Jacobus Johannes Cornelis (Japie) Greyling, is gebore in 1890 op die plaas Smaldeel in die distrik Hoopstad, Oranje Vrystaat.
Gedurende die Anglo-Boereoorlog was Japie se vader en 2 ouer broers op kommando om teen die Engelse te veg.
Een aande gedurende die oorlog, het sy vader se kommando op die plaas oornag. Die Engelse was kort op hulle hakke, en agter hulle bloed aan. Die oggend nadat die kommando vertrek het, daag die Engelse dan ook daar op.
Die offisier in bevel, 'n sekere kaptein JEB Sealy, kry dan ook bewyse op die plaas dat die kommando daar oornag het. Nadat Sealy bietjie rondgekyk het, sien hy vir Japie daar naby staan en besluit om hom te ondervra.

Hoeveel van hulle was daar? Wie was almal daar? Waarheen is hulle op pad? Japie het egter geweier om sy vader se kommando te verraai. Sealy was vasbeslote om die inligting te bekom, en beveel sy soldate om Japie teen die huis se muur te laat staan voor 'n vuurpeleton.
Hy het Japie 'n laaste maal vir die inligting gevra, en beloof om hom te bevry indien hy die inligting sou verstrek. Japie het egter nog steeds geweier.
Sealy het sy soldate beveel om aan te korrel te neem. "Gereed!" . . . Stilweg beveel hy sy manne toe om te stop. Hy het na Japie gegaan, sy hand geskud en weer met sy soldate vertrek.
Baie jare nadat die oorlog reeds lankal verby en byna vergete was, het die Engelse offisier steeds vertel van die dapper klein Boertjie wat hy in Suid-Afrika ontmoet het.

Japie Greyling.

Japie Greyling is op 28 Junie 1890 as een van 'n tweeling gebore. Hy het grootgeword op die plaas Smaldeel in die Hoopstad-distrik waar sy vader, kommandant Barend Greyling geboer het. Hy was een van dertien kinders. Met die uitbreek van die oorlog in Oktober 1899 het sy twee oudste broers saam met sy vader op kommando vertrek. Hoewel Japie graag wou saamgaan, was hy te jonk en moes hy saam met die res van die kinders by sy moeder op die plaas agterbly.In Maart 1901 begin die Engelse met die afbrand van plase in die Hoopstad-omgewing. 'n Groepie Boere waarsku die Greylings dat die Engelse na hulle oppad was. Op daardie stadium is Japie se vader reeds deur die Engelse gevang en was hy dus nie saam met die groepie Boere nie. Kort nadat die Boere die plaas verlaat het, arriveer Engelse soldate wat deur 'n verraaier aan Boerekant ingelig is omtrent die Boere se besoek aan die plaas.Ongeveer om 04:00 terwyl Japie besig was om koffie te maak, hoor hy die Engelse se perde wat die huis nader. Toe hy na buite gaan, wou hulle van hom weet waarheen die Boere oppad is en waar die boerekommando's is. Hoewel Japie geweet het, het hy geweier om die inligting aan hulle te verstrek. Daarop het kapt Jack Seeley hom beveel om teen die muur te staan. Hy het aan ses van sy soldate opdrag gegee om in 'n halfmaan voor Japie stelling in te neem. Hy het saggies aan hulle gesÍ dat hulle moet doen wat hy sÍ, maar nie moet skiet nie.Hy het aan Japie gevra waar die Boere was en gedreig dat sy soldate hom sou skiet indien hy nie wou sÍ nie. Japie het herhaaldelik geantwoord dat hulle maar kan skiet maar hy sou nie praat nie. Toe Japie die doodskoot verwag, het Seeley onverwags gesÍ dat die soldate hulle gewere moet laat sak. Seeley het na Japie gestap en sy hand na hom uitgesteek, waarop Japie gekoes het, aangesien hy 'n klap van die kaptein verwag het. Seeley het hom gelukgewens met sy dapperheid en die hoop uitgespreek dat hy hom weer eendag sou ontmoet. Seeley het in sy boek Fear and be slain melding gemaak van Japie se heldedaad. Tydens 'n besoek aan Suid-Afrika in 1931 het hy probeer om Japie op te spoor, maar Japie wou nie die kaptein ontmoet nie. Na sy terugkeer in Brittanje het Seeley sy assistent, luit AA Hawkins gestuur om Japie op te spoor. Deur bemiddeling van Japie se prokureur op Bethlehem, waar hy op daardie stdum op die plaas Sonderhout, geboer het, het Hawkins by Greyling uitgekom en die boek wat Seeley geskryf het aan hom oorhandig.Japie Greyling het nooit van sy heldedaad gepraat nie. Toe sy seun op laerskool een keer 'n boek uitneem wat oor kinderhelde handel moes hy by sy onderwyser uitvind dat een van die kinderhelde sy eie vader was. Hy was baie verbaas daaroor en toe hy sy vader daaroor uitvra, het hy gesÍ dat hy mos reeds die storie ken. Hy was baie beskeie daaroor en het gevra dat die voorval nooit as propaganda teen die Britte gebruik moes word nie. Hy het gesÍ dat 'n mens dikwels tydens 'n onnatuurlike situasie soos 'n oorlog, iets doen wat jy nie onder normale omstandighede sou doen nie.