Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Honderd jaar gelede, gedurende 1899, het Johannesburg gekrioel met duisende fortuinsoekers wat hul rykdom op die goudvelde kom soek het. Maar, saam met die fortuinsoekers het die misdadigers ook ingestroom. Die misdaad het so toegeneem dat die Britse regering aan die begin van 1901 daadwerklike stappe geneem het en `n Turk, Maj. Theodore Etienne Mavrogordato, as speurhoof na Marshallplein gestuur het. Theodore mavrogordato is in 1861 in konstantinopel gebore en op 18-jarige ouderdom het hy vir die staat begin werk. In 1881 is hy as Assistant Inspekteur van die "Cyprus Military Police" aangestel en later aanvaar hy `n pos by die "London Metropolitan Police". Gou bou Mavrogordato `n reputasie op wat hom `n gevreesde man onder misdadigers maak. Die feit dat Mavrogordato nege tale magtig was, het dit vir hom moontlik gemaak om menige misdadiger, onder wie daar baie uitlanders was, aan te keer. Mavrogordato het van sy inligting selfs uit die binnekringe van die misdaadwÍreld verkry en die arme misdadigers het later nie meer geweet wie om te vertrou nie. Met genadelose ywer en vernuf het hy die misdadigers van die destydse Witwatersrand vasgetrap. Mavrogordato het niks en niemand ontsien en niemand vertrou nie. Hy het oor `n diepgaande kennis oor sy medemens beskik en instinkmatig geweet wanneer iemand `n leuen vertel. Hy was lojaal en getrou aan sy kollegas en ondergeskiktes en het deur dik en dun by hulle gestaan. Toe die verskillende polisiemagte in April 1913 onder een vaandel as die Suid Afrikaanse Polisie verenig is, het Mavrogordato na England teruggekeer waar hy op 28 Julie 1913, op 52-jarige ouderdom oorlede is.

JOHANNESBURG SE EERTE POLISIESTASIE:

Met die ontdekking van goud aan die destydse Witwatersrand in 1886 deur George Harrison, het die fortuinsoekers van reg oor die wÍreld na Johannesburg gestroom. Nie al die fortuinsoekers was egter daarop uit om hul rykdom op `n eerlike wyse te verdien nie, en kort voor lank was misdaad aan die orde van die dag. Genoodsaak deur die vlaag van misdaad, is `n "Wachtkantoor" in Laer Commisionerstraat geopen. Volgens kenners kan dit aanvaar word dat hierdie "Wachtkantoor", die eerste polisiestasie in Johannesburg was. Die geboutjie het uit `n modderhut met slags `n tafel en `n kis, wat as stoel en bÍreplek moes dien, bestaan.

Dronkies en ander misdadigers wat `n wyle by die "Wachthuis" moes vertoef, se geld en ander besittings is in die kis gebÍre tot tyd en wyl die persoon weer toegelaat is om te gaan. Dit was egter die gesaghebbende beampte wat aan diens by die "Wachthuis" was se voorreg om, wanneer hy van diens gegaan het, die geld in die kis uit te haal en vir hom te neem.

Die modderhut is later deur `n sinkgebou, wat op die hoeke van BreÍ Ė en Harrisonstrate in Johannesburg gebou is, vervang. Dit het as die "Nieuwe Kazerne" bekend gestaan

Departementele omsendbrief insake oorgewig Lede:

Die een aangeleentheid wat vir heelwat humor in die Mag en die Pers gesorg het, was die departementele omsendbrief wat aan alle Polisiemanne gestuur is en wat soos volg gelees het:

"Daar is al hoe meer lede van die Mag wat sodanig oorgewig is dat hulle uiters onooglik in uniform vertoon. Hierdie toerdag van sake kan nie langer geduld word nie en daar word van alle bevelvoerders verwag om die nodige aandag hieraan te skenk.

Diegene wat `onooglik` lyk in uniform, sal burgerdrag moet dra. Hulle sal nie weer die die blou uniform mag aantrek voordat die vetrolletjies weg is nie."

Om sout in die wonde te vryf is ook bekend gemaak dat die Staat nie vir die Burgerdrag sou betaal nie. Dit het uiteraard alles behalwe die beeld van `n oorwerkte en onderbetaalde Polisiemag weerspieŽl en spotprenttekenaars by koerante het so `n gulde geleentheid om goedig en fyn met polisiemanne te spot, nie ligtelik laat verby gaan nie. Een van die pittigste stukkies kommentaar het gekom van die bekende joernalis, Johan Botha, van Rapport wat voor Kersfees 1980 in die Sondagkoerant soos volg geskryf het:

"Vergeet maar die Krismis-poeding Konstabel, trek jou tekkies aan en vat die pad!"

Onder die land se duisende polisiebeamptes het die stukkie kommentaar weer gelei tot `n nuwe gesegde: "Konstabel, laat jou voete klap." Dit was egter ongetwyfeld `n groot waarheid dat geen oorgewig persoon netjies in `n uniform vertoon nie en die Polisie was die eerste om dit te erken. Die beleid is inderdaad ook in die praktyk uitgevoer en kort voor lank het `n hele paar geregsdienaars diŽte begin volg.

Hulle vordering is met groot belangstelling deur hul kollegas dopgehou - ook nie sonder die onmisbare op - en aanmerkings nie. Dit was nietemin vir die Mag, wat nooit van humorloosheid beskuldig kon word nie, een van die amusantste opdragte in jare en die draakstekery in die koerante is met groot vrolikheid gelees. Selfs Servamus het by geleentheid aan die algemene gespot meegedoen. Die skuldige wat die departementele omsendbrief se inhoud aan die pers laat uitlek het, is nooit opgespoor nie en die polisie-owerhede sou op tipies verantwoordelike wyse nooit van die omstrede artikel 27B gebruik maak om die inligting uit die koerante te pers nie. Die gevolg was tweŽrlei van aard. Eerstens is die betrokke opdrag deur amptelike stilswye onderdruk ten einde die draadstekery in die koerante te beŽndig, hoewel die omsendbrief nie ingetrek is nie. Tweedens het daar inderdaad `n skraler en fikser Polisiemag op straat begin verskyn, wat weliswaar `n positiewe gevolg was.

Terwyl die gekskeerdery aan die gang was, het die Mag dit nietemin geniet om vir `n verandering uitgelag en gek mee geskeer te word, eerder as om voortdurend uitgeskel en verneder te word, soos wat die gewoonte by sekere koerante was. Die Polisiemag het dus ten spyte van terugslae en teŽspoed, sy amptelike humorsin behou en het getoon dat hy nog vir homself kon lag, nieteenstaande die erns waarmee die opdrag uitgereik is.

Nie dat die situasie in die Land nie ook om erns gevra het nie. Met die voorstellingsparade in die Polisiekollege aan die begin van Desember 1980, het die Minister van Justisie, meneer Kobie Coetzee, wat die parade waargeneem het, teen valse gerustheid gewaarsku.

"In hierdie tyd van ekonomiese voorspoed moet ons waak om nie in `n valse gerustheid te verval nie. Ons durf ook nie aan ons ekonomiese gemaksug `n hoŽr waarde toeken as aan ons veiligheid en die mense wat dit in stand moet hou nie".

Die Minister het voortgegaan en gesÍ dat daar aanduidings was dat die bedrywighede van terroriste-organisasies teen Suid Afrika aan die toeneem is en dat die jaar wat voorgelÍ het, moeilik sou wees. Hy het daarop gewys dat die aanslag teen die Republiek uit alle oorde kom en as gevolg van hul ekspansionistiese doelstellings het die Kommuniste besondere belang by Suider-Afrika in die algemeen. Veral die Republiek met sy groot en ryk minerale bronne en sy voortreflike strategiese ligging, is `n primÍre doelwit, het hy gesÍ.

`n Hele aantal jare moes die Polisie reeds aan twee fronte veg. Hulle moes binnelands gewone misdaad bekamp en terselfdertyd teeninsypelingsoperasies teen terrorisme uitvoer. Dit wou ook voorkom asof die terroriste-organisasies volskaalse oorlogvoering op die lange baan geskuif het ter wille van opspraakwekkende aanvalle soos die op verkillende polisiestasies, die bank by Silverton en die Sasol aanleg. Dit was `n nugtere vermaning en die gemeenskap in die Republiek kon net daarby baat. Ondertussen het die humor aangaande oorgewig geregsdienaars geen skade aangerig nie en was dit eerder `n klein ligstraaltjie in `n andersins troebel atmosfeer.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte