Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Tommie skiet verpleegster in hospitaal.

 Lilly Susanna Rautenbach.


Mev. Elsab Crots s haar oorlede ma, destyds mej. Louisa (Lilly) Susanna Rautenbach, het as twintigjarige verpleegster in die veldhospitaal van die Boeremagte gewerk.

Op die oggend van 11 Desember 1902 is sy deur sewe koels uit 'n Engelse offisier se geweer getref is.

Volgens Crots het haar ma die oggend saam met nog twee vroue, Anna Scheepers en Johann
a Raubenheimer, asook ene dr. Poutsma in die veldhospitaal diens gedoen. Dit was kort n die Slag van Groenkop.

'n Boere-verkenner het vroeg die oggend die hospitaal gewaarsku dat die Engelse op pad is.

Die hospitaal het uit drie klip geboue vroer 'n plaashuis en buitegeboue bestaan en die Rooikruis vlag het op die dak gewapper. Vier swaar gewonde burgers het in die hospitaal gel.

'n Ruk later het sowat veertig Tommies van die Remington Scouts op die huis begin skiet. Poutsma het aan die Engelse soldate geskree dat dit 'n hospitaal is en dat hulle nie moet skiet nie.

Die Engelse het hulle nie daaraan gesteur nie, tot teenaan die gebou gestorm en deur die vensters geskiet. Haar ma is sewe keer getref. Sy het langs een van die pasinte se bed ineengesak.

Die bevelvoerder van die Remington Scouts, ene kapt. Vaughan, het daarna die vertrek binne gestorm, sy rewolwer onder Poutsma se neus gedruk, en toe die gewonde verpleegster op die vloer gewaar.

Die Engelse kaptein het hom toe bleek geskrik en 'n Engelse dokter laat kom om na haar om te sien. Toe sy 'n rukkie later haar bewussyn verloor, het hy gedink sy sterf en was byna histeries.

Later, toe sy weer bykom, wou hy weet deur watter venster op haar geskiet is. Sy het na 'n venster beduie. Die kaptein het toe wasbleek geraak en ges dat hy haar dan self moes geskiet het omdat hy die een was wat deur die betrokke venster gevuur het.

Vaughan, vas oortuig dat sy gaan sterf, het haar gesmeek om hom te vergewe.

Rautenbach het toe na bewering sy hand gevat en ges: ``Ek is nie kwaad vir jou nie,'' waarop die ontstelde Vaughan geantwoord het: ``Ek sou dit nooit kon s nie.''

Hy het haar om vergifnis gesmeek en sy het gevra hy moet toesien dat een van die ernstig gewonde burgers, ene Wessels, nie na die konsentrasiekamp gestuur word nie. Ook dat die Engelse twee koeie moet agterlaat vir melk vir die gewondes.

Die Engelse het al die koeie asook twee swart helpers weggeneem, maar die gewonde Wessels in die hospitaal agtergelaat. Hulle het ook kerse, suurlemoensap, suiker, sout en verbande agtergelaat.

Crots s haar ma kon tot haar dood in 1971 op 95-jarige ouderdom nooit haar regterarm gebruik nie. Sy en haar man, mnr. Louis Boshoff, met wie sy in 1903 getroud is, het tien kinders gehad, van wie ses seuns was.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte