Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


’n Kapkar. Poskoets. Trein.

En dan was daar die koets. Volgens argiefstukke het die ou Kaapse goewerneur Simon van der Stel reeds per koets na Namakwaland gereis om koper te soek. Ons weet dus dat daar al in 1685 koetse in Suid-Afrika was.

Die eerste koetse was bra logge vierwielvoertuie, wat deur tot ses perde getrek is, met ’n koetsier voor op die koets. Latere koetse was egter lig en meer elegant. Die meeste was Nederlandse of Franse ontwerpe, en teen die einde van die agttiende eeu het Engels-vervaardigde koetse in gebruik gekom.

Poskoetse.

Postkoets voor het oude postkantoor aan de Marktstraat, rond 1900.

Die eerste brandweerwa.

Die eerste brandweerwa in die Kaap het in 1737 uit Nederland aangekom. Brandweerwaens is eers deur perde getrek en baie mense was nodig om die handpomp te hanteer. In die middel van die 1800’s het stoompompe die handpompe vervang. In die 1900’s het petrolaangedrewe brandweerwaens hul verskyning gemaak..

Eerste lokomotief wat in Suid-Afrika geloop het.

Natalia, die eerste stoomlokomotief wat in Suid-Afrika geloop het was 'n tenklokomotief.

Suid-Afrika het die spoorweg-era in 1860 betree, toe die eerste stoomtrein op die drie kilometer lange spoor tussen Durban en die Punt voortgestoom het. Spoorlyne het tussen 1862 en 1864 hul verskyning in die Wes-Kaap gemaak, maar daar was weinig vordering totdat die ontdekking van diamante die lê van spoorlyne in die binneland met rasse skrede laat ontwikkel het.

Die eerste trein wat die Oranjerivier by Norvalspont oorgesteek het, was—te oordeel na hierdie foto—nie veel van ’n trein nie!

Die eerste treine is deur stoomlokomotiewe getrek, maar sedert 1925 is die stoomtreine geleidelik deur elektriese treine vervang.

Die eerste spoorweë in die ou Transvaal is in die 1890’s aangelê. ’n Tandratspoor moes in die 1890’s oor die steil helling tussen Waterval-Boven en Waterval-Onder gelê word vir treine op die oostelike lyn tussen Mosambiek en Pretoria.

In 1863 het Kaapstad sy eerste trems gekry, gevolg deur Port Elizabeth en Durban (1881), Johannesburg (1891), Oos-Londen (1900) en Pretoria (1906).

Ook Kimberley kon in 1899 spog met hierdie trem (deur perde getrek) op sy tremspoor in Dutoitspanweg.

Die vroegste trems was stewige enkel of dubbelverdieping-voertuie wat op ysterspore geloop het en deur perde getrek is. Elektriese trems was van 1896 af in gebruik en spoorlose trems van 1935 af.


Elektriese trems was gebonde aan vaste kraglyne en is geleidelik deur beweegliker motorbusse vervang. Die spoorlose tremdiens is in die Tweede Wêreldoorlog onderbreek omdat onderdele nie gevind kon word nie.


Toe ’n elektriese trem onttrek is wat tussen 1906 en 1961 in Johannesburg gebruik is, het dit die einde van die trem-era in Suid-Afrika beteken.


En die eerste motor in Suid-Afrika dan? Dié was ’n Benz van 1,5 pk (1896) wat op 4 Januarie 1897 in Bereapark, Pretoria, ten toon gestel is, soos ook te sien is op die foto bolangs by hierdie artikel. Die geleentheid is as so belangrik beskou dat pres. Paul Kruger ’n gedenkpenning laat munt het.

Oral het mense nou motors gekoop, en die eerste motorklub is in 1901 in Kaapstad gestig. Spoedig was motorsaamtrekke en -wedrenne aan die orde van die dag. Reeds in 1905 is die eerste rit van Johannesburg na Kaapstad onderneem—ondanks slegte, ongeteerde paaie.

Spoedig was die motorryers kwaai aan die wedywer om te bepaal wie die rekord vir die vinnigste tye tussen die vernaamste stede kon hou.

Boetes weens te hoë snelhede is selfs in daardie vroeë dae opgelê. Ene Charles Rörich is byvoorbeeld in 1905 beboet omdat hy die snelheidsperk van 8 myl per uur (byna 13 km/h) oorskry het.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte