Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Engelse sien pot seep aan as pap.


Buks deur Plessis

MY vader, Pieter Barend du Plessis, is in die begin van 1896 op Leliekop in die distrik Somerset-Oos gebore, maar hy het sy kinderdae op Morgenzon, ongeveer 25 km verder wes, deurgebring.

Die plaas is gele in 'n nek in die Swaershoek berge wat weer deel uitmaak van die Bruintjieshoogte bergreeks, deel van die vroere Oosgrens van die Kaap Kolonie. Dit is ook in di omgewing waar die Vis rivier sy oorsprong het.

Die pad van Pearston en Graaff-Reinet na Cradock en Somerset-Oos loop voor die opstal verby. Tydens die Anglo-Boere Oorlog is di roete deur Britse kolonne en Boere kommando's gebruik. In 1901 het veral kommandant. Gideon Scheepers, genl. Wynand Malan en kmdt. Carel van Heerden hier guerrilla-veldtogte teen die Kakies gevoer.

Die sesjarige Pieter kon toe al goed perd ry.

Sy vader het nie gerebelleer nie en is deur die Britte met rus gelaat. Hulle het egter sy trekvee opgekommandeer en die plaaswerf dikwels as kampterrein gebruik.

Die veekrale was sowat 2 km van die plaaswoning af. Op 'n keer was my oupa besig om jong lammers te ontstert. My ouma het die sterte in die oond gebak, want dit was 'n besonderse lekkerny veral toe kos skaars geraak het. Pieter was op di dag met sy arms vol skaapsterte onderweg van die kraal af huis toe, toe hy 'n kolonne Kakies gewaar. Rieme neerl huis toe was die beste uitweg. Namate die vrag sterte vir hom te swaar geword het, het hy kort-kort van hulle laat val om vinniger weg te kom. Gelukkig het die Kakies verby getrek en het Pieter die sterte later gaan optel.

Op die plaas was 'n turksvylaning met groot, rooibont turksvye. Pieter het jare n die oorlog graag vertel hoe die Kakies die turksvye gepluk het sonder om die dorings af te skuur. Gevolglik was hul hande en mond later vol geniepsige dorings.

Pieter se broer Jan het op die aangrensende plaas Mooifontein geboer. Op 'n dag was sy vrou, Annie, besig om boerseep in 'n groot seeppot op die werf te kook. Dit was nog redelik vroeg in die oggend. Toe sy opkyk, ry 'n groep Kakies die werf binne. Sy maak toe of sy hulle nie sien nie. Die bevelvoerende offisier stap nader, lig die deksel van die pot, kyk na die kooksel en in die waan dat dit pap is, roep hy sy manne nader met: ``Porridge for about forty men''.

Die honger Kakies sak daarop op die seeppot toe. Binne oomblikke nadat die eerste mondvol geneem is, het pandemonium op die werf losgebars. Hulle wou Annie net doodskiet. Haar bedaarde antwoord was: ``Dit is jul eie skuld. 'n Mens vra immers, dit is nie net vir gryp nie.''

Sommige van die Britse offisiere was brutaal jeens die plaasmense. As die Kakies daar op die werf kamp opgeslaan het, moes die plaasmense net wyk. Skape is voor die voet geslag en hoenders en eende is goedsmoeds nek omgedraai.

Ander Britte het meer beskaaf opgetree. Pieter het graag vertel van die dag toe 'n offisier hom voor op sy perd laat klim en met hom op die werf rondgery het. Pieter se ma was hoogs ontsteld daaroor, maar die offisier het haar gerus gestel met die woorde dat hy baie verlang na sy eie seun in Engeland. Hy het toe 'n sjieling aan Pieter gegee.

Die kolonnes wat Morgenzon aangedoen het, het gaandeweg al hoe meer geword. 'n Groot droogte het geheers. Ook koffie en suiker was onverkrygbaar. Op die plaas was heelwat witgatbome. Die boomwortels is gedroog, gebak en dan in 'n koffiemeul gemaal. Dit is in die plek van koffie gebruik. 'n Klont heuning in die kies het die soetigheid verskaf.

Van die Skotse Hooglanders en die Lansiers het met hul bamboes-lanse van 4 m of langer skape en beeste doodgesteek. Ander het dit met sabels gedoen.

Morgenzon se plaasmense het van hul vee in die veld teen die berghange versteek.

Die boervroue het die dooie pluimvee in die buite bakoond in kersvet gebak en dan aan die kakies verkoop. Sommige soldate het egter geweier om te betaal en selfs die kombuis geplunder.

Laat een nag was daar 'n rumoer op die werf en 'n gehamer aan die voordeur. Die patrollie Kakies het verdwaal en het 'n roete deur die veld na Pearston en Graaff-Reinet gesoek. Hulle was bang vir die Boere en wou nie padlangs ry nie.

Die sesjarige Pieter is gedwing om te perd as gids op te tree, en met hom vooraan het hulle in die stikdonker nag koers gekies veld in. Pieter kon maklik koers hou. Soms het sy perd gestruikel en dan het hy blitsig uit die saal gegly. Omdat hy nog so klein was, moes hy dan in die donker 'n miershoop vind om weer op die perd te kom. 'n Paar uur nadat hy die plaas verlaat het, was hy terug stukkend gekrap deur die doringboomtakke.

Op 'n dag het 'n groot Engelse mag op die werf kamp opgeslaan. Hulle was skaars klaar of die bevel kom om te vertrek, want 'n Boere kommando was op pad. Toe die laaste Kakie oor die rand verdwyn het, het Pieter en Jan op die kampterrein gaan snuffel. Hulle het verskillende kosware, koels en selfs 'n Lee-Metford geweer opgetel.

Die koels is later aan 'n Boere kommando gegee met die versoek, ``Skiet asseblief vir ons 'n paar Kakies hiermee.'' Mauser patrone was toe so skaars dat die meeste Boere met gebuite Britse Lee-Metfords bewapen was.

Dit het soms gebeur dat jong Britse soldate by Pieter se ma gekla het dat hulle na hul mense in Brittanje verlang. Hulle het nie verstaan waarom hulle teen die Boeremense moes veg wat dit nie verdien het nie. Die offisiere het hulle vertel dat die Boere barbare is, maar al wat hulle aantref, is beskaafde mense. Soos 'n moeder maar is, al is dit jou vyand, het Pieter se ma dan maar getroos.

Van die soldate wat in stede grootgeword het, het geen benul van die veld of die natuur gehad nie. Op Morgenzon het baie boomaalwyne gestaan van 2 m en hor. Pieter het gesien hoe Kakies die plante snags vir Boere aangesien en dan op hulle losgebrand het.

Soos met talle Boere vroue en kinders gebeur het, is die vroue en kinders van Morgenzon en Mooifontein na 'n kamp op Somerset-Oos, ongeveer 60 km van di plase, gedwing. Die kamp op Somerset-Oos was na aan die NG kerk, die pastorie en die markplein. 'n Aandklokrel het gegeld en daar was 'n kampkommandant wat elke aand ``roll call'' gehou het om seker te maak dat almal in die kamp is. Wanneer Boere kommando's deur die dorp getrek het, het die Kakies op die kerk se dak tussen sandsakke geskuil. Hulle het geweet dat die Boere nie na die kerk sou skiet nie.

Op 'n dag het die Britte 'n Kaapse Rebel, ene Johnstone, gevang. Hy is op die kampterrein verhoor. Al die Boere vroue en kinders moes teenwoordig wees toe die doodvonnis oor hom uitgespreek is. Hy sou voor 'n vuurpeloton sterf, net buite die dorp, langs Bos rivier.

Die Kaapse goewerneur, Alfred Milner, het toe al met sy verengelsingbeleid begin. 'n Engelssprekende onderwyseres het vir Pieter-hulle in 'n tent skool gehou. N die oorlog het hulle in die dorpskool skoolgegaan. Pieter was een van die duisende leerlinge van daardie dae wat gedwing is om 'n karton-plakkaat met die woorde ``I am a donkey, I spoke Dutch'' om sy nek te dra nadat hy betrap is dat hy Afrikaans praat. S is selfs Afrikaner kinders deur die Britte verneder.

Somerset-Oos se NG leraar, ds. C.H. Radloff, wat ook op Pearston predikant was, het dikwels in die kamp gepreek. Hy was 'n groot Boere vriend. Die Britte het hom later in 'n kamp vir ongewenstes op Port Alfred aangehou.

Op Doringbos, ongeveer 20 km van Morgenzon, kon een oggend die gebulder van kanonne gehoor word. Pieter se pa het toe aan sy seun ges: ``Julle sal nog eendag 'n Republiek in die land kry sonder dat 'n skoot geskiet word.''

Di profetiese woorde het sestig jaar later bewaarheid geword.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte