Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Wanneer 'n Boer geweerloos is, maak hy 'n plan.

As 'n Boer in die oorlog sonder geweer is, gebruik hy enigiets om die vyande te konfronteer - tot 'n stok. Peet Albertse skryf. My oupa, Petie du Plooy, en sy neef, Dokkie, was verkenners van 'n klein Boere-kommando wat deur genl. C.R. de Wet tussen die Caledon- en Grootrivier geplaas is om die vyand soveel moontlik lastig te val. Diť twee het opdrag gehad om 'n vyandelike mag (vermoedelik Brabant's Horse) se bewegings op 'n afstand te bespied. Hulle moes aan die kommandant verslag doen, wat op sy beurt die vyand se doen en late per rapportryer aan De Wet gerapporteer het.

Oupa en oom Dokkie het 'n staande onderlinge reŽling gehad om, as hulle moes vlug, dit in verskillende rigtings te doen. Hulle was salig onbewus dat die vyand verspieders vooruit gestuur het om te verseker dat hulle nie in 'n hinderlaag beland nie. Diť vyandelike verkenners het oupa-hulle eerste opgemerk. Daar was so tien van hulle. Toe hulle die twee Boere gewaar, het hul onmiddellik gestorm.

Soos gereŽl, het die twee Boere-verkenners in verskillende rigtings gevlug. Die vyand besluit - nes oupa-hulle vermoed het - om een agterna te sit - Oupa! Gelukkig het dit die vyand 'n paar oomblikke geneem om te besluit watter een om te vang. Dit het Oupa 'n taamlike voorsprong gegee. Oupa peil reg op 'n populierbos af. Toe hy daar kom, swenk hy verby na 'n reeks beboste heuwels 'n ent verder. Ongelukkig trap sy perd in 'n gat en struikel. Die ruiter trek oor die perd se kop, rol weg in die lang gras en bly doodstil lÍ, terwyl die perd - diť het seker geskrik vir die geweerskote - vinnig na die verdergeleŽ heuwels hardloop.

Die Kakies het egter nie gesien die perd is sonder ruiter nie en jaag agter hom aan - vlak by Oupa verby. Nadat hulle verby is, spring hy op en hardloop die bos in, waar hy skuil totdat die Kakies heelwat later terugkom - sonder sy perd. Ongelukkig was Oupa se geweer in 'n sak aan die perd vas. Nadat sy agtervolgers verby is, stap hy deur die bos, hopende dat oom Dokkie hom sal kom soek. Een van die Kakies het vermoedelik die blou-wilde-maagwerkings gehad en toe Oupa sien, sit die man vlak voor hom op sy hurke met sy broek op sy voete.

Die perd staan eenkant aan 'n tak vasgemaak en die Lee Metford staan teen 'n boomstam, neffens die Kakie. Oupa tel 'n droŽ stok op, bekruip die vent en druk die stok teen sy rug, terwyl hy hard sÍ: ``Hensop!'' Die ontlastende Kakie skrik hom boeglam en spring op. Toe hy omkyk en sien waarmee hy ``gehensop'' word, raak hy astrant en gryp na Oupa. Hy't egter nie daarmee rekening gehou dat sy broek op sy voete is nie en toe hy vooroor struikel, kry hy 'n uitklophou.

Oupa was besig om hom te skud toe hy bykom en hom teŽsit - net om weer uitgeslaan te word. Oupa was al geklee in sy 'nuwe uitrusting'' en met sy nuwe geweer in sy hande op sy nuwe perd toe die man weer bykom en vreeslik begin vloek en dreig. Toe Oupa egter maak of hy van die perd wil afklim, het die Kakie liewer die bos ingevlug. Seker bang hy kry nog.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte