxwell van die Royal Engineers, wat op 18 Mei ernstig beseer is toe hy naby Zastron van sy perd afgeval het, sterf weens sy beserings.

4 Junie 1901. DIE Britse oorlogsminister, St John Brodrick, staan 'n onderhoud aan Emily Hobhouse toe. Sy doen sů oor die verloop van die onderhoud verslag: ``I had pleaded hard, the vision of the camps and the suffering women was vivid, and I feel myself the mediatior between them and the powers in England.'' 
Tsaar Nikolaas II van Rusland nader koning Eduard VII persoonlik oor die moontlike beŽindiging van die oorlog, maar die poging misluk. 
Volgens 'n telegram van die oorlogskantoor is lord Milner gretig dat alle argiewe van die Boere waarop daar beslag gelÍ word, versigtig gebÍre moet word vir toekomstige gebruik. 
Die sogenaamde Bloemfontein Peace Committee versoek ds. Marquard, voormalige moderator van die NG Kerk, dat die lede van die sinode die burgers moet aanmoedig om oor te gee. Marquard stel dit duidelik in sy antwoord dat hy nie bereid is om politiek met hulle te bespreek nie. Dit is ook duidelik dat hy nie ten gunste van die voorstelle van die Peace Committee was nie.

11 Junie 1901. N.T. VENTER en P.R. Krause word in Pretoria deur 'n vuurpeloton tereggestel. Hulle is skuldig bevind op aanklagte van 'n poging tot sluipmoord, verbreking van die eed van neutraliteit en die onwettige besit van wapens.

23 Junie 1901.DIE regering van die ZAR is by Strehla, noord van die hedendaagse Leandra.

Lord Kitchener vra dat John George Thompson van Pretoria en John Charles Kane van Kroonstad, wat albei krygsgevangenes in Ceylon is, vrygelaat word aangesien hulle foutiewelik na Ceylon gestuur is. Thompson keer in Augustus terug terwyl Kane reeds op 15 Julie vrygelaat word.

24 Junie 1901. Lord Kitchener vier sy 44ste verjaardag. Die mediese hoofbeampte kla dat die Princess Christian-hospitaaltrein deur die doeanebeamptes ondersoek is en dat hulle op die tabak en drank op die trein beslag gelÍ het. Kitchener besluit dat die doeane nie die reg het om hospitaaltreine in die vervolg te deursoek nie.

 P.J. Coetzee en F.A. Marais word in Dordrecht deur 'n militÍre hof verhoor op aanklagte van moord en hoogverraad. Hulle word albei skuldig bevind en gehang.

9 Julie 1901. PRES. M.T. STEYN en sy gevolg vertrek na Reitz omdat hulle vermoed dat daar nog mielies was, net om met hulle aankoms daar `n verlate dorp aan te tref sonder enige voorraad.
Long Cecil, die kanon wat in Kimberley gedurende die beleg gemaak is, vertrek per trein na Kaapstad om daar uitgestal te word tydens die besoek van die hertog en hertogin van Cornwall.

19 Julie 1901. DIE korrespondensie tussen Emily Hobhouse en St. John Brodrick, Britse minister van oorlog, in verband met die konsentrasiekampe word gepubliseer.
Brodrick sit die maatreŽls wat die regering getref het, in die korrespondensie uiteen.

30 Julie 1901. GENLS. W. KITCHENER en Chris Muller kruis weer swaarde. Diť keer by Krokodildrif naby Middelburg. Muller slaag egter daarin om weg te kom ondanks die oorwig Britte. 
Maj. S. Bogle Smith en kol. J.H. Damant neem 'n aantal Boere krygsgevange in die distrik Fauresmith en buit ook groot getalle vee.

17 Augustus 1901. BY Delport, suid van Amsterdam, spreek lede van die ZAR se uitvoerende raad hul ontsteltenis uit oor die afbrand van Bremersdorp. Hulle gee opdrag aan genl. Louis Botha om die voorval te ondersoek omdat dit volgens hulle teen die gebruike van beskaafde oorlogvoering was. 
Die hertog en hertogin van Cornwall kom in Kaapstad aan boord van die Ophir aan.

30 Augustus 1901. ALLE spooroorgange sal voortaan met doringdraad afgesper word. Blokhuise word by belangrike spooroorgange opgerig. 
Siener van Rensburg vier sy 37ste verjaardag.

31 Augustus 1901. TOBIAS SMUTS word van sy rang gestroop weens sy optrede by Bremersdorp. Hy sou die res van die oorlog as gewone burger veg. 
'n Trein ontspoor tussen Hammanskraal en Waterval. Jack Hindon se manskappe, wat langs die uitgrawing stelling ingeneem het, skiet op die trein nadat die passasiers nie wou oorgee nie. In die daaropvolgende skermutseling sterf lt.kol. F.S. Vandeleur. Hindon buit dinamiet, ammunisie en kosvoorraad. 
Kol. G.E. Benson voer nog 'n nagtelike aanval op 'n Boerelaer naby Kromdraai in die suid-ooste van Transvaal uit.

5 September 1901. KMDT. HANS LOTTER se kommando word deur kol. H.J. Scobell, bygestaan deur 280 man van die 9th Lancers en die Cape Mounted Rifles, by Bouwershoek naby Cradock gevang. Scobell gebruik die donderstorm wat uitsak om die laer te verras. Ongeag hewige weerstand moet die laer uiteindelik oorgee. Altesaam 14 Boere sterf en meer as 100 word gevang. Daar is 50 gewondes onder die krygsgevangenes.
Die geveg by Rhenosterfontein: Genl. L.A.S. Lemmer, bygestaan deur genl. J.C. Kemp, val lord Methuen by Rhenosterfontein, waar die huidige Maricodam is, aan. Die kommando trek terug toe hulle vasstel daar is vroue en kinders in die laer.
Lt. Hanman en lede van die Bushveld Carbineers vuur op waens met vroue en kinders. Hulle bied geen weerstand nie. Twee kinders sterf en 'n meisie word gewond.

7 September 1901. IN Moordenaarspoort naby Dordrecht beland genl. J.C. Smuts se klein groepie verkenners in die lokval wat deur lt. K.H. Jackson vir hulle gestel is. Die twee Adendorff-broers sterf en Smuts se perd word onder hom raakgeskiet. Hy kom egter ongedeerd daarvan af.
Twee burgers en 'n jong seun word vermoedelik vermoor nadat hulle hulle aan die Bushveld Carbineers oorgegee het. Kmdt.genl. Louis Botha verlaat Blaauwkop met 1 000 man. Dit is die begin van sy tweede inval in Natal.
Die stand van krygsgevangenes:
Kaapkolonie: 1 436 burgers en 31 swartes
Natal: 1 034 burgers.
Ceylon, IndiŽ, ens.: 14 543 burgers, 19 swartes.
Op parool: 1 458 burgers.
Dood: 450.
Oorgeplaas na konsentrasiekampe: 3 098.
Totaal: 22 069.

15 September 1901. DIE BUSHVELD CARBINEERS stuur 'n versoekskrif aan kol. Hall van die Royal Artillery waarin hulle 'n vol en onpartydige ondersoek vra na die sogenaamde gruweldade wat die eenheid sou gepleeg het.
Met verskeie kolonnes onder Charles Knox kort op hul hakke verenig die kommando's van kmdt. Pieter Kritzinger en genl. George Brand in die distrik Zastron.
Die kolonnes van kols. Gough en Stevens word na Dejagersdrif op die grens van Natal en Transvaal gestuur
16 September 1901. Kol. Benson voer 'n nagaanval uit op 'n Boerelaer by Middeldrift naby Carolina.
Kol. Gough begelei 'n voorradekolonne van Vryheid af na Dundee.
Kmdt. W.H. Lategan val die Kaapkolonie binne.
Hy verdeel sy kommando in kleiner eenhede en ry persoonlik met slegs 12 man na Murraysburg (Hofmeyr).
Die Grenadier Guards kry inligting dat kmdt. W.C. Malan by Visserskraal naby Hanover oornag.
Onder die dekmantel van 'n hewige storm voer hulle 'n mislukte aanval op die kommando uit. Hulle sien 'n spruit in volle vloed vir 'n pad aan en bring 'n groot deel van die nag sopnat en yskoud in die veld deur.
Agt van die manskappe verdwaal en verdwyn. Teen dagbreek laat vaar hulle hul plan om die kommando aan te val.
Terwyl hulle onderweg na hul kamp is, sien hulle vyf burgers en sit hulle agterna net om in die lokval wat Malan vir hulle gestel het, te beland.
Malan voer 'n stormloop uit op die Britse posisies en een offisier en drie manskappe sterf. Die res gee oor.

2 Oktober 1901. LORD METHUEN met twee kolonnes vertrek uit Mafeking na Zeerust. 
Piet Schuil, een van die buitelandse vrywilligers, word ter dood veroordeel vir misbruik van die wit vlag. 
Genl. J.C. Smuts trek oor die spoorlyn tussen Port Elizabeth en Graaff-Reinet. 
Pres. M.T. Steyn vier sy 44ste verjaardag.

6 Oktober 1901. KMDT.GENL. LOUIS en Colvile se patrollies is in 'n skermutseling by Yorkshire betrokke. Hy laat sy waens agter en ontsnap oor die Pondwanaberge na die noorde.
Genl. Jan Smuts en die distrikwagte van Alexandria en Grahamstad bots. Smuts oorweldig albei kampe.
Kmdt. Bouwer is by Springvale in 'n skermutseling met Somerset-Oos se distriksmag betrokke en slaag daarin om sy voorrade aan te vul.
Oktober 1901. Kekewich, wat in die slag van Moedwil in die been gewond is, word fiks verklaar en sal 8 Oktober weer diens doen.
Die 18-jarige J. H. Roux wat aan verraad skuldig bevind is, word in Graaff-Reinet deur 'n vuurpeloton tereggestel.
Genl. C.R. de Wet vier sy 47ste verjaardag.

12 Oktober 1901. KMDT. MANIE MARITZ is in 'n skermutseling met die Colonial Light Horse naby Hoedjesbaai betrokke.
Kmdt. Hans LŲtter (26) word deur 'n vuurpeloton in Middelburg tereggestel. Al die manlike inwoners van die dorp word verplig om die teregstelling by te woon.
J. Schoeman word in Tarkastad deur 'n vuurpeloton tereggestel.

7 November 1901. DIE goewerneur van Natal lig die Britse minister van oorlog, St. John Brodrick, in dat die vrouens van pres. M.T. Steyn en genls. Paul Roux, C.R. de Wet, Schalk Burger en J.B.M. Hertzog na 'n hawe buite Suid-Afrika gestuur gaan word. 
Lord Milner skryf die volgende oor die konsentrasiekampe in 'n brief aan Chamberlain: 
"Dit was nie my plan nie, maar aangesien ons sover gekom het, is ek bevrees dat 'n verandering ons net in nuwe en groter euwels kan dompel.''

10 November 1901.IN die nag van 9 op 10 November is daar so 'n gaping tussen Dartnell en Elliot se kolonnes wat aan die dryfjag in die Vrystaat deelneem, dat klein groepies Boere in 'n suidoostelike rigting kon trek.

Dit was veral die baie swaar mis wat die landskap omsluier, wat dit vir die Britte baie moeilik maak om die groepe Boere uit te snuffel.

Die dryfjag het luidens verslae nog nie die gewenste resultate opgelewer nie. Opdrag word gegee dat die blokhuise van die nuwe blokhuislyne sowat 1 000 m uitmekaar moes wees.

11 November 1901. Genl. Du Toit se laer word naby Doornhoek in die ZAR gevang.  Kol. Colin MacKenzie neem bevel van Benson se kolonnes oor.

13 Desember 1901. LT.GENL. ELLIOT en genl. Broadwood se dryfjag in die Vrystaat eindig by die treinspoor tussen Kroonstad en Wolwehoek sonder dat hulle een burger vang.

21 Desember 1901.EEN van Rundle se kolonne onder maj. F.A. Williams moet verseker dat die oprigting van die blokhuislinie tussen Tradouw en Mooimeisiesfontein, omtrent 30 km oos van Bethlehem, nie deur die Boere verhoed word nie. Hulle is in 'n skermutseling met 'n groepie burgers betrokke en Williams besluit om op Groenkop kamp op te slaan.

31 Desember 1901.GENL. MICHAL PRINSLOO is in 'n skermutseling met die Scots Greys by Bronkhorstpruit betrokke. Vyf Britte sterf en 13 is gewond.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte