Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Racheltjie de Beer.

Die is die verhaal van die 12-jarige Rachel de Beer, wat haar lewe geoffer het om 'n ander se lewe te red.
Die jaar was 1843, en dit sou 'n bitter koue winter wees. Racheltjie was saam met haar gesin op trek gewees vanaf die Oranje-Vrystaat na die Suid-Oos Transvaal toe.
Terwyl hulle nog verder op soek was na grond, het hulle een aand oorgestaan in die veld op 'n boer se plaas. Die aand, toe die beeste weer in die takkraal gejaag word, kom daar een kalfie kort. Die kalfie se naam was "Frikkie" en die kinders was baie lief vir hom.
'n Soekgeselskap is dadelik op die been gebring. Racheltjie en haar 6-jarige boetie het deelgeneem aan die soektog. Dit het egter al begin skemer word, en kort voor lank was Racheltjie en haar boetie, verdwaal.
Koue het ongenadiglik op hulle toegeslaan, en dit het boonop begin sneeu ook. Wetende dat stilstand hulle dood sou beteken, het Racheltjie hulle aan die loop gehou. Sy het besef dat hulle dit nie sou oorleef nie. . .
Met 'n klip het sy 'n miershoop in die veld uitgehol. Daarna het sy haar klere uitgetrek, en vir haar boetie aangetrek. Sy het volgende haar boetie beveel om binne in die miershoop te klim. Met haar kaal lyfie het sy voor die miershoop gaan le om so die koue buite te hou . . .
So het hulle haar dood aangetref die volgende oggend. Styf van die koue het haar boetie uitgeklim.
Die verhaal van Racheltjie sou vir altyd in die geheue van die Boerenasie bly voortleef.

IN die geslagregister van een van die families De Beer in Suid-Afrika verskyn die naam van ene Dapper George Stephanus de Beer, wat in 1794 gebore is. Of Dapper toe sy voornaam gestand gedoen het, weet ons nie, maar iemand wat lank beskou is as waarskynlik ín nabye familielid van hom, word vandag steeds deur baie mense gehuldig as een van die heldhaftigste figure in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Geslagte Afrikaners het immers grootgeword met die verhaal van haar heldedaad. Wat dit des te aangrypender gemaak het, is dat sy ín blote melktand-tienertjie sou gewees het toe sy haar eie lewe sou gegee hetóom die lewe te red van haar sesjarige boetie in ín snerpend koue winternag in die veld.

Haar verhaal lui sů, ten minste een van die weergawes daarvan:

Haar naam was Racheltjie de Beer. Dit was 1843, toe die trekkers van die Groot Trek nog moes spartel om hul staatkundige ideale te verwesenlik en baie boere steeds nie ín blywende holte vir hul voet kon vind nie en aan die rondtrek was om siel en liggaam aanmekaar te hou. Sů was die De Beer-gesin op trek uit die Vrystaat na die destydse Suidoos-Transvaal op soek na grond.

Een nag staan die gesin toe oor in die veld op ín welwillende boer se plaas. Die beeste is aan die einde van die dag in die takkraal gejaag, maar een kalfie is soek. Die De Beer-kinders is baie geheg aan hierdie kalfie en noem hom Frikkie. En dit kan nie hoŽr op laer nie, elkeen wat kan, moet na die vermiste Frikkie help soek.

Onder die soekers is ook Racheltjie en haar kleinboet. Waar kan Frikkie tog wees? Die kinders dwaal rond, roep waarskynlik keer op keer Frikkie se naam uit, maar hul geliefde dierevriendjie is nÍrens te vinde nie. Maar in hul jeugdige onverantwoordelikheid raak hulle geskei van die ander soekers. Die skemer vou hulle toe, sneeu val uit die groue hemel en Racheltjie en haar boetie besef hulle is verdwaal.

Racheltjie is verstandig genoeg om te weet dat hulle aan die loop moet bly, dat hulle kan verkluim as hulle nie aanhou beweeg nie. Maar uiteindelik kan hulle nie verder voortploeter deur hierdie verskriklike koue kapoknag nie. Hoe nou gemaak?

Racheltjie kry ín plan. Sy moet ten minste haar boetie van ín gewisse dood red, al moet dit beteken dat sy haar eie lewe vir hom neerlÍ. Sy vind ín miershoop wat deur ín erdvark uitgehol is. Sy trek haar klere uit en trek dit vir haar boetie aan. Klim in die miershoop in, sÍ sy vir die seuntjie. En toe hy dit doen, gaan lÍ sy voor die holte en beskerm hom met haar naakte liggaampie.

Dis hoe die grootmense die kinders die volgende mŰre gevind het: Racheltjie met haar brose lyfie verkluim en leweloos voor die bek van die uitgeholde miershoop in die veld. Haar boetie was styf van die koue, maar hy het gelewe.

En Racheltjie de Beer was maar net weerlose meisietjie van twaalf.

ē ín Aangrypende verhaal, moet elkeen erken, maar is dit waar? Omdat soveel mense vandag beweer dat die storie ín blote volkslegende is en dat daar geen geskiedkundige bewyse bestaan dat Racheltjie ooit gelewe het nie, het Mieliestronk self die ou De Beer-register gaan fynkam.

Uiteindelik moet ons teŽsinnig erken: die kans lyk uiters groot dat Racheltjie de Beer eintlik Racheltjie Niemand was. Haar naam is nÍrens in ten minste die doopregisters te vinde nie en in daardie dae was dit feitlik ondenkbaar dat kinders nie gedoop sou word nie.

Racheltjie is dus een heldin wat bes moontlik nooit was nie. Tog sal haar roerende verhaal van onbaatsugtige liefde mense van alle ouderdomsgroepe seker nog geslagte lank inspireer.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte