Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Kotie en Lammie n ABO herenig.

HERTZOGVILLE. Leendert Joubert het hom by sy broer Abraham se kommando aangesluit, maar sy lewe is ook n paar maande later kortgeknip toe hy in n aanval op n Engelse konvooi in die maag getref en n dag later oorlede is.

Abraham is na aan die hart in die bors getref, maar het herstel om tot die einde te veg. Intussen het die Engelse ook die vroue op die plase begin vang en na kampe gestuur. Die eerste vroue is op 12 Januarie 1901 van hul plase af weggevoer. Van toe af moes almal gereed wees om oombliklik te vlug as die vyand in aantog was. Berig is ontvang dat groot kolonne Engelse in aantog was uit die rigting van Hoopstad na Boshof.

Kotie het die verewa gepak met alles wat sy kon saamneem. Die vee is bymekaar gemaak en hulle het in die rigting van Koekemoersfontein begin vlug. Hulle het laat die aand op Rietkuil aangekom, maar kort daarna deur die nag na Buitendam gevlug toe die Kakies gewaar is. Van daar is hulle na Deelpan en toe terug na Du Plessisdam.
N gerugte dat die Engelse in hul soektog na voortvlugtiges die meubels op verlate plase verwoes, het die vroue hul meubels in onopmerklike dele van hul huise toegemessel. Aan die begin was die meubels veilig, maar ontroue Afrikaners of jingos soos hulle genoem is, het hierdie geheim ook aan die Engelse verklap. Toe verbrand hulle eenvoudig die huise met meubels en al, skryf Kotie Steenkamp.

Omdat daar in Du Plessisdam se huis nie so n geskikte hoekvertrek was om toe te messel nie, het Kotie en een van haar seuns, Casper, alleen na die randjies gegaan onder die voorwendsel dat hulle gaan bergbas pluk. Eintlik het hulle n veilige plek gaan soek om hul meubels en ander besittings te gaan wegsteek. Koos het die dag opdrag gekry om met die skape in die teenoorgestelde rigting te gaan wei. Toe almal op die werf n bietjie gaan dut het, laai ek aan die voorkant van die waenhuis die eettafel, n paar stinkhoutstoele wat Oupa Steenkamp in 1886 self gemaak en vir ons gegee het en n sinkkoffer op en ry dit met die houthaalpadjie na die rant toe met n oop kar.

So is verskeie vragte besittings aangery en het Kotie-hulle elke keer met n vrag bergbasse teruggekeer.
Toe alles aangery is, het Kotie en haar kinders Johanna en Casper dit teen die rant uitgedra en in rotsskeure weggesteek. Verder is dit met vaalbostakke toegepak. Baie goed was ook in die solder weggepak, soos verebeddens, kussings en trommels met klere. Die buiteleer van die solder is verwyder en in die lang dip onder die water gegooi.

Op een van die soveelste vlugtogte het die vyand etlike dae op Du Plessisdam gestaan. Toe hulle vertrek het, het Kotie te perd van Alspan af soontoe gery om die plek te verken. Die verwoesting wat sy daar aangetref het, het n onuitwisbare indruk op haar gemaak. Uiterlik was die huis nie beskadig nie, maar al die huisraad, insluitend drie huisorrels, en al die kosbaarhede wat op die solder versteek was, het verbrand langs die huis gel. Vyf wilde perde het in die kalwerhok doodgeskiet gel. Die dam was vol dooie beeste. Die water was vergiftig en dooie paddas het oral gedryf. Die reuk was onuithoudbaar en gou is sy na die Leeuplaat waar haar goed versteek was.
Hier het sy nog verwoesting aangetref. Alles behalwe die tafel en sinkkoffer is verniel. Sy het later uitgevind dat n buurman, wat hom by die vyand aangesluit het, die Kakies na haar wegsteekplek gelei het. Kmdt. Jan Jacobs het vir Kotie nog ses buitgemaakte koeie met kalwers gebring wat sy kon melk. Intussen het hulle verneem dat die geliefde kmdt. Piet Erasmus gesneuwel het.

Van die begin van Augustus 1901 tot ongeveer 15 September het 16 kolonne met sowat 16000 soldate die distrik Boshof deurkruis om alles te vernietig en die vroue is aanges om in die rigting van die Vetrivier te vlug.
N tien dae van vlug en in die ruigtes skuil, het Kotie-hulle terug op Du Plessisdam gekom. Daar was egter soveel gesinne in die huis dat hulle tydelik in die rooiwaenhuis gaan bly het.

Nadat hulle gewaarsku is dat n sterk Engelse perdekommando op pad was, het Kotie weer gevlug en by die Vrouelaer op Wonderheuwel opgeindig. Op Donkerhoek, waar Hertzogville vandag is, het Kotie ink gemaak deur n soort rooibruin blommetjie te kook. Sy het ook van groen moerbeie ink gekook en daarmee op 11 Desember 1901 vir Lammie geskryf. Hulle het na Spioenkop naby Graspan getrek waar die Engelse hulle verras het en Abraham du Plessis (13), wat haar op die plaas gehelp het, en die grootvee weggevoer het. Hy is later na Bermuda gestuur saam met nog vier seuns wat dieselfde dag gevang is. N nog vele wedervaringe en beproewings is Kotie n die oorlog met Lammie herenig en het hulle saam met die vee wat sy so getrou bewaak het n nuwe begin op Du Plessisdam gemaak.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte