Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Dirkie Uys.



Die datum is 10 April 1838. Die uur van beslissing het geslaan. Dit was nou of nooit. Piet Retief en sy klein kommando is uitgemoor tydens onderhandelinge met Dingaan, die koning van die Zoeloes. Moord en verskrikking het hierop gevolg. Die Voortrekkers was op hul laaste. Dit was nou 'n kwessie van oorleef. Hierdie strafekspedisie was meer as net dit. Die een wat verloor sou sy bakens moes versit.
Hendrik Potgieter sou sy mense lei, terwyl Piet Uys sy mense sowel as Gerrit Maritz en oorlede Piet Retief se mense sou lei. Sodoende het die kommando in twee verdeel.
Aanvanklik het die geveg in die Voortrekkers se guns geswaai. Die Zoeloes het op vlug geslaan en Piet Uys se kommando het hulle agtervolg. Deur die Italeni kom het hulle die Zoeloes gevolg - reg in 'n lokval in.

Die Voortrekkers moes net uithaal en wys om hulself te verdedig. 'n Assegaai het egter vir Piet Uys noodlottig verwond. Hy was besig om te sterf en het sodoende die kommando vertraag. Kommandant Uys het hulle beveel om hom te los en te vlug.
Die Trekkers het op vlug geslaan, maar die jonge Dirkie Uys, seun van Kommandant Piet Uys, het geweier om sy vader alleen te laat.
Langs sy vader se sy, het hy geveg teen die Zoeloes. Later, toe hulle te naby vir hom was om weer sy geweer te herlaai, het hy met die kolf van sy geweer teen hulle baklei. . . . .
Die kommando sou later bekend staan as die Vlugkommando, en het die laagtepunt van die Groot Trek beteken.
Die heldedood van Dirkie Uys, langs sy vader, sou egter na meer as 150 jaar na sy dood, nog steeds in die volksmond bly voortbestaan.

Die heldedaad van Dirkie Uys.

Die terugtrekkende Zoeloes het op 17 Februarie 25 000 beeste, en baie skape, bokke en perde saamgeneem. Waens en gereedskap was totaal verwoes, die laers tot niet gemaak, en 282 wit en 250 bruin mense vermoor.

Hele gesinne was uitgewis. Daar was feitlik geen gesin wat geen dode moes afstaan nie. Baie mense wat welvarend was, is eensklaps verarm deur die verlies van al hul besittings. Sterk manne het soos kinders gehuil, skryf D.W. KrŁger. Later is naby die moordtoneel 'n dorp aangelÍ: heel gepas genoem Weenen.

Die trekkers kon die onheilsdag van 17 Februarie 1838 nooit vergeet nie. Mense soos die latere president Paul Kruger het die afleiding gemaak dat hulle swart mense nie kan vertrou nie. Enkeles het wonderbaarlik aan die dood ontkom, soos die twee meisies Johanna van der Merwe, wat 22 asgaaisteke gekry het, en Catharina Prinsloo met 17. Albei het van hul wonde herstel. Gert Lukas Joubert het 22 wonde oorleef.

Op 20 Februarie het die trekkers uit 'n brief van 'n Brit verneem wat die lot van Retief en sy manne was. Party het nou gepraat van terug trek uit Natal, maar veral die vroue van die vermoordes wou nie daarvan hoor nie. Hulle het die mans gedreig om self die bloed van die onskuldiges te wreek. Ook Maritz het die trekkers vermaan om sterk te wees.

So het hulle besluit om in Natal te bly, voorlopig in enkele laers saamgetrek vir groter veiligheid, en boodskappers gestuur om hulp van Potgieter en Uys te vra.

Hulle het albei gehoor gegee, maar nie een van die twee was geneŽ om in 'n ekspedisie onder die ander te dien nie. Eindelik is ooreengekom dat elkeen sy eie kommando sou aanvoer, terwyl Maritz as laerkommandant sou agterbly. Uys en Potgieter, albei dapper, het temperamenteel baie van mekaar verskil. Potgieter was uiters versigtig en berekend en sou hom nie onnodig in gevaar begeef nie. Die meer voortvarende Uys was bereid om dit wel te doen as hy dink hy kon so sy doel bereik.

Die kommando van 347 man het op 6 April 1838 die laer in twee afdelings verlaat en noordoos getrek om Dingane se stad aan te val. Op 11 April beland hulle egter in 'n hinderlaag by Italeni. Sommige vertel dat Potgieter die mense gewaarsku het om nie verder te gaan nie, maar dat Piet Uys vinnig opgetrek het teen die vlugtende Zoeloes.

Terwyl hulle daarmee besig was, het duisende nuwe vegters skielik vlak voor en langs hulle uit die lang herfsgras opgestaan en nader gestorm. Die kommando moes haastig terugdraai, maar het daarin geslaag om vir hulle 'n pad oop te skiet en deur te jaag. Tien Boere is egter gedood en Piet Uys gevaarlik in die heup gewond. Hy het eers op die perd aan die saal vasgehou, en toe hy voel dat sy kragte weens bloedverlies afneem, van sy perd afgegly en sy manne toegeroep dat hy daar gaan sterf. "Red julleself, kÍrels, maar veg soos manne!"

'n Entjie verder het sy twaalfjarige seun Dirkie teruggekyk en sy vader omring deur Zoeloes gesien. Hy was al buite gevaar, maar het teruggejaag, twee Zoeloes geskiet en by sy vader neergestort, deurboor deur asgaaie. Dirkie Uys se heldedaad sou nooit vergeet word nie.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte