Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


OudvlieŽniers van die Spitfire.

OudvlieŽniers van die Spitfire.

PRETORIA. - 'n Groepie Suid-Afrikaanse "oumanne'' was so 60 jaar gelede in die Tweede WÍreldoorlog deel van 'n baie eksklusiewe "klub''.
Vandag is net 36 van hulle in Suid-Afrika oor, maar hul trots as Spitfire-vlieŽniers bly voortleef al word die klub elke jaar kleiner.

Die plek was gepas die Lugmagmuseum buite Pretoria. Die geleentheid die samevoeging van elke
en se bydrae tot die geskiedenis: Die bekendstelling van 'n boek oor die legendariese Spitfire-vegvliegtuig.

Die hare is grys en almal stap nie meer so flink nie.
Toe die oorlogspraatjies begin, het die blink oŽ en hande wat beduie die dekades laat verdwyn en was hulle weer dŠŠr in ItaliŽ, in Noord-Afrika en in Malta.
Baie van hulle was tydens die oorlog vlak in die twintig en het daarna hul vlerkies vir ander beroepe verruil.

Mnr. Steven McLean het hul staaltjies, die geskiedenis en foto's nŠ 13 jaar se navorsing in The Spitfire in the South African Air Force Service saamgevat.
Die lugmag het nŠ die oorlog eers Spitfires gekry toe diť manne klaar hul tande gesny het as deel van 1 Eskader in die Geallieerde Mag.
Dr. Don Brebner (82) van Johannesburg is die oudste van die oorlewende Spitfire-vlieŽniers.

Hy verduidelik waarom hy met 'n wieletjie-kierie moet loop. Sy Spitfire is oor ItaliŽ afgeskiet en hy het uitgeskiet. Met die afkomslag het hy en die wrakstukke in 'n meer beland waar hy 'n dag lank rondgedobber het voordat hy opgepik is.
Dit was eers maande later - toe hy al weer gevlieg het - dat dokters vasgestel het die rede vir sy rugpyn is 'n gekraakte ruggraat.

Mnr. Don Freeman (79) van Johannesburg se beskermingengel het in die oortyd gewerk. Hy is in drie maande twee keer in sy vliegtuig oor ItaliŽ raakgeskiet. Die eerste keer het Amerikaanse vlieŽniers sy Spitfire vir 'n Duitse Messerschmit aangesien en op hom geskiet.
Ek is in die arm en die been getref, maar die vliegtuig het nog goed geklink toe vlieg ek maar tot by my basis.
Ek moes egter sonder wiele of onderstel gaan land weens die skade aan die vliegtuig.''
Kort daarna was 'n herhaling van diť voorval toe hy deur skrapnel in die bene getref is. Hy het na sy basis teruggevlieg en weer sonder wiele gaan land.
Hy het sů baie bloed verloor dat hy sy bewussyn kort daarna verloor het.
Hy moes in die vliegtuig 'n bloedoortapping kry voordat hy na 'n hospitaal gebring is.

Enkele maande later het hy weer gevlieg.
Almal stem saam dat die Spitfire die koningin van windmakerigheid was: Dit het meer krag as enige voorganger gehad en meer beweeglikheid.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte