Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Mossies op nederige munstuk het 'n Bybelse tema.

Die bekende twee mossies op Suid-Afrika se 1c-stuk het sy oorsprong in die Anglo-Boereoorlog gehad. Die Boervroue in elke konsentrasiekamp het 'n ``oorlewingstema'' uit die Bybel gehad, vertel mej. Joan Abrahams (tant Mossie) van Bloemfontein.

Bethulie s'n was MatteheŁs 10: 29 en 31, wat in die nuwe Bybelvertaling lui:
Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van die Vader nie.
Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as mossies.
Die vroue het 'n belofte gemaak dat, indien Suid-Afrika ooit 'n oortjie, kwartpennie, stuiwer of sent uitreik, hulle sou probeer om die mossies hul simbool van hoop en geloof op die munt te laat uitbeeld.

'n Mev. Marais van die plaas Vlakfontein tussen pres. M.T. Steyn se plaas Onze Rust suid van Bloemfontein en Reddersburg het op die agterstoep van Onze Rust aangegaan waar altyd sop en brood vir die terugkerendes gereed gestaan het.
Marais het vir mev. Tibbie Steyn gevra om diť Bybelversies op die land se nederigste muntstuk uit te beeld uit dank aan die Skepper dat hulle die oorlog oorleef het en om die mans wat in die veld geveg het, aan hul waarde te herinner.
Mev. Steyn het die saak opgeneem en nŠ 'n stryd van jare het die twee mossies met die hulp van genl. Jan Smuts, destydse premier, op Suid-Afrika se kwartpennie (stuiwer) verskyn om elke Suid-Afrikaner aan sy of haar waarde in die oŽ van die Skepper te herinner.

Selfs nadat 'n nuwe politieke bedeling in 1994 in Suid-Afrika tot stand gekom het, word die mossies steeds op die nederigste munt, die 1c-stuk, uitgebeeld.
Suid-Afrika die enigste land ter wÍreld wat 'n Bybelvers op 'n munt uitbeeld.
Die mossiemunte is in die Tweede WÍreldoorlog deur Suid-Afrikaanse ouers aan hul vegtende soldateseuns gegee om hulle aan hul waarde te herinner. Abrahams het diť tradisie met Suid-Afrika se grensoorlog voortgesit. Tot 13 000 mossiemunte is per jaar aan vertrekkende Suid-Afrikaanse soldate in "Tempe", Bloemfontein, uitgedeel. Abrahams het haar bynaam van diť soldate gekry.

Smuts het in die Tweede WÍreldoorlog die vroulike lede van die Suid-Afrikaanse weermag ook die bynaam Mossies gegee.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte