Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


1 Januarie 1900.

1 Januarie 1900. Genl. French val die Boeremag aan die suidelike front by Colesberg aan.
2 Januarie 1900. Douglas word deur kol. Pilcher van die Britse mag ingeneem.
3 Januarie 1900. Die Boeremag se aanval op Zyfergat word afgeweer.
4 Januarie 1900. Geen noemenswaardige gebeure.

8 Januarie 1900. 30 000 Britse soldate bevind hulle suid van die Tugelarivier aan die Natalse front.

22 Januarie 1900. Geen noemenswaardige gebeure.
23 Januarie 1900. 'n Middernagtelike besetting van Spioenkop deur die Boere vind plaas. Die Boere verras deur hulle te onttrek en die Britse mag beset die kop.

11 Februarie 1900. 'n Groot Britse aanval begin met 'n opmars om die Boere se linkerflank. Die voorhoede van lord Roberts se krygsmag trek die oggend vroeg die Vrystaat binne. Hul eerste oogmerk was om Kimberley te ontset en om genl. Piet Cronjť se kommando te omvleuel en van die Boererepublieke af te sny.

12 Februarie 1900. De Kiels-drift word deur genl. French ingeneem.Lord Roberts bevind hom by Ramdam aan die Wesfront.
Die Franse ingenieur Leon, wat diens by die ``Die Jood'' buite Kimberley gedoen het, word op meer as 1 500 treŽ deur 'n Britse skerpskutter in die kop gewond.
"Die Jood'' het sy naam gekry omdat sy loop effe verkort moes word weens skade wat die Engelse aangerig het.
Aan die Suidfront by Colesberg word genl. Koos de la Rey se aanval deur die Britte afgeslaan.
13 Februarie 1900. Genl. French bereik Klipdrif op pad na Kimberley.
Die oggend kom die Boere rondom Colesberg agter nie 'n enkele Britse soldaat is in die omgewing oor nie.
Die Britte het die gebied in die nag halsoorkop ontruim en die Boere buit onder meer 21 gewere.
14 Februarie 1900. Die vierde aanslag om Ladysmith te ontset. Genl. Buller neem Husar Hill in besit.

4 Maart 1900. Die Colonial Division, wat hoofsaaklik bestaan uit vrywilligers onder bevel van genl. Brabant, beset Labuschagnesnek in Noordoos-Kaap.
5 Maart 1900. Boere onderhandel met die Britse regering oor vrede. Genl. Gatacre weer die Boere-inval by Stormberg af. Krygswet word na Prieska, Britstown, Kenhardt en Barkly-Oos uitgebrei.

17 Maart 1900. Die Boere hou krygraadsvergadering in Kroonstad en besluit dat hulle hul krygstaktiek verander deur hulle toe te spits op die vernietiging van vyandelike verbindingslinies en dat die BoereleŽrs in kleiner afdelings sonder walaers georganiseer moet word. Dit is die geboorte van guerrilla-oorlogvoering. Die nuwe taktiek het nie net tot gevolg dat die oorlog met 18 maande verleng is nie, maar ook dat dit na die hele Suid-Afrika uitgebrei word. Die nuwe taktiek word die eerste keer op 31 Maart by Sannaspos gebruik.

18 Maart 1900. Genl. Broadwood beweeg met die 2nd Cavalry Brigade na Thaba Nchu. Kitchener beset Prieska. Boere vernietig spoorwegbrug by Glen-sylyn.
19 Maart 1900. Maj. Cumming beset Rouxville.

13 April 1900. 'n Trein ontspoor by Machadodorp.
Emily Hobhouse keer terug na Kimberley. Die mense wat in Warrenton aangekeer is, kom daar in die konsentrasiekamp aan waar net 25 tente beskikbaar is vir die 240 mense. (Lees artikel Maandag in Die Volksblad.)
4 April 1900. Die skermutseling by Goedvooruitzicht. Nadat hy inligting ontvang het, val lt.kol. sir Henry Rawlinson se kolonne genl J.C. Smuts se laer by Goedvooruitzicht aan. Die 500 tot 600 burgers wat deur kmdt. M.J. Wolmarans aangevoer word, word onverhoeds betrap toe Rawlinson-hulle die laer stormloop. Die Boere se teenaanval is nie baie doeltreffend nie en die Britse artillerie verdryf hulle. Die Britte buit 'n kanon en 'n pom-pom. Ses Boere sneuwel, 10 word gewond en 20 gevang.
Genl. H.L. Smith-Dorrien vertrek uit Piet Retief aangesien sy voorraadroetes deur die Boere bedreig word. Hy marsjeer noord na die Delagoabaai-spoorlyn. Dit beŽindig die dryfjag in diť gebied.
In die dryfjag is 362 Boere of dood of gewond, 233 is gevang en 730 het oorgegee. Hulle het ook 11 kanonne, 2 300 voertuie, 272 000 patrone, 7 000 tot 8 000 perde en muile en baie vee gebuit.
'n Soortgelyke dryfjag begin in die noordoostelike deel van die ZAR. Lt.genl. Bindon Blood se vier kolonnes begin met operasies teen veral die kommando's van genls. Ben Viljoen en Chris Muller in die Dullstroom-gebied.
13 April 1900. 'n Trein ontspoor by Machadodorp.
Emily Hobhouse keer terug na Kimberley. Die mense wat in Warrenton aangekeer is, kom daar in die konsentrasiekamp aan waar net 25 tente beskikbaar is vir die 240 mense. (Lees artikel Maandag in Die Volksblad.)
14 April 1900. Die skermutseling by Goedvooruitzicht. Nadat hy inligting ontvang het, val lt.kol. sir Henry Rawlinson se kolonne genl J.C. Smuts se laer by Goedvooruitzicht aan. Die 500 tot 600 burgers wat deur kmdt. M.J. Wolmarans aangevoer word, word onverhoeds betrap toe Rawlinson-hulle die laer stormloop. Die Boere se teenaanval is nie baie doeltreffend nie en die Britse artillerie verdryf hulle. Die Britte buit 'n kanon en 'n pom-pom. Ses Boere sneuwel, 10 word gewond en 20 gevang.
Genl. H.L. Smith-Dorrien vertrek uit Piet Retief aangesien sy voorraadroetes deur die Boere bedreig word. Hy marsjeer noord na die Delagoabaai-spoorlyn. Dit beŽindig die dryfjag in diť gebied.
In die dryfjag is 362 Boere of dood of gewond, 233 is gevang en 730 het oorgegee. Hulle het ook 11 kanonne, 2 300 voertuie, 272 000 patrone, 7 000 tot 8 000 perde en muile en baie vee gebuit.
'n Soortgelyke dryfjag begin in die noordoostelike deel van die ZAR. Lt.genl. Bindon Blood se vier kolonnes begin met operasies teen veral die kommando's van genls. Ben Viljoen en Chris Muller in die Dullstroom-gebied.

20 April 1900. Boereaanval op Rundle se mag naby Dewetsdorp. Rundle doen teenaanval. Victoria-kruis aan lt. W.H.S. Nickerson toegeken.
21 April 1900. Beleg van Jammerbergdrif by Wepener duur voort. Herhaalde berigte word van lord Frederick Sleigh Roberts ontvang waarin hy laat weet dat hulp op pad is.
22 April 1900. Genl. Lemmer word by Leeukop, suid van Bloemfontein, deur genl. Pole-Carew se 11de Divisie aangeval.
23 April 1900. Beleg van Jammerbergdrif duur voort. Gevegte tussen genl. J.H. Olivier en die Brabant's Horse suid van Wepener. Die 10de Divisie kom in Kimberley aan van Natal. Genl. Ian Hamilton herower die waterwerke by Sannaspos.

5 Mei 1900. Winburg word sonder weerstand deur die Boere deur die Britse mag onder genl. Ian Hamilton ingeneem. Pres. Paul Kruger beveel dat burgers wat in Natal afgestaan kan word, hulp in die Vrystaat moet verleen.

10 Mei 1900. Die Slag van Sandrivier: NŠ hewige gevegte onttrek die Boere hulle en Roberts beset Ventersburg en die stasie.

11 Mei 1900. Die Boere val van Ventersburg na Kroonstad terug. Pres. M.T. Steyn dra pleks van sy oranje presidensiŽle band, 'n bandelier en 'n Mauser in die hand. Dit motiveer die burgers baie en gee hulle moed om verder te veg. Die hoofstad van die Vrystaat word verskuif na Heilbron.

15 Junie 1900. Hoofkmdt. Christiaan de Wet se plaas, Roodepoort, naby Koppies word afgebrand in opdrag van lord Roberts, wat alle vegtende Vrystaters as rebelle beskou. In reaksie teenoor die offisier wat die opdrag gegee het, skryf De Wet: ``My house cost me 700 pond but it will cost you 7 000 000 Pouns before I get through with you.'' 
'n Krygsraad besluit by Balmoral om verskeie kommando's vir 'n wyle terug te stuur huis toe om te rus en te reorganiseer.

26 Junie 1900:
Kol. Grenfell se berede eenheid verbrou die aanval op die Boere en word verras deur 'n teenaanval by Leliefontein, naby Senekal.

27 Julie 1900. 'n Leierskapstryd bestaan onder die Boere in die Brandwaterkom. VroeŽr in Julie het genl. Marthinus Prinsloo as een van die hoofkommandante van die Vrystaatse mag weens swak gesondheid bedank. Hy het egter steeds as offisier onder genl. Piet de Wet aangebly. Intussen het pres. M.T. Steyn ds. Paul Roux as assistent-hoofkommandant oor 'n groot aantal kommando's in die Brandwaterkom aangestel. In 'n poging om die leierskapstryd op te los vind 'n krygsraadvergadering by Eerste Geluk plaas. NŠ 'n stemming word Prinsloo met 'n meerderheid van een stem as leier verkies. Stemme wat laat van ander kommando's ontvang word wat verder weg was, besorg aan Roux die meerderheid. Die verwarring duur derhalwe voort. Intussen retireer die hoofmag van die Boere tot by Slaapkrantz waar die paaie van Naauwpoortnek en Golden Gate byeenkom.

28 Julie 1900. Genl. L. MacDonald stuur genl. Bruce Hamilton om Golden Gate van die noorde te nader. Verder dring die Britse mag die Brandwaterkom dieper in en konsentreer op die hoofmag van die Boere by Slaapkrantznek. Die Boere bied hewige teenstand, maar teen middernag word die koppie met 'n uitsig oor die hele gebied deur die Britte beset.

29 Julie 1900. In die Brandwaterkom stuur genl. Marthinus Prinsloo die voormalige kmdt. Stefanus Gerhardus Vilonel - wat intussen deur 'n Boerekrygsraad aan verraad skuldig bevind is - na genl. Hunter om te vra vir 'n wapenstilstand van vier dae. Hunter staan dit nie toe nie en dring aan op onvoorwaardelike oorgawe.
30 Julie 1900. Met die verwarring van die onopgeloste leierstryd tussen genl. Marthinus Prinsloo en ds. Paul Roux in die Brandwaterkom gee Prinsloo, wat daarop aanspraak maak dat hy die meeste steun geniet, oor aan Hunter. Hy gebruik die veroordeelde verraaier Vilonel as 'n tussenganger. Sekere generaals, onder wie Froneman, Fourie, Kolbe en Olivier, weier om aan Prinsloo se opdrag om oor te gee gehoor te gee en ontsnap met ongeveer 1 500 man, 8 veldkanonne, 'n Pom-pom en twee masjiengewere deur Golden Gate. Die ander Boere gee oor. Teen 9 Augustus het 3 generaals, 9 kommandante en 4 314 Boere die wapen neergelÍ. Verder buit die Britte 3 veldkanonne, 2 800 beeste, 4 000 skape, 5 500 perde en 2 miljoen geweerkoeŽls. Die fisieke oorgawe vind op Surrender Hill op die plaas Verliesfontein, 'n paar kilometer suid van die huidige Clarens, plaas.

1 Augustus 1900. In 'n dryfjag met die hoofsaaklike doel om genl C. R. de Wet vas te trek word genl.-maj. A. F. Hart van Heidelberg, genl.-maj. C.E. Knox van Kroonstad en lt.-kol. E.H. Dalgety van die Brandwaterkom ontbied na die gebied suid van die Vaalrivier.
Genl. Ian Hamilton met sy mag van 6 000 manskappe en 26 veldkanonne word gestuur om Kommando- en Silkaatsnek, wes van Pretoria, te beset om kol. Baden-Powell se terugtrekking na Pretoria te dek.
Die klein Britse garnisoen by Schweizer-Reneke word beleŽr.
Sir Alfred Milner, Britse hoŽ kommissaris in die Kaapkolonie, stuur per telegraaf 'n boodskap aan lord Chamberlain, Britse eerste minister, dat 'n redelike groot gebied in die Vrystaat of Oranjerivierkolonie, soos wat dit toe bekend gestaan het, en die suidwestelike deel van Transvaal buite Britse beheer bly weens die optrede van die Boere.

26 Augustus 1900. Hewige gevegte tussen die Boere en Britse magte vind plaas in die Slag van Bergendal. Hoewel die hoofslag eers op 27 Augustus gelewer word, beweeg die Britse soldate om in die regte posisies te kom vir die volgende dag. Die Boeremag bied hewige teenstand, veral met een van die Long Tom-kanonne wat met tye tot vier projektiele gelyktydig in die lug het. Die Britte ly swaar verliese.
Kmdt. Danie Theron en sy verkenners bestorm die Kliprivier-tronk suidwes van Johannesburg en bevry 69 gevangenes. Die meeste was burgers wat die eed van trou aan die Britse kroon afgelÍ en hulle daarna weer by kommando's aangesluit het.
Genl-maj Baden-Powell neem Nylstroom in.
27 Augustus 1900. Met die finale Slag van Bergendal besluit lord Roberts om sy hoofaanslag op die plaas Bergendal en Dalmanutha te doen, waar genl. Buller 'n mag van 8 000 man en 32 kanonne gereed het. Buller besluit om in sy aanval te konsentreer op die hoogtes van Bergendal waar die Krugersdorp-, Johannesburg-, Germiston-, Heidelberg- en Bethal-kommando en 'n deel van die Duitse korps hulle bevind. 'n Alleenstaande koppie daar naby word deur sowat 70 lede van die Transvaalse polisie, of die Zarps soos wat hulle algemeen bekend gestaan het, met 'n Pom-pom beset. Dit is diť groepie wat uiteindelik die spit afbyt en die hewigste aanval moet trotseer. Nadat die hewige bombardement op die koppie gestaak word, storm die infanteriesoldate met bajonette die koppie uit. Die Zarps hou met geweervuur aan tot op die laaste oomblik voordat hulle in 'n noordelike rigting begin terugval, die meeste te voet aangesien hul perde in die bombardement doodgeskiet is. Van die 70 lede van die Zarps is 40 gewond, dood of gevang.
Die Britte slaag daarin om deur die Boerelinies te breek, maar weens uitputting en die donkerte wat toesak, is verdere aksies onmoontlik.
Sedert die Britte se eerste aanval op die Boermag op 21 Augustus beloop hul ongevalle in die Slag van Bergendal 385 teenoor die 78 in dieselfde tydperk van die Boere.
Die voormalige generaal kmdt J.H. Olivier doen 'n mislukte aanval op Winburg en word met 27 burgers gevang. In sy plek word P.H. Kritzinger tot kommandant bevorder.

16 September 1900. Weens 'n gebrek aan ammunisie word 24 veldkanonne van die Transvaalse Staatsartillerie deur hul bemanning by Hektorspruit opgeblaas en in die Krokodilrivier gegooi.
17 September 1900. Genl. Louis Botha, kommandant-generaal van die Transvaalse mag, die Transvaalse regering en 2 000 burgers, vertrek van Hektorspruit, tussen Kaapmuiden en Komatipoort, noordwaarts deur die gebied wat tans die Krugerwildtuin is.
Pres. M.T. Steyn van die Vrystaat beweeg deur Pelgrimsrus onderweg na Ohrigstad.
Lord Methuen is suid van Lichtenburg in 'n geveg met genl. Tollie de Beer en 400 burgers betrokke. Methuen en sy mag sit die Boerekommando agterna en slaag daarin om 28 Boere te vang en 26 waens, 'n Pom-pom en 'n Britse kanon wat by Colenso deur die Boere afgeneem is, te buit.
'n Lid van die New South Wales-infanterie skryf van die Vetrivier tot by Machadodorp is die land afgebrand en met 'n swart kors bedek. Drie maande lank het veldbrande gewoed en het rookwolke gehang.
Die treinspoor tussen Leeuwspruit en Vredefort is op 21 plekke deur die Boere opgeblaas.

28 September 1900. 'n Kennisgewing word uitgevaardig wat bepaal dat alle burgers wat hulle vrywillig oorgee, nie uit Suid-Afrika weggestuur sal word nie. Voorrade van Boere wat steeds op kommando is of van diť wat hul eed van trou verbreek het, sal sonder die uitreik van 'n kwitansie gekonfiskeer word en hul huise sal afgebrand word.
Lord Methuen is in 'n geveg met genl. Lemmer by Bronkhorstspruit betrokke. Daar word berig dat sommige van Lemmer se manne stukke van Britse uniforms dra en in formasies marsjeer om die Britte te verwar. Onder die Britse ongevalle is 'n Britse offisier. Die Boere ly 21 ongevalle.

14 Oktober 1900. Die finale uitslag van die algemene verkiesing in Brittanje word aangekondig. Lord Salisbury se parlementÍre meerderheid van 152 setels in 1895 word met 18 verminder tot 134. Die Unioniste verenig 54% van die stemme op hulle teenoor die 46% van die opposisiepartye. In die nuwe kabinet behou lord Chamberlain sy posisie as minister van kolonies, lord Landsdowne word as minister van buitelandse sake aangewys en word as minister van verdediging deur St. John Broderick opgevolg. Die jong joernalis Winston Churchill, wat baie voordeel trek en bekendheid verwerf vanweŽ sy beriggewing oor die oorlog in Suid-Afrika, se lang politieke loopbaan begin toe hy as lid vir Oldham verkies word.
15 Oktober 1900. Sir Alfred Milner, wat kort tevore as administrateur van die twee ``nuwe Britse kolonies'' aangewys is, kom in Pretoria aan.
Die Duitse regering versoek dr. Leyds, wat steun vir die Boeresaak in Europa gaan wen het, om sy voorgenome besoek te kanselleer aangesien hy nie in Berlyn welkom sou wees nie weens die ``moontlike verkeerde beeld'' wat dit na Brittanje kon uitstraal.

26 Oktober 1900. Genl. French bereik Heidelberg. Hy meld dat daar gewapende swart mense aan Boerekant is wat sy mag onderweg van Barberton na Heidelberg baie lastig geval het. In die voorafgaande nag ly hy 100 ongevalle en verloor hy 320 perde, 1 230 osse en 55 waens. Daarenteen het hy slegs nege burgers gevange geneem en 'n verdere 49 wat hulle vrywillig oorgegee het.
Genl. Gerhardus Hendrik Gravett sterf op Roossenekal weens skrapnelwonde wat hy by Witpoort, Mapochsgronden, op 12 Oktober 1900 opgedoen het.
In Koffiefontein neem die Britse garnisoen, wat hoofsaaklik bestaan uit mynwerkers en polisiebeamptes onder bevel van kapt. Robertson, wraak op die Boere-aanval onder leiding van genl. J.B.M. Hertzog. 'n ``Beleg'' ontstaan en 'n plaaslike entrepreneur begin op die ingewing van die oomblik ``belegmunte'' slaan om hoofsaaklik aan versamelaars te verkoop.

8 November 1900. Genl.maj. Smith-Dorrien is in skermutselings met die Boere betrokke op sy terugtog na Belfast.
10 November 1900. Genl. Bruce Hamilton berig dat Ventersburg gedeeltelik vernietig is en dat voorrade uit die dorp verwyder is weens die herhaalde aanvalle van Boere op die spoorlyn naby die dorp. Hy deel mee dat die dorp nie deur die Britte weer van voorrade voorsien sal word nie en dat die Boere dit maar kan doen tensy hulle wil toesien dat die inwoners vergaan. David Lloyd George, Walliese liberale politikus en leier van die opposisie in Brittanje, asook later eerste minister, het diť optrede van Hamilton ten sterkste veroordeel deur te sÍ dat dit die uniform wat Hamilton dra tot skande en oneer strek.
Genl. C.R. de Wet en pres. M.T. Steyn vernietig met 'n mag van 200 man die treinspoor by Doornspruit.
Lord Methuen is in 'n onbesliste slag teen genl. H.R. Lemmer by Wonderfontein naby Klein Marico betrokke. Veertig Boere sneuwel of word gevang.
11 November 1900. Lord Methuen keer nŠ die geveg by Wonderfontein na Lichtenburg terug.
12 November 1900. Tussen 300 en 400 vroue en kinders is in die konsentrasiekamp in Port Elizabeth. 'n Lekeprediker wat toegelaat is om in die kamp 'n erediens te hou, berig dat die toestande heeltemal onaanvaarbaar is.

18 November 1900. Genl. C.R. de Wet verken die Britse posisies in die gebied rondom Dewetsdorp.
Ter voorbereiding om Suid-Afrika te verlaat vaardig lord Roberts sy laaste opdrag in verband met die verskroeide-aarde-beleid uit. Hy beveel dat alle vee en kosvoorraad van alle plase verwyder of vernietig moet word, ongeag of die eienaar teenwoordig is of nie.
19 November 1900. Genl. Ben Viljoen en kmdt. Chris Muller val die Balmoral- en Wilgerivierstasie aan. Die Boere val 'n afgeleŽ posisie van die Britte naby Balmoral aan en die Britte ly 43 ongevalle.

30 November 1900. Genl. Piet Fourie en kmdt. Gideon Scheepers sluit hulle by genl. Christiaan de Wet aan. Ongeveer 2 500 man elk met 'n perd en sommige selfs met ekstra perde is in daardie stadium onder De Wet. Genl. Knox, wat met sy Britse mag al langs die Caledonrivier opbeweeg, verloor kontak met De Wet se mag.
Winston Churchill se 26ste verjaardag.
Volgens amptelike Britse verslae is in November 1900 226 plase deur Britse soldate vernietig, konsentrasiekampe is in Harrismith en Standerton gevestig en spoorverbindings is 30 keer deur die Boere ontwrig.

16 Desember 1900. Die tweede inval in die Kaapkolonie begin.
Kmdt. P.H. Kritzinger - met kapt. Gideon Scheepers tweede in bevel en Willem Fouchť as een van sy offisiere - en 200 man val die Kaapkolonie naby Norvalspont binne. Dieselfde nag steek genl. J.B.M. Hertzog die Oranjerivier by Sanddrif, naby Petrusville met 'n mag van ongeveer 1 200 man en genoeg voorrade oor.
Geloftedag word met 'n dankseggingsdiens deur ds. Abraham Kriel en toesprake deur genls. De la Rey en Beyers nŠ die Slag van Nooitgedacht by Skimmelkop, suid van Noupoort in Wes-Transvaal, herdenk.
'n Klipstapel word uit dankbaarheid daar gelÍ en dit word Ebenhaezer genoem, na aanleiding van ds. Kriel se prediking uit die Ou Testament.
In 1958 word 'n monument by die klipstapel opgerig met die volgende inskripsie: Hierdie klippe is gestapel op 16 Desember 1900, 3 dae nŠ die Slag van Nooitgedacht deur die burghers op kommando sowel vrouens en kinders van die omgewing ter hernuwing van die gelofte van 9 Desember 1838. Die gedenksteen is deur oupa Kriel gedoop Ebenhaezer . . . Diť monument staan in die wildsplaas Sikelele en kan steeds besoek word.
17 Desember 1900. Nadat genl. C.R. de Wet daarin slaag om sy agtervolgers af te skud, gaan hy noord van Korranaberg verby onderweg na Clocolan.
Dit beŽindig die tweede dryfjag op De Wet.
Genl. J.B.M. Hertzog neem Philipstown in en buit 'n aantal perde.
Sir Alfred Milner is verras daardeur en skryf aan lord Chamberlain in Brittanje: ``I learned this morning that the second invasion had taken place. Where this body comes from I cannot even surmise. Their obvious policy is to rush forward avoiding encounters.''
21 Desember 1900. In 'n memorandum aan generale offisiere stippel lord Kitchener die praktiese implikasies van sy proklamasie wat hy op 20 Desember 1900 uitgevaardig het, uit.
Dit lui: ``. . . all men, women and children and natives from the Districts which the enemy's bank persistently occupy''. This will be ``the most effective method of limiting the endurance of the Guerrillas . . . The women and children brought in should be divided in two categories, viz: 1st. Refugees, and the families of Neutrals, non-combatants, and surrendered Burghers. 2nd. Those whose husbands, fathers and sons are on Commando. The preference in accommodation, etc. should of course be given to the first class. With regard to natives, it is not intended to clear . . . locations, but only blacks and their stock as are on Boer farms.''
Prominente Boere wat die wapen neergelÍ het, stig die Burgher Peace Committee, in Pretoria om vegtende Boere te probeer oorreed om die stryd gewonne te gee.
Op die stigtingsvergadering word onder andere voormalige genls. A.P.J. Cronjť en Piet de Wet (die broer van genl. C.R. de Wet) en mnr. Meyer de Kock tot die leiers van die komitee verkies.
Lord Kitchener spreek die groep toe en vertel aan hulle sy oogmerk is om die oorlog spoedig te beŽindig.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte