Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Tiger Moths gevlieg deur Suid - Afrika vlieŽniers.

Die meeste Geallieerde vlieŽniers van die Tweede WÍreldoorlog het hul vlerkies met Tiger Moths gekry.

Dit is immers die vliegtuig waarin duisende mans, ook hier in Suid-Afrika, geleer is om te vlieg voordat hulle na Noord-Afrika en Europa gestuur is om Adolf Hitler se Luftwaffe en diť se Italiaanse agterryers uit die lug te blaas.

Die Tiger Moth is oorspronklik ontwerp en gebou om vlieŽniers op te lei, ín rol wat van 1931 tot 1956 in veral die lugmagte van Brittanje en die Statebondslande vervul is. Daarom is daar twee van alles as dit kom by die kontroles, voor en agter. Die instrukteur sit agter en kan enige tyd die beheer oorgee aan sy leerling voor hom Ė of weer oorvat as die armsalige vent dalk soos ek ín tydelike breinfloute kry.

Dit lyk bedrieglik eenvoudig. Die klein brandstofhefboom wat jy trek as jy wil vet gee, lyk soos ín gras-snyer sín. Tussen my bene is ín lang stuurstok. Druk dit na links en die vliegtuig kantel na links. Regs vir regs, vorentoe om die neus af te druk, agtertoe om dit op te trek. Onder my voete is twee ysterpedale. Trap die linkerpedaal as jy links wil gaan, reg vir regs.

Twee metaalkabels op die vloer aan weerskante van my verbind die voorste pedale met diť in die agterste kajuit; ín meganisme Írens onder my sitplek doen dieselfde met die stuurstokke. Ek kan my voete en hande oplig en kyk hoe die kontroles skynbaar vanself beweeg terwyl Riaan agter my stuur, of ek kan daaraan raak en voel hoe die vliegtuig onder my lewe.

Wat die Tiger so gewild as ín militÍre opleidingsvliegtuig gemaak het, is die betroubaarheid en gebrek aan tierlantyntjies, maar ook die feit dat sy ín buierige meisie is. Jy moet stewig in die saal bly, anders gooi sy jou af. ďAs jy ín Tiger kan vlieg, kan jy enigiets vlieg,Ē sÍ Riaan, ín Boeing-vlieŽnier vir Cathay Pacific in Hongkong.

Die meters in die houtpaneel kan ek op die vingers van een hand tel, en hulle is presies dieselfde as 82 jaar gelede. Net die radio is nuut.

Dan swiep ons laag oor die oop veld, die sonnetjie bak warmer, en jy besef waarom die ou dame steeds harte steel. Sy voel so lig soos ín vlinder, asof my lyf die swaarste ding aan die hele vliegtuig is. Dit is ín sensoriese ervaring, want afgesien van die windvingers wat aan my pluk en die gedreun van haar enjin in my ore, kan ek ín grasbrand onder ons ruik en die kouer lug bo ín waterstroom voel.

Sy gaan sit op die gras met al die grasie van ín reier en die enjin pok-pok-pok soos ín ou dieseltrekker as die houtskroef stadiger begin draai.

En ek is verlief, bevrore knieŽ en al.

...

Om die kanniedood-karakter van die DH Tiger Moth te verstaan, moet jy ín bietjie meer weet van Geoffrey de Havilland, wie se voorletters sy dra.

In 1910 het hy naby Litchfield in Hampshire die eerste keer, um, opgestyg, deur van ín heuwel af te rol. Hy het net 35 m gevlieg voordat die vliegtuig neergestort het. Een van die draaiende skroewe het sy pols raakgeslaan toe hy uit die wrak gespring het.

Maar uit die wrakstukke het hy ín vliegmasjien gebou wat darem heelwat langer in die lug gebly het, en dit was die begin van een van die suksesvolste lugvaartmaatskappye in die geskiedenis. Verskeie van die dubbelvlerk-soorte in WO1 is deur hom gebou, almal met sy voorletters DH voor die naam.

Sy Tiger Moth was ín wenner. Die Britse lugmag alleen het minstens 4 000 by hom gekoop vir opleiding, en eindelik is 8 868 van die vliegtuie gebou.

Brittanje het aan die vooraand van die Tweede WÍreldoorlog (WO2) die werk om genoeg vlieŽniers op te lei, aan sy dominiums Ė AustraliŽ, Nieu-Seeland, Kanada en Suid-Afrika Ė uitgekontrakteer en die Tigers daarvoor verskaf.

In Suid-Afrika alleen is 33 347 vlieŽniers van regoor die Statebond by ín stuk of nege nuutgestigte vlieg-skole opgelei. Hierdie oorlogstydse opleidingsprogram het ook baie gedoen om die jong Suid-Afrikaanse Lugmag van ín klein vliegkorps in ín groot en selfstandige oorlogmasjien te omskep.

Die meeste Geallieerde vlieŽniers van WO2 het hul vlerkies met Tigers gekry. Dit sluit in Suid-Afrikaanse lughelde soos die beroemde Sailor Malan, asook die Britse skrywer Roald Dahl.

Geoffrey de Havilland se familiesaak het baie ander vliegtuigsoorte gebou, soos die legendariese Mosquito-bomwerper en die Vampire-straalvegvliegtuig, maar hy het ín verskriklike prys daarvoor betaal. Sy seuns, John en Geoffrey jr., het net drie jaar uitmekaar op toetsvlugte van sy vliegtuie gesterf. Louise het gou met ín gebroke hart haar seuns graf toe gevolg.

Ironies is Geoffrey sr., wat sy rampspoedige eerste vlug oorleef en daarna baie van sy vliegtuie self getoets het, in 1965 op 82-jarige ouderdom aan alzheimersiekte *oorlede.

Vir die Tiger Moth het in vredestyd nuwe horisonne ontvou. In die jare vyftig het Brittanje en ander Statebondslande al hul Tigers aan burgerlikes verkoop.

En weer was die verleidelike klein dubbelvlerk ín groot treffer, want sy was veelsydig, taai en goedkoop om in stand te houĖ ín Land Rover van die lug.

Die Nieu-Seelanders het Tiger Moths gebruik om kunsmis te strooi, destyds ín revolusionÍre idee. Die vliegtuie het pos en ander vrag gekarwei, of diens gedoen as vlieŽnde ambulanse en landmeter-taxiís in Afrika en die Australiese Outback.

En hulle was ekstras in Hollywood-flieks soos Out of Africa, The English Patient, The Great Waldo Pepper, The Red Baron en The Blue Max.

Dit is nie seker hoeveel van die vliegtuie oorspronklik na Suid- Afrika gebring is nie, maar die meeste entoesiaste raai daar is ín stuk of 65 in die land oor, waarvan sowat 35 steeds gevlieg word. Deur mense soos Riaan en Kevin, langs wie se Tigers ons nou toebroodjies en koffie afsluk nŠ ons hanekraai-vlug oor die Goudstad

 

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte