Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Eerste motor in Suid-Afrika.

Foto van die geskiedkundige bekendstelling op 4 Januarie 1897 in

Pretoria van die eerste motor wat in Suid-Afrika aangekom het. Van links is A.E. Reno, stigter en toe redakteur van die Pretoria News en ook die man wat die demonstrasierit gereŽl het, dr. W.J. Leyds, staatsekretaris van die ou Transvaalse Republiek, en John Hess, die eienaar van die motor. Die vierwielige stoftrapper is aan pres. Paul Kruger gedemonstreerówat egter die aanbod van die hand gewys het om ín draaitjie daarin mee te maak. ďNee, dankie,Ē het die geamuseerde Transvaalse president glo gesÍ, ďnetnou blaf ín hond en dan skrik die ding en gooi my af! Hulle moet hom eers verbeter voordat ek daarin ry."

Kan ín mens jou dit voorstel: ons land sonder enige voertuie, vaartuie en vliegtuie? Vandag kan jy jou kwalik so ín toestand indink. Tog, ín skrale drie en ín halwe eeue gelede het mense hier geen ander vervoermiddels as die slee, die pak-os en hul eie twee voete gehad nie.

Selfs toe die eerste wielvoertuie in die middel van die sewentiende eeu deur die Nederlandse setlaars hierheen gebring is, was dit slegs in die vorm van die voorlopers van ons eie ossewa. Dit verskil darem dramaties van ons tyd met sy supersoniese stralers, vinnige motors en die komende Gautrein!

Die ossewa het nietemin so ín kardinale rol in ons land se geskiedenis gespeel dat hy verdien om eerste genoem te word as ín mens na die ontwikkeling van vervoer in Suid-Afrika kyk. Deur die jare is hy dan ook op verskeie maniere aangepas vir die destydse ruwe terrein waarop daar geen paaie was nie.

Sonder die ossewa sou die Groot Trek nie kon plaasgevind het nie. Die wa met sy seiltent, wat deur kweperhouthoepels gesteun is, was tegelyk ín tuiste, ín wieg, ín siekekamer en ín huisaltaar.

Die bokwa is weer ín groter soort ossewa, wat in die 1870ís ontwikkel is om myntoerusting na die diamantvelde te bring. Die hoŽ kante van die ossewa is weggelaat en die breŽr en platter romp is met kantrelings toegerus.

Party bokwaens het ín tent gehad wat die agterste deel van die wa bedek het. ín Seil is oor die vrag gegooi en die afhangende dele het ín nagkwartier onder die wa gevorm. Bokwaens is sů ontwerp dat die kantrelings in ín japtrap deur hoŽ kante vervang en die waens in gewone ossewaens omskep kon word.

Die skotskar het weer soos ín halwe ossewa gelyk en is op plase gebruik om allerlei soorte vragte te vervoer. Daar was ín wipbak of verwyderbare bak.

Die kapkar is nog een van ons belangrikste historiese voertuie. Eers was die kap vas, maar by latere kapkarre kon dit afgeslaan word. Voor die koms van die motor was die kapkar die vinnige vervoermiddel van die boer.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte